Covid-19: Twee sterftes in SA aangemeld

Foto: (Denis Balibouse/Keystone via AP, Pool)

Die eerste sterftes weens die Covid-19-pandemie is in Suid-Afrika aangeteken.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het gesê twee sterftes is in die Wes-Kaap aangemeld. “Een was by ʼn private hospitaal en die ander by ʼn openbare hospitaal.”

Mkhize het gesê sy departement sal later vandag die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika bekend maak en dan ook meer inligting oor die sterftes gee.

Die minister het wel gesê dat Suid-Afrika reeds meer as ʼn 1 000 bevestigde Covid-19 gevalle het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

007 ·

Dis jammer om te sê, maar dis maar die begin. Hier gaan duisende wees in SA. As ek een so n geval is laat dit dan maar so wees. Ons Wêreld is oorbevolk en al wat ons gaan red van ondergang is die virus. Dis die verloop van die natuur. Niete min baie sterkte aan elke familie wat hierdeur geraak gaan word.

Leonard ·

Nee, jy sit die pot ver mis my ou. Mense is nie diere dat die Here ons op so manier verminder nie. Die is om mense na hulle knieë te bring omdat die wêreld meer sonde oorbevolk is as getal oorbevolk.

Erik ·

Leonard, ek glo ook dat dit mense op hul knieë sal dwing, dat mense bietjie introspeksie sal doen en dat die Here alles ten goede kan laat meewerk.

Ek verskil wel van jou wat die vermindering van mense en die vergelyking van ons met diere betref. Dink net aan Noag se ark. Of meer onlangs, in 1918, die groot griep waar daar in Suid-Afrika alleen 140 000 mense dood is. Hoe dit werk sal ons seker eers eendag verstaan, maar kom ons bly positief vir nou!

Sonneblom23 ·

Hopelik gaan mense dit nou meer ernstig begin opneem!!!! Jy speel nie net met jou eie lewe nie maar met mense se lewens om jou ook!!!

werner ·

Bly Glo en Vertrou Liewe Jesus sal niks op jou pad stuur wat jy nie kan hanteer nie,wees veilig in die Geloof

Jan ·

Niemand hou bowk van al die normale sterftes wat nog al die jare plaasvind nie…hoekom noe skielik begin om elke sterfte van slegs corona te tel…publiseer sommer elke dag die sterftrs weens al die ander virusse soos hepatitis maroela en sommer herpes ens….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.