Covid-19: Vakbond dreig met hof as skole onveilig is

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). (Argieffoto.)

Onderwysvakbonde het ʼn lys van versoeke waaraan die departement van basiese onderwys eers moet voldoen voordat skole weer kan oopmaak. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het selfs gedreig met ʼn hofbevel, sou die regering nie voldoende verseker dat die nodige veiligheids- en gesondheidsmaatreëls reeds ingestel is wanneer skole kontakonderrig hervat nie.

In ʼn verklaring Dinsdag sê die SAOU sy dagbestuur sal die hof nader vir die afdwing van gepaste bevele om die lewe en gesondheid van SAOU-lede en hul leerders te verseker.

Dit is steeds nie seker wanneer skole gaan heropen wanneer vlak 4-afsondering intree nie, nadat ʼn nuuskonferensie van die departement van onderwys Maandag uitgestel is. Die minister van basiese onderwys sal die media na verwagting Donderdag hieroor toespreek.

“Die stem van SAOU-lede het baie duidelik die aandrang uitgespreek dat die veiligheid en gesondheid van leerders en onderwyspersoneel die heel belangrikste fokus moet wees as skole weer heropen ná afloop van vlak 5 van die afsonderingstydperk. Die opvang van die verlore skoolwerk gedurende die afgelope 25 skooldae is die heel maklikste, maar die versekering van die veiligheid en gesondheid van mense, asook die voorkoming van infeksies is die mees komplekse,” lui die verklaring.

Meer as 21 000 SAOU-lede het deelgeneem aan ʼn elektroniese peiling. Gegrond op dié opname dring die SAOU daarop aan dat geen skool mag heropen as die volgende maatreëls nie gereed is nie:

  • vooraf sanitering van skole;
  • saniteringsmiddels en toerusting vir die daaglikse sanitering van skole;
  • voorsiening van maskers en handreinigers aan personeel en leerders;
  • voorsiening van termometers/elektroniese skandeerders;
  • voorsiening van voorskrifte vir die handhawing van sosiale afstand op die skoolterrein;
  • isolasieruimtes vir mense wat by die skool as geïnfekteer geïdentifiseer word;
  • bevredigende veiligheidsprotokol; en
  • bevredigende kommunikasie aan personeel, leerders en ouers.

Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het ook ʼn beroep op die regering gedoen om die veiligheid van leerders en onderwysers as die eerste prioriteit te stel. Dié vakbond sê hy is nie oortuig van provinsiale departemente se gereedheid om die nodige gesondheidsmaatreëls betyds in te stel nie.

Benewens bogenoemde vereistes, eis Sadou dat skole wat nie lopende water en spoeltoilette het nie, eers hiervan voorsien word voordat skole kan heropen. Hulle dring ook daarop aan dat die departement bykomende skoonmakers aanstel om te verseker dat skole te alle tye behoorlik skoon is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Rodger17

My voorstel is,stop onderwysers se salarisse ook want hulle leer nie nou kinders nie!Almal wat tuisbly kry nie salarisse nie,hkm moet hulle kry?Sluit skole sommer permanent,want kwalifikasies van nul en gener waarde in SA.As jy na die mense in hoë poste kyk,wat nie nodige kwalifikasies het nie,maar die werk kry op grond van velkleur,is skoolgaan mos taboe!

Willem

Die vakbonde ook onthou hulle verdien baie groot salarise en was nog nooit lus virwerk nie

marius

Gaan die regering dit doen ? Hulle kan nie eers kopseer pilke vir hospitale verskaf nie . Wat van kleuter skole ? Ouers moet gaan werk ?

Petrus Johannes

Hul kan vergeet van skole open die virus le en wag vir winter.Wat van kinders wat in Gauteng woon en in Morgenzon MP skool gaan hul bly in koshuis?
Maroela wat is probleem dat ek so sukkel om op jul blad in te kom

Hein

Net voorstel. 1. Kinders bly in een klas vir die hele dag en onderwyser wissel klasse. As klas wetenskap het of klas met toerusting aangebied word. Dan wissel klas na die lokaal vir dit. 2. Pouse moet opgedeel word tussen grade en net een pouse per dag. Kinders beweeg na sport velde en hou afstand met streng toesig. Of neem pouse in klas. Ouers wat nie werk kan ook dienste aanbied vir toesig. Kinders wat nie wissel tussen klasse nie, maak dat tyd langer spandeer word per vak. 3. Tye van skool kan verleng word as probleem met breek ondervind… Lees meer »