Covid-19: Twee derdes van staat se besteding dalk korrup

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Selfs meer inhegtenisnemings vir die wydverspreide korrupsie met Covid-19-kontrakte volg Donderdag, het die hoof van die Valke, lt.genl. Godfrey Lebeya,  Dinsdag gesê.

“Die volgende inhegtenisnemings word Donderdag gedoen,” het Lebeya aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), gesê. Lebeya het LP’s op hoogte gebring van vordering in die ondersoeke na diegene wat die staat se noodverkrygingsaankope tydens die Covid-19-pandemie uitgebuit het.

Lebeya het egter nie verdere besonderhede gegee oor die spesifieke saak waarna hy verwys het nie.

Hy het aan Skoor gesê die Fusion-sentrum, wat ʼn paar maande gelede op die been gebring is om samewerking tussen die land se voorste wetstoepassingsagentskappe te verbeter, ondersoek reeds 174 sake van beweerde korrupsie – die meeste daarvan in Gauteng.

Die ondersoek het tot dusver gelei tot die bevriesing van 64 bankrekeninge. Altesaam 40 saakdossiere is geopen en ses is reeds op die hofrol geplaas.

Adv. Rodney de Kock van die Nasionale Vervolgingseenheid (NVG) het gesê nog 12 sake sal na verwagting binne die volgende drie maande op die rol geplaas word.

Die enorme omvang van moontlike wangedrag is benadruk deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) wat sê hy ondersoek bewerings oor nagenoeg R10,5 miljard rand – oftewel 67% – van die algehele R15,6 miljard wat die regering op noodaankope vir persoonlike beskermingstoerusting (PPE) en ander materiaal vir die gesondheidskrisis bestee het. Die geld is tussen April en Augustus uitgegee.

Gauteng is die ander provinsies ver vooruit en nagenoeg R4,399 miljard se kontrakte word ondersoek, gevolg deur die Oos-Kaap waar R1,862 miljard se kontrakte ondersoek word.

Die SOE se hoofadvokaat, Andy Mothibi, sê die syfers wissel egter deurlopend omdat fluitjieblasers al hoe meer bewerings onder die aandag van die SOE bring. Die eenheid gaan ook nie ʼn afsnydatum vir wenke instel nie.

Mothibi sê tot dusver is kontrakte met ʼn geldelike waarde van R233 miljoen voor die spesiale tribunaal gebring in ʼn poging om die ooreenkomste te laat opskort en die geld te probeer terugkry.

Dit sluit in die SOE se poging om R38 miljoen in 40 gevriesde bankrekeninge te bekom. Dié ondersoek hou verband met beweerde ongerymdhede in PPE-aankope deur die Gautengse departement van gesondheid. Die geld sluit in dié uit rekeninge van Royal Bhaca, die maatskappy wat behoort aan die eggenoot van die voormalige presidensiële woordvoerder, Khusela Diko. Hierdie saak word weer op 20 November hervat.

Mothibi het gesê die SOE het reeds suksesvol geld verhaal van kontrakteurs wat voor die spesiale tribunaal gesleep is. Dit sluit in twee kontrakteurs wat die verhoogde tender gekry het om die Beitbrug-grensdraad met Zimbabwe in die vroeë dae van die pandemie te versterk.

Hy het ook gepleit vir wetgewende veranderinge in die nadraai van die skandaal om diegene met politieke bande te verhoed om sake met die staat te doen – veral gegewe die omvang van hoeveel sommiges by twyfelagtige Covid-19-ooreenkomste gebaat het.

Mothibi het ook gewaarsku indien dié wetgewing nié ingestel word nie, die huidige neiging net gaan voortduur.

Dit is ʼn tameletjie vir die ANC wat tot dusver eintlik maar net onderneem het om verdere ondersoek na die kwessie in te stel.

Dinsdag se inligtingsessie het ook ʼn aanduiding gegee dat van die geld in die verskillende PPE-skandale dalk reeds landuit is.

“Ons wil die miljarde wat Suid-Afrika verlaat het, terugkry. Ons lei ʼn projek om die bates wat reeds landuit is, te herwin,” het Mike Masiapato, hoof van ontleding by die Finansiële Intelligensiesentrum, gesê.

Hy het benadruk dat ʼn ooreenkoms met banke – wat die sentrum toelaat om rekeninge 10 dae lank te bevries – deurslaggewend is. Dit gee aan die SOE, die Valke en die batebeslagleggingseenheid tyd om hofdokumente voor te berei en verdagtes te keer om die geld elders heen te verskuif.

Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van Skoor, sê die vlak van korrupsie wat deur die wetstoepassingsowerhede beskryf word, lyk vir hom na ʼn misdaad teen die mensdom omdat dit armoede en ongelykheid tydens ʼn gesondheidskrisis vererger.

“Wat ons ongelukkig vandag gehoor het, is duidelik groot plundery van die hoogste gesag in ʼn krisistyd.”

Mothibi, Lebeya en die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, het die sessie gebruik om weereens te pleit vir meer geld – en hulle waarsku ondersoeke gaan daaronder ly as hul begrotings besnoei word.

“Ek kan nie sterker beklemtoon hoe belangrik dit is om die begroting te hê wat ons benodig nie,” het Batohi gesê van die NVG se pogings om hom ná jare van krisisse, weer op te bou.

Sy het gewaarsku indien daar enige besnoeiings aan die NVG se huidige begroting van R4,5 miljard is, gaan die instelling nie die werkers wat hy die afgelope paar jaar teruggelok het, in die toekoms kan behou nie.

Die waarskuwing kom naastenby ʼn week voor die land se mediumtermynbegrotingsraamwerk bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons soek die groot visse in die parlement en hulle kinders sommer ook! Wanneer is dit kopdoek, Ace en die lys gaan aan se beurt? Hulle is die klomp wat in oranje pakkies moet sit en gou ook ASB!

Maria ·

Al hierdie ontsettende diefstal terwyl mense daagliks sterf van die honger. Jy kan nie die regering vertrou dat een sent na hulpbehoewendes gaan nie

AndréS ·

Wat anders? Dit sou groot nuus gewees het as dit nie so was nie

JJ ·

In werkende demokrasie sou dit gelei het tot die val van ‘n regering. Koerante is net so aandadig- hulle rapporteer oor die korrupsie maar eis nie optrede of dat die skuldige regering afgedank word nie. Die kiesers verdien wat hulle kry. Die President se ekonomiese regruk plan is gedoem nog voor dit begin het. Daar is te veel skelms in die burokrasie en min van sy projekte gaan werk.

Maria ·

Dit het tyd geword om die apartheid museum te vervang met die Terrosrisme op minderhede Museum en die verloop van die haglike geskiedenis van die ANC uit te beeld

Dries ·

Dit mag dalk nie in ons leeftyd gebeur nie, maar ek hoop regtig iewers vorentoe word daardie ‘narratief’ uiteindelik gedryf, en word daardie museum opgerig.

Trotse Boervrou ·

Dit gaan my verstand te bowe waarom daar nou so woes gestoei word om die korruptes vas te trek. Wat van die 26 jaar se korrupsie. Hierdie skielike opvlam maak nie ‘n bloue duit verskil aan wat ons van hierdie onbevoegde Regering dink nie. Kom asb net uit jul kantore (of huise of beddens) en kyk om jul rond wat jul vermag het in 26 jaar. Pleks bedank julle lot net. Pateties verby.

Wielspore ·

Ek verstaan daar is sprake van amnestie vir korrupsie sake teen staatsamptenare en regerings beamptes.
Dalk kan Maroela Media meer lig daarop werp?

JJ ·

‘n Tikkie sinisme vandag: Het u geweet dat daar ‘n ding bestaan soos “United Nations Convention
against Corruption” en dat die RSA die konvensie in 2003 geteken en in 2004 geratifiseer het en wat beteken dat: “The ratification of the Convention meant that South Africa as a member State is
responsible for the obligations to:
• Promote and strengthen measures to prevent and combat corruption;
• Promote, facilitate and support international cooperation and technical
assistance in the prevention of and fight against corruption, including in asset
recovery; and
• Promote integrity, accountability and proper management of public affairs
and public property.

koos10 ·

SA het ook die handves van menseregte geteken en ons land se grondwet opgestel.
Duidelik het hulle geen gewete nie.
Hulle doen dit net om punte te “score” in die buiteland.

JJ ·

Nog ‘n stukkie sinisme: in 2012 hersien die Verenigde Nasies die RSA se nakoming van die anti-korrupsie konvensie en bevind:
The report highlights the following successes and best practices in the implementation of the convention:
– South Africa has a detailed mechanism to facilitate investigation of suspected cases of illicit enrichment by public officials;
– The country has comprehensive conviction-based and non-conviction-based forfeiture mechanism;
– South Africa has an established Committee on Extradition to improve the effectiveness of extradition mechanism; and
– South Africa has utilized the UN Convention as a legal framework to enforce law.

JJ ·

Priester in sy eie land, Oud President Thabo Mbeki het gese op 2 April 2007: “Corruption distorts human values and freedom and negatively affects the delivery of services to those most in need…Corruption in all its forms and manifestations constitutes a process that negates the democracy and development [that] ordinary people need to transcend the boundaries of their world of poverty, underdevelopment and disempowerment……anti-corruption discourse, while obviously absolutely necessary, must not be seen as an end themselves. They must be firmly located within a development and anti-poverty discourse a people’s contract that binds the democratic state to the citizenry and promotes the value of human solidarity and public accountability
dit is die ANC- praat en praat en nogmaals praat

Pieter ·

Niks verbaas met anc en eff aan stuur nie. Klomp rassiste en skelms.

JJ ·

Het u geweet daar is die ANC se “geheime wapen” teen korrupsie? Tydens die Fifth Global Forum on Fighting Corruption and Protecting Integrity raak ANC se Public Services and Administration Minister Geraldine Fraser-Moleketi ” urged delegates to infuse the African traditions of egalitarian and democratic communal values into the global discourse on corruption.” en verder
“The value of ubuntu and ujamaa inform all of us of our humanity,” she said.
“They tell us that we are human by virtue of the mutual support we give one another. This is the key motive force in our fight against corruption.”
Fraser-Moleketi said: “Now is the time to infuse into the global discourse this African perspective…”

Inderdaad. Mag Ubuntu en ujamaa ons red. Die ANC regering kan nie

Kokerboom ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat wetende van die staat se lang voorafgaande korrupsierekord die betrokke ministers en senior amptenare asook CR NIE die nodige voorsorgmaatreels getref het teen potensiele korrupsie en nodige streng monitoring in plek gestel het???!!!!Hoekom nie????? Die gevolglike verspilde kostes aan vervolging, howe, regters , Valke, NVG en vele meer kon verhoed gewees het as die mense NET gedink het!! Of.. was dit beplan? Die ANC kan NIE regeer!!!

Jacobus ·

Twee derde! – so, min. Lyk vir my me Prof Madonsela het haar ook met die blote omvang misgis. Ook dat ons onneribil President die horderde miljarde eerder aan ‘n mega gevangenis moet spandeer. Grappies nou op einde – goeie begin is om ewig skuldige wit mense uit te los.

LiveAndLetLive ·

Natuurlik sou hulle nie hul hande uit die koekie blik hou nie, dit is soos om n kind in n swiets fabriek toe te sluit en te se jy eet niks hier nie.
Kan en sal nooi verander nie.

Pieter ·

En ons weet daar is 0% kans dat enigeen tronk toe sal gaan of n sent sal terugbetaal. Die gaan net nog meer tyd en geld mors. Dankie weereens vir absoluut niks anc!!!

Remondo ·

Die skande is dat ons nie praat meer van miljoene nie maar Miljarde en biljoene

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.