Covid-19-toerusting vermors; mediese afval nie verwyder nie

Kopanong-oorsigbesoek (11 Junie 2021) (Foto: VF Plus)

Die VF Plus het Vrydag tydens ʼn oorsigbesoek aan die Kopanong-hospitaal in Vereeniging afgekom op skokkende bewyse van die vermorsing van lewensnoodsaaklike Covid-19-toerusting wat waarskynlik honderde miljoene rand beloop.

Die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid doen tans oorsigbesoek by alle hospitale reg oor die land.

“Ewe ontstellend was groot hoeveelhede onverwyderde mediese afval wat glo met die Covid-19-virus besmet is wat by die hospitaal staan en ophoop,” sê Philip van Staden, woordvoerder oor gesondheid van die VF Plus. “Die kontrakteur wat die verwydering doen, word glo nie betaal nie en daar is sowat R16 miljoen aan hom verskuldig.”

Geboue wat opgerig moes word vir die behandeling van Covid-19-pasiënte staan half-gebou en verlate met geen teken dat daar nog enige werk gedoen word nie.

Kopanong-oorsigbesoek (11 Junie 2021) (Foto: VF Plus)

“Personeel het aan die VF Plus gesê die groot hoeveelhede nuwe toerusting en beskermende toerusting is verlede jaar reeds ontvang om gereed te maak vir die eerste vlaag Covid-19. Dit lê ongebruik en verlate in ʼn groot saal by die hospitaal terwyl Suid-Afrika nou reeds sy derde golf van Covid-19 binnegaan.”

Dit is bekend dat gesondheidspersoneel gebuk gegaan het onder groot tekorte van veral beskermende toerusting en dat baie in alle waarskynlikheid hul lewe ingeboet het weens ʼn tekort aan dié toerusting.

“Baie Suid-Afrikaners wat gered kon word, het waarskynlik ook gesterf vanweë ʼn tekort aan toerusting wat hier bloot in groot hoeveelhede opgehoop en totaal vermors staan,” voeg Van Staden by. “Oor die lewensbedreigende mediese afval wat oop en bloot staan en ophoop, is op navraag aan die VF Plus gesê die situasie is dieselfde by baie provinsiale hospitale in Gauteng.”

Hy sê daar is geen twyfel nie dat die situasie ʼn ernstige gesondheidskrisis skep en indien dit wel dieselfde is by ander hospitale, moet daar onmiddellik opgetree word om alternatiewe maatreëls te tref om die afval te laat verwyder.

“Die Gautengse departement van gesondheid sal antwoorde moet verskaf oor die ongebruikte toerusting en die nie-betaling van die kontrakteurs om die mediese afval te verwyder. VF Plus hou ook die nasionale departement van gesondheid verantwoordelik hiervoor aangesien die nasionale departement veronderstel is om ook ʼn oorsig rol oor die nege provinsies uit te voer.”

Die VF Plus gaan nou met die grootste erns druk op die regering uitoefen om op te tree teen hierdie soort vermorsing van belastingbetalersgeld, die lewens wat daardeur in gevaar gestel word en teen die wanbestuur en wanadministrasie by alle staatshospitale, het hy gesê.

“Wat by Kopanong gebeur, is ʼn skokkende vergryp en skending van menseregte. Dit is lewensgevaarlik vir almal by die hospitaal en die VF Plus sal werk daarvan maak of vas te stel wat die situasie by ander hospitale is.

“Die aangeleentheid moet deeglik ondersoek word en mense wat hulle aan ernstige wangedrag skuldig gemaak het moet vervolg word en selfs tronk toe gaan. Daar kan nie langer toegelaat word dat mense wat vir sulke vergrype verantwoordelik is, skotvry daarvan afkom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Winnie ·

Wat ‘n skande en vermorsing van belastinggeld wat broodnodig is om lewens te red

Ben ·

Die mense wat benadeel is agv hierdie nalatigheid moet die staat dagvaar.
Daar is net niks wat “hulle” doen wat reg is, of werk nie.
Kan mos nie so aangaan nie.
Lyk of die Amerikaners darem nou stadig besig is om wakker te word. Nadat die “democrats” ook alles opgemors het.

mattk ·

Ja, ‘n politikus het jare terug die volgende gesê: “Vanweë hul gebrek aan vermoë om ‘n ingewikkelde administrasie te bestuur, sal die land boonop administratief en ekonomies vernietig word en vir almal, ook die massas, in chaos beland”. Hierdie vermorsing is maar net die “oortjies van die seekoei”

Deon ·

Staan daar nou boxe vol bio afval(covid virus) net so, in die wind en weer?

Tanja ·

is daar enige iets wat diè ANC regeering kan reg doen?…skies ja… ń land in die afgrond in regeer…

Saartjievandiebosveld ·

Hoe dan Anders. ..dit is hoe our people rol…verbaas my glad nie

Sarel ·

Regte taak vir ons waarnenende Minister van Gesondheid . Hoekom tree die Sentrale Regering nie op teen hulle lakse kolegas nie

Pieter J ·

As ń mens hierdie sien is jy uiters dankbaar jy is in die WesKaap. Ek is tans in die hospitaal (prvaat) met Covid en die diens is absoluut van die beste. Ongeag of die party aan bewind jou pas doen hulle uitstekende werk in hierdie provinsie.

Kokerboom ·

Dan is daar nog mense wat së nuttelose Minister Mkhize is ‘n goeie minister!!!!!Net soos sy voorganger het die kader GEEN beheer oor sy departement en respek vir skaars hulpbronne. Altyd net in die kalklig.
Absoluut skandalig. CR hou op rondflenter enBEHEER jou ministers!!!

annie ·

… druk plaas om op te tree. En so lyk die hele SA oraloor ten opsigte van alles. Wie nog glo hy gaan ‘n verskil maak, sing bloot ‘n liedjie na ‘n braai… hoog in die takke.

christo ·

Geld in die staatsektor word erg vermors deur die swak bestuur van hulpbronne. Die hospitaalbestuur by meeste staatshospitale is onbevoeg en so ook in ander staatsinstellings. Die provinsiale uitvoerende hoofde en LURe van provinsies weet ook bittermin van die bestuur van gesondheidsinstellings. Solank jy die geel,groen en swart kaartjie het is jy ‘geskik’ vir enige pos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.