Covid-19-toetsing in Gauteng opgeskerp

Nooddienswerkers by ʼn mobiele toetseenheid in Yeoville, Johannesburg (3 April 2020) (Foto: AP Photo/Shiraaz Mohamed)

Die Gautengse departement van gesondheid sal vandeesweek siftingstoetse en toetsing vir Covid-19 in die provinsie opskerp om so veel as moontlik mense te bereik.

Kwara Kekana, woordvoerder van die provinsiale LUR van gesondheid, het gesê meer as 1,2 miljoen persone is reeds deur die siftingsproses.

“Daar is nog vier dae oor voor die nasionale afsondering na vlak 4 afgeskaal word as deel van die risikogewysigdestrategie om die huidige afsonderingsreëls geleidelik op te hef,” het Kekana gesê. “Sedert die grootskaalse gemeenskapstoetsing en siftingsveldtog aan die begin van April van stapel gestuur is, is 1 298 266 persone reeds deur die siftingsproses. Dit is ongeveer 8% van die bevolking van Gauteng. Van die persone wat deur die siftingsproses is, is 13 558 getoets. Die provinsie het tans 1 331 positiewe gevalle, agt sterftes en 868 persone wat reeds herstel het.”

Die veldtog teiken Maandag Johannesburg se episentrum, Streek E. Altesaam 248 gevalle is reeds in die streek aangemeld. Die gebiede wat gedek word, is Alexandra Proper, Marlboro-nywerheidsgebied/Setlwetla, Orange Grove en gebiede langs Louis Botha, Sandringham, Glenhazel, Linksfield, Lyndhurst, Lombardy Oos, Kew-fabrieke en Lombardy Wes, Bryanston, Paulshoff, Fourways (tot by Witkoppenweg), Sandton-sentrum en taxistaanplekke, Grayston, Athol Oaklands en omgewing, Riverclub, Parkmore, Sandton-woonbuurte, Klipfontein en omgewing, Modderfontein en Greenstone-gebiede Kya Sands, Bloubosrand en Craigavon.

Die groepe mense wat deur die siftingsproses geteiken en getoets sal word, is mense wat verkouesimptome het, lede van die gemeenskap wat ouer is as 60 en diegene met chroniese siektes soos diabetes, asma, hoë bloeddruk, MIV en tuberkulose.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Ja shure. RSA het skielik verandwoordelike en verandwoordbare statistieke? Bitter moeilik om iets te glo wat via n ANC selfwaan sif versprei word? Maar hey…die WGO het komplimente uitgedeel en nou is als geloofwaardig?

Barbara

Dink dit sal ook goed gewees het as ń mens per dorp die totale gevalle kon sien vir die 3 hoogste provinsies. Soos Gauteng per dorp. Ek glo dan sal die mense meer versigtig wees as hul weet hoeveel gevalle is in hul spisifieke dorp.