Covid-19 tref Gautengse skole swaar

Leerders aan die Laerskool Pierneef sit in blokke op die rugbyveld. (Argieffoto)

Minstens 176 skole in Gauteng het bevestigde voorvalle van Covid-19 en meer as 200 onderwysers en leerders in die provinsie het reeds positief vir die nuwe koronavirus getoets.

Altesaam 188 onderwysers het Covid-19 opgedoen en 58 leerders in die provinsie het positief getoets sedert skole op 8 Junie heropen .

Geen sterftes van mense jonger as 19 jaar is tot dusver in die provinsie aangemeld nie. Woensdag is 2 085 nuwe positiewe gevalle, die meeste in die provinsie tot dusver, egter bevestig. Gauteng is die nuwe episentrum van die koronavirus in Suid-Afrika en die provinsie het meer aktiewe gevalle van Covid-19 as die Wes-Kaap. Meer as 20 000 mense in die provinsie het reeds die virus opgedoen.

Die meeste skole het op 8 Junie vir gr. 7- en gr. 12-leerders heropen en die res van die leerders sal steeds geleidelik terugkeer. Dit was dus te wagte dat daar ʼn toename in voorvalle by skole sou wees.

Die meeste leerders – altesaam 20 – het in die Tshwane-Suid-distrik (Atteridgeville, Eldoraigne, Erasmia, Irene, Lyttelton, Mamelodi, Pretoria-Wes, Rissik, Silverton en Centurion) positief vir die virus getoets. Altesaam 15 onderwysers in dié distrik het ook reeds die virus opgedoen.

Johannesburg-Oos (Halfway House, Hyde Park, Lyndhurst, Modderfontein, Parktown, Sandton, Alexandra, Ivory Park en Midrand) is die distrik waar die meeste onderwysers – altesaam 22 – positief vir Covid-19 getoets het.

Die Gautengse provinsiale regering het gesê ʼn handvol skole kon nog glad nie weer heropen nie omdat hulle weens ʼn gebrek aan infrastruktuur nie aan Covid-19-maatreëls voldoen nie.

Honderde onderwysers in die provinsie het ook aansoek gedoen om verlof omdat hulle onderliggende siektetoestande het. Dit lei tot kommer oor die beskikbaarheid van genoeg personeel.

Dit is egter nie net Gautengse skole wat deurloop nie.

Die departement van onderwys in Noordwes het die afgelope week gesê minstens 30 nuwe Covid-19-gevalle is by skole in die provinsie aangemeld. Ses leerders, 22 onderwysers, ʼn adjunkhoof en ʼn administratiewe personeellid het die virus opgedoen.

Die LUR vir onderwys in die provinsie, Mmaphefo Matsemelo, het gesê elke skool word aan ʼn kliniek gekoppel. Skoolhoofde is opgelei om diegene wat simptome toon in isolasie te plaas en die hulp van ʼn verpleegster word ingeroep sodra ʼn moontlike geval geïdentifiseer word.

Minstens 14 skole in die provinsie is reeds weens Covid-19 gesluit en sal heropen nadat dit deeglik ontsmet is.

In die Noord-Kaap het ses skole tot dusver weens Covid-19-infeksies gesluit. Die skole is hoofsaaklik in die Pixley Ka Seme-distrik in die De Aar-omgewing, waar die departement van gesondheid tans massatoetse vir die koronavirus doen.

Ook in die Oos-Kaap, die provinsie met die derde meeste Covid-19-gevalle, is voorvalle by verskeie skole bevestig.

In een geval het 204 mense by ʼn enkele skool positief vir die koronavirus getoets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
NetM

Gister in die Clubview Spar in Centurion het die staff daar(sonder maskers) my gevra hoekom koop ek so baie vitamiene aanvulses. Ek se hulle weet dit is my standaard aankope vir die laaste 5 jaar. Ek betaal mos vir hulle ongevraagde opinies ook. Die apteker het dit redelik spottensgewys gevra. Ek vra toe dink julle nie dit is nodig om nou meer op jou hoede te wees teen enige siektes nie. Nee wat, reken hy en sy venote, hierdie hele Covid ding word opgeblaas deur die media. Ken ek iemand wat Covid het, vra hulle? Ek vra wat van al… Lees meer »

Marius

Sluit die skole en die regering moet sorg dat alle kinders tuisonderig kry en registreer en alles wat saam met dit gaan .

Africangrey

Ag ja

Vanessa

Ek het my kind skooltoe gestuur omrede daar gesê word dat die kinders dit nie so erg kry nie, maar wat my bekommer is dat die kinders die ouers kan aansteek. Mens kry so baie opinies rakende die siekte. Daar word gesê ons oordryf, dat dit maar net soos ‘n ergerlike griep is en nou glad nie so erg is nie. So op die einde van die dag is mens so onseker oor alles dat ek ook nou nie meer weet wat vir wat gaan nie. Hoekom is almal dan nou so bekommerd oor die siekte as dit soos verkoue/griep… Lees meer »