Gauteng het tans die grootste styging in koronavirusgevalle landwyd en gaan binne enkele dae die meeste Covid-19-getalle hê.
Dít volgens dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, wat sê die provinsie se groot bevolking in veral metrogebiede soos Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni; migrasie na die gebied; al hoe meer byeenkomste wat trosuitbrekings veroorsaak en die vlak waartoe mense nuwe gedrag soos sosiale afstandhandhawing en die dra van maskers aanvaar, dra by tot dié neiging.
Mkhize het gesê toe daar na vlak 3 van die afsonderingsregulasies afgewentel is en ekonomiese bedrywighede hervat is, was daar ʼn groot migrasie van mense na die gebied. “Die toename [in gevalle] wat die afgelope twee weke gesien is, was weens mense wat die infeksie opgedoen en na die werkplek teruggekeer het.
“Dit was dus onvermydelik dat daar trosuitbrekings in plekke soos myne, fabrieke, taxi’s en busse sou wees.”
Provinsies
Volgens Mkhize kan dit onder meer gesien word in Noordwes waar uitbrekings by myne die skielike styging in getalle in die provinsie gedryf het. Noordwes het tans vyf sterftes en 3 647 bevestigde koronavirusgevalle.
Die minister sê die Gautengse gesondheidsdepartement werk onverpoosd om sy kapasiteit vir die behandeling van Covid-19-pasiënte te verhoog. “Oor die volgende paar dae gaan die agterstand met toetse uitgewis wees en ons gaan ʼn veel korter tyd vir die afhandeling van toetse sien.”
Gauteng, wat in hierdie stadium 36 895 bevestigde Covid-19-gevalle (sowat 26% van die landwye totaal) en 174 sterftes het, gaan binnekort veel meer hospitaalbeddens benodig om in die stygende aanvraag te voldoen.
Die nasionale departement van gesondheid werk ook saam met die provinsiale owerhede om die opsporing van kontakte te verbeter en diegene wat positief toets in isolasie te plaas.
Wat die Wes-Kaap betref sê Mkhize sekere kwessies het bygedra tot die provinsie se hoë getalle. Die Wes-Kaap het teen Sondagaand 1 764 sterftes en 60 445 bevestigde Covid-19-gevalle gehad.
Mkhize sê die provinsie het hoofsaaklik op hospitalisering en pasiëntbestuur gefokus en dat die opsporing van diegene wat in kontak met Covid-19-pasiënte was, kwarantyn- en isolasieprogramme nie optimaal gefunksioneer het nie. Die gapings in die stelsel het sedertdien aandag gekry, maar mense is steeds huiwerig om in isolasie te gaan. Die minister sê hoewel die owerhede wetgewing kan afdwing, moet mense met die regering saamwerk in die stryd om die virus te bekamp.
“Nadat ons die werklike syfers met dié in vooruitskattingsmodelle vergelyk het, het ons gesien dat die Wes-Kaap nog nie werklik die styging wat voorspel is, bereik het nie.”
Die agterstand met toetse in die provinsie is ook uitgewis en die syfers wat aan dié agterstand toegeskryf is, speel dus nie meer ʼn rol nie. “Die styging is dus sodanig dat die Wes-kaap steeds ʼn brandpunt bly.”
Die provinsie het steeds die meeste Covid-19-pasiënte wat hospitaalbehandeling ontvang (36%), gevolg deur Gauteng (26%) en die Oos-Kaap (17%).
Landwyd is 80,1% van pasiënte in gewone hospitaalsale, 11,3% is in intensiewesorgeenhede en 58,6% van dié pasiënte is aan ventilators gekoppel. Altesaam 15% van alle Covid-19-hospitaalpasiënte benodig suurstof.
Mkhize sê hy is vol vertroue dat die aankoop van bykomende ventilators op koers is en dat daar in die aanvraag voldoen sal kan word.
Wat die Oos-Kaap betref was daar ook ʼn beduidende styging in Covid-19-gevalle. Die Oos-Kaap het tans 387 sterftes en 25 099 bevestigde gevalle van die virussiekte.
Daar was die afgelope ruk verskeie berigte oor die haglike toestande in verskeie Oos-Kaapse hospitale en bewerings dat medici oorweldig word deur die getal pasiënte wat vir hulp opdaag.
Mkhize sê hy het “deeglik kennis geneem daarvan” en dat die provinsie se algehele gesondheidsorgstelsel opgeknap moet word. Aanvanklik is daar boonop gesukkel om persoonlike beskermingstoerusting by gesondheidsorgwerkers te kry.
Senior amptenare gaan nou na die provinsie gestuur word om met stelselbestuur te help en te verseker almal wat in aanraking met Covid-19-pasiënte gekom het, word opgespoor.
Mkhize sê daar word verwag dat daar in al die provinsies ʼn styging in getalle gaan voorkom en dat die afsonderingstydperk die regering in ʼn beter posisie geplaas het om daarop voor te berei.
Die minister sê alle agterstande met toetse sal binne dae uitgewis wees en toetsuitslae sal binne 72 uur beskikbaar wees.
Elektroniese opsporing
Dit gaan binnekort bykans onmoontlik wees om almal wat in kontak met ʼn Covid-19-geval gekom het op te spoor en die departement het met ʼn elektroniese program wat mense se ligging opspoor, hulle kontakte in kennis van die situasie kan stel en waarskuwings na geraakte mense se selfone kan stuur.
“Die toerusting versterk die werk van die huidige kontakopspoorders wie se waarde om die gemeenskap te betrek nie deur tegnologie verminder word nie.”
Skole
Daar was die afgelope ruk ook groot kommer oor die suksesvolle heropening van skole én die vermoë om skole oop te hóú te midde van al meer uitbrekings.
“Ons wil weer eens benadruk dat die trosuitbrekings wat ons in skole sien die gevolg is van leerders of onderwysers wat Covid-19 onwetend in hul onderskeie gemeenskappe opgedoen het voordat hulle teruggekeer het skool toe.”
Mkhize sê om dié rede is grootskaalse sifting- en toetsprogramme by skole van stapel gestuur om gevalle op te spoor voordat dit sogenaamde superverspreiders word.
Hy sê die departement wil minimale ontwrigting van onderrig help verseker en werk saam met die departement van onderwys sodat skole nie onnodig weer gesluit word nie.
Ander siektes
Mkhize sê Suid-Afrika kan nie bekostig om die gesondheidsprobleme wat voor die Covid-19-pandemie druk op die stelsel geplaas het, nou uit die oog te verloor nie. Dit sluit in siektetoestande soos hipertensie, diabetes, hartprobleme, MIV en oorgewig en dat die pandemie gebruik gaan word om Suid-Afrika se primêre gesondheidsorgstelsel te versterk.
“Ons is uiters bekommerd omdat dit lyk of voosheid nou ingetree het en Suid-Afrikaners ophou fokus terwyl die infeksiekoers beduidend styg.”
Die minister sê die gevolge van ʼn gebrek aan sosiale afstandhandhawing of mense wat nie maskers dra nie, gaan binne die volgende twee weke in die syfers reflekteer.
Darem het hulle ook nou al 3 maande gehad om voor te berei, so alles sal goed uitwerk.
“Nadat ons die werklike syfers met dié in vooruitskattingsmodelle vergelyk het, het ons gesien dat die Wes-Kaap nog nie werklik die styging wat voorspel is, bereik het nie”
Die frase moet lees “op die ou end, toe nie” nie “nog nie”. Groei in the Wes-Kaap het reeds merkbaar afgeplat. Die vooruitskattingsmodelle het al reeds hul syfers stil-stil afwaarts aangepas in die syfers wat Vrydag bekendgestel is deur die SA modelleringskonsortium, teenoor dit wat op 20 Mei deur dieselfde groep vrygestel is.
Hul gaan dit weer moet doen, want daar was ‘n projeksie vir vandag van 4500 beddens vir die Wes-Kaap, wat ek aanneem so week of twee vroeër as Vrydag se bekendstelling bereken is. Pasiënte in die hospitaal in die Wes-Kaap staan tans op slegs 1629, wat laer is as elk van die vorige twee dae. My probleem is nie soseer dat die model verkeerd is nie, maar dat politici dit meer glo as die werklikheid, selfs nadat die datum aangebreek het.
174 mense dood uit 36 895 gevalle – dis minder as ‘n halve persent. Die pandemie is ‘n klug spul op ‘n skaal wat die wereld nog nooit gesien het nie.
Dis reg, en dan word al die gevalle wat nie getoets is nie, nie eers in ag geneem nie.
Nie goeie opskrif – eintlik ‘n tipe “COVID ontkenning”. Wat daartoe bydra is die vreesvlakke wat die ANC aanblaas agv hulle kenmerkende afskeep en afskep. Wat net so kommerwekkend is, is die vlak van wantroue in die spul om enigiets reg tedoen sonder duistere motiewe.
Ja, dis interessant hoe ons politikusse oornag in experts verander het in die veld van viruse en pandemies…
Die probleem kom by die ANC hulle het nie in Gauteng genoeg getoets terwyl die DA in die Wes Kaap soveel as moontlik getoets het.Nou skrik hulle wakker in Gauteng nou dat die mense dit versprei.
Soos al die regerings, het die ANC volle beheer oor hoe hull wil hê die kurwe moet lyk, blood deur meer of minder te toets. Sjina het op ‘n stadium van alle nuwe gevalle ontslae geraak, blood deur op te hou toets.
Soos verwag sal SA ook soos ander lande hewege getalle sterftes en infeksies belewe. Die tyd het gekom.
Arresteer die klomp wat nie hul maskers dra nie….!!
So, nuwe data wys dat mense sonder simptome, nie aansteeklik is nie, en ook dat die dra van maskers, glad nie keer dat mense met simptome, die virus versprei nie. Die slotsom is, as jy kwesbaar is, bly by die huis, en as jy simptome het, bly by die huis, amper soos wanneerjy griep het en nie werk toe gaan waar jy almal kan aansteek nie.. Vergeet maar van die maskers. Dit dra by to ‘n vals sin van sekuriteit, om net een van die nadele te noem.
Maar ek het gehoor zuma doen die tel werk
So hoe sal die getalle dan uitgespreek word