Covid-19: Verdere daling in nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

ʼn Verdere daling in die getal nuwe Covid-19-getalle is aangemeld. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 5 644 nuwe gevalle is bevestig.

Die getal nuwe gevalle is laer as ʼn dag tevore (7 740) en ook laer as die getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (10 281).

Die nuwe gevalle bring die algehele infeksiesyfer op 2 770 575 te staan. Hiervan het 2 533 956 mense reeds herstel. Tans is daar 154 789 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika.

Die algehele sterftesyfer staan op 81 830 nadat nog 235 bykomende sterftes bevestig is.

Die positiwiteitskoers is net-net hoër en staan nou op 17,6%. Altesame 32 040 toetse is in die vorige 24 uur gedoen en meer as 16,4 miljoen toetse is tot dusver vir Covid-19 gedoen. Altesame 65% van nuwe toetse word by staatsinstellings gedoen.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in KwaZulu-Natal (35%), gevolg deur die Wes-Kaap en die Oos-Kaap (16% elk), die Vrystaat (10%), die Noord-Kaap (7%), Gauteng en Mpumalanga (6% elk), Noordwes (3%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 931
  • Vrystaat: 552
  • Gauteng: 343
  • KwaZulu-Natal: 1 982
  • Limpopo: 44
  • Mpumalanga: 327
  • Noordwes: 170
  • Noord-Kaap: 392
  • Wes-Kaap: 903
  • Totaal: 5 644

Nog 291 mense is in hospitale opgeneem vir die behandeling van Covid-19 en in hierdie stadium word 12 973 mense landwyd vir die virus behandel.

Altesame 249 916 mense is Maandag teen Covid-19 ingeënt en ʼn totaal van 12 289 478 mense in Suid-Afrika het reeds die entstof teen die virus ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.