Die Universiteit van Johannesburg (UJ) is in kennis gestel dat twee lede van die universiteitsgemeenskap, ʼn personeellid en ʼn student, positief getoets het vir die nuwe koronavirus (Covid-19).
“Die personeellid het vroeg in Maart na Europa gereis, maar was sedertdien nie weer by die universiteit nie en het dus nie enige kontak gehad met ander personeellede of studente nie,” het Luyanda Ndaba, woordvoerder van die universiteit, gesê.
“Die student het egter nie buite die landsgrense gereis nie. Die universiteit is in kennis gestel dat diegene met wie sy in kontak was, nie enige simptome toon nie,” het Ndaba bygevoeg.
Albei sake is bekend aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) en die persone volg die vereiste protokol. Hulle ontvang die nodige mediese behandeling tuis.
Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Die mense wat Corona ligtelik opneem dop die toets. Inperking moet strenger toegepas word.