Covid-19: Toename in gevalle in drie provinsies opgemerk

(Argieffoto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het ’n oplewing in Covid-19-gevalle in drie van die nege provinsies – die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes – opgemerk.

Dr. Harry Moultrie, senior epidemioloog by Nios, sê ’n span werk tans saam met dié provinsies om vas te stel of die toename in gevalle aan klusteruitbrekings toegeskryf kan word.

Nios beveel intussen aan dat toetsing en kontaknasporing in die onderskeie provinsies verhoog word om enige verdere verspreiding van die koronavirus te beperk.

Prof. Adrian Puren, waarnemende uitvoerende direkteur van Nios, het die publiek gerusgestel dat die situasie in die betrokke provinsies gemonitor word en dat Nios die betrokke gemeenskappe op die hoogte sal hou van enige nuwe verwikkelinge.

Nios monitor die aantal laboratorium-bevestigde Covid-19-gevalle en toetse wat daagliks uitgevoer word.

Luidens die nasionale departement van gesondheid se syfers is daar in die laaste siklus van 24 uur altesaam 259 nuwe gevalle in die Noord-Kaap aangemeld gevolg deur 236 nuwe gevalle in die Vrystaat.

Noordwes het terselfdertyd 188 nuwe gevalle van die koronavirus aangemeld.

Die Noord-Kaap het volgens die departement tans 3 393 aktiewe gevalle van die virus gevolg deur 2 789 aktiewe gevalle in Noordwes. Die Vrystaat het op sy beurt 2 299 aktiewe gevalle.

Nios het in die lig van die komende April-skoolvakansie, waartydens talle mense na verwagting sal reis en sosiaal byeenkom, gesê dit is baie belangrik om die nodige maatreëls na te kom om die verspreiding van Covid-19 te beperk. Dit sluit in die dra van maskers, die handhaaf van goeie handhigiëne en sosiale afstand.

Sosiale aktiwiteite moet ook waar moontlik buite of in goed geventileerde ruimtes/kamers met oop vensters en deure plaasvind aangesien behoorlike ventilasie ʼn belangrike rol speel om oordrag te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Vreemd dat die gevalle nie in die Wes-Kaap toeneem nie. “Die rassistiese DA” regeer mos daar. O ja, nou onthou ek, die somer is verby. So om nou strande toe te maak met as eintlike doel om wit toeristebesighede seer te maak, gaan nie veel van ‘n uitwerking hê nie.

ouMo

Poppe gaan dans hierdie winter.

Hettie

Snaaks dat die gevalle ewe skielik verhoog wanneer die kopdoek dame die ramp toestand verleng ? kan mens regtig die covid statistieke vertrou? Ons regering kook alles om in te pas by hulle agterbakse planne.

Andre

Dit is mos nou Griep en Verkoue tyd.

Boer

Dit seker maar die 3 de golf waarvan hulle praat.