Covid-19: Veldhospitaal word gesluit terwyl getalle afneem

Wes-Kaapse premier Alan Winde het aangekondig die Khalitsha-veldhospitaal word gesluit (Foto: Alan Winde/Facebook)

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Woensdag aangekondig dat een van die provinsie se veldhospitale gesluit sal word, aangesien die getal Covid-19-gevalle in die gebied afgeneem het.

Winde het gesê die Khayelitsha Thusong-sentrum, wat in ʼn veldhospitaal omskep is, word gesluit. Die sentrum, met sy 60 beddens, is op 1 Junie oopgemaak en is geborg deur Dokters Sonder Grense (MSF) in vennootskap met die Wes-Kaapse regering en Stad Kaapstad.

Winde het gesê die fasiliteit het ʼn integrale rol gespeel in die provinsie se stryd teen Covid-19 en 241 pasiënte is by die fasiliteit opgeneem.

“MSF was ʼn wonderlike vennoot in die reaksie en het ʼn voortreflike diens verskaf aan die mense van Khayelitsha. Ons het die afgelope paar weke ʼn afplatting gesien in van ons brandpunte in die Wes-Kaap, terwyl toenames elders in die land gesien word,” het Winde bygevoeg.

MSF sal nou sy ondersteuning aanbied aan ander provinsies waar die behoefte groter is.

Winde het almal by die fasiliteit bedank vir die suksesse wat behaal is.

Teen Dinsdag het die Wes-Kaap, wat vroeër die episentrum van die Covid-19-pandemie in die land was, altesaam 7 416 aktiewe gevalle gehad uit 98 868 gevalle wat aangemeld is, met ʼn dodetal van 3 454 en 87 998 persone wat herstel het.

Khayelitsha het 7 904 gevalle van Covid-19 aangemeld met 7 304 persone wat herstel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boertjie ·

Nou wonder ek so by my se sigselwers hoekom word die veldhospitaal nou gesluit en beddens uit bedryf gestel maar die drank- en sigaretverbod word gehandhaaf om beddens beskikbaar te hou.

koos10 ·

Boertjie, ek wonder nog verder, hoeveel van die veld hospitale se beddens was werklik gebruik? En wat gaan nou met die toerusting gebeur? Gaan dit gestoor word totdat die regering weer besluit dat hulle kaders se geld min is en dat hulle weer moet oes?

Anoniem ·

Praat jy wat lippe het. Intussen reken Clicks dat hulle jaarlikse verkope van verkoue en griep medikasie drasties afgeneem het, want daar is nie vanjaar seisoenale griep nie. Dis mos uit en uit ‘n bewys dat Covid 19 die nuwe seisoenale griep met ‘n turbo in sy agterent is.

Lindi ·

En hoe lank voor dit wat nog daar is geroof of afgebrand word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.