Covid-19: Vlak 1-regulasies aangekondig

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand gesê die land sal vanaf 20 September 2020 skuif na vlak 1 van die regulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Hy het tydens ʼn regstreekse toespraak gesê die land het die storm deurstaan en dat dit blyk dat die land die ergste fase van die pandemie beleef het terwyl die kapasiteit van die gesondheidsorgstelsel beskerm is.

“Die grootste uitdaging en ons belangrikste taak nou is om seker te maak dat daar nie ʼn skielike toename in gevalle sal wees nie. Verskeie lande het ʼn tweede golf van infeksies beleef en hulle moes weer streng afsonderingsregulasies instel. Dit is iets wat ons wil vermy,” het Ramaphosa gesê.

Volgens die president is die departement van gesondheid in staat om nou al hoe meer toetse te doen en die kriteria vir toetsing word vergroot. Alle persone wat in hospitale opgeneem word sal getoets word, alle buitepasiënte wat simptome toon sal getoets word, en alle persone wat in nabye kontak was met persone wat positief getoets het vir Covid-19, sal getoets word, of hulle enige simptome toon of nie.

Maak van dié app gebruik

Ramaphosa doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners met ʼn slimfoon om die “Covid Alert South Africa”-app in die Apple App Store of Android Play Store af te laai. Volgens die president sal dié app deur middel van Bluetooth-tegnologie die gebruiker in kennis stel indien jy die afgelope 14 dae in kontak was met ʼn ander persoon wat positief getoets het vir Covid-19. “Die app is anoniem en samel nie enige persoonlike inligting gebruik nie. Jou ligging en beweging word ook nie gestoor op die app nie en dit is dus veilig om te gebruik,” het hy gesê.

Die departement van gesondheid maak ook van WhatsApp gebruik om toetsresultate aan persone te stuur en in kennis te stel indien jy moontlik aan die virus blootgestel is.

Vlak 1-regulasies ingestel

“ʼn Verdere afname in gevalle beteken dat ons ʼn nuwe fase kan betree in ons reaksie op die pandemie. Ons kan die land en die ekonomie nou laat terugkeer na ʼn situasie wat baie meer lyk soos die lewens wat ons ses maande gelede gelei het. Ons sal soveel as moontlik beperkings ophef soos wat dit veilig is om te doen,” het hy gesê.

  • Vlak 1 van die regulasies tree om middernag op Sondag, 20 September 2020 in werking.
  • Alle gesondheidsprotokol bly van krag (die dra van maskers, om jou hande gereeld te ontsmet en te was, om sosiale distansiëring van 1,5 meter toe te pas)
  • Beperkings op sosiale, politieke, godsdienstige en ander byeenkomste word verder opgehef tot 50% van die normale kapasiteit van die venue of fasiliteit met ʼn maksimum van 250 persone vir binnenshuise geleenthede en 500 persone vir buitemuurse geleenthede.
  • Die maksimum persone wat ʼn begrafnis mag bywoon, word van 50 tot 100 verhoog. Nagwake word steeds nie toegelaat nie.
  • Venues vir oefeninge, ontspanning en vermaak, soos gimnasiums en teaters, mag nou tot 50% van die kapasiteit van die vloerspasie toelaat, onderworpe aan sosiale distansiëring en ander veiligheidsprotokol.
  • Bestaande beperkings op sportbyeenkomste bly van krag.
  • Die Onafhanklike Verkiesingskommissie mag nou korrektiewe sentrums, gesondheidsfasiliteite, ouetehuise en soortgelyke instansies besoek vir kieserregistrasie of spesiale verkiesings, onderworpe aan gesondheidsprotokol soos die dra van maskers en die was en ontsmetting van hande.
  • Die aandklokreël is tussen 00:00 en 04:00 van krag.
  • Verkope van alkohol deur handelaars vir tuisverbruik word toegelaat van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 17:00.
  • Alkohol mag slegs in gelisensieerde plekke op die perseel verbruik word en slegs indien daar streng aan die aandklokreël voldoen word.

Internasionale reise

Die president het gesê beperkings op internasionale reise sal geleidelik en versigtig opgehef word. Reis na en van Suid-Afrika vir besigheid en ontspanning tree vanaf 1 Oktober 2020 in werking, onderworpe aan verskeie maatreëls:

  • Reis na en van sekere lande kan beperk word indien die betrokke land ʼn hoë infeksiekoers beleef. ʼn Lys van lande sal gepubliseer word gebaseer op die jongste wetenskaplike data.
  • Reisigers sal slegs een van die land se grensposte mag gebruik wat operasioneel was tydens die afsonderingsperiode of een van die drie hoof-lughawens, naamlik King Shaka, OR Tambo en Kaapstad- internasionale lughawe.
  • Met hul aankoms sal reisigers ʼn bewys, nie ouer as 72 uur nie, moet toon dat hulle negatief getoets het vir Covid-19.
  • Indien ʼn reisiger nie ʼn Covid-19-toets gedoen het voor die persoon vertrek het nie, sal hulle in verpligte kwarantyn moet bly – op eie koste.
  • Alle reisigers sal met hul aankoms gemonitor word en diegene met simptome sal verplig word om in kwarantyn te bly totdat ʼn opvolg-Covid-19-toets gedoen is.
  • Alle reisigers sal die Covid Alert South Africa-app moet installeer.
  • Suid-Afrika se ambassades oorsee sal oopmaak vir visum-aansoeke en alle langtermyn-visum-aansoeke sal weer geldig wees.

Die president het gesê die nuwe regulasies sal binne die volgende paar dae gepubliseer word en ministers sal gedetailleerde besonderhede verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Tinker ·

Ek kan nie verstaan hoekom drankwinkels nie weer normaal mag funksoneer nie. Nou dwing hulle mense om by n bar te gaan sit oor naweke en dan word daar dronk bestuur waar 80% hulle drank by die winkel koop en by die huis kuier. Hoeveel drank winkel werkers het reeds hulle werk verloor in die laaste paar maande? Ek praat nie oor die kerke nie want elke kerk groep het instellings gemaak oor internet en whatsapp wat beteken dat kerke sal bly veral aangesien die lede die kerk opmaak.

Casper ·

Tinker,ongelukkig kan ek nie met jou saamstem nie.Jy kan genoeg drank koop van Maandag tot Vrydag.Geen rede om in ‘n drinkplek te gaan dronk word nie.Jy Kan selfs nou al vriende en familie oornooi vir ‘n braai.Nou wonder ek net waaroor kla jy.

commontar ·

Kyk dis maar ‘n power siening. Geen mens het ooit ‘n goeie verskoning om dronk te bestuur nie. As jy in 5 dae nie genoeg drank kan koop vir die naweek nie het jy dalk ‘n groter probleem as dronk bestuur (soos verwys na die probleem voor ons volgens jou). Niemand word ooit gedwing om by ‘n kroeg te gaan sit nie – glo my mense wat daar is wil daar wees. Ek dan eweskielik onsamehangend kerk – ek dink mens kan met veiligheid aanneem iemand het al vroegoggend iets verbruik…

Tinker ·

Om almal te andwoord. Het julle al oorweeg dat werkers en eienaars van drankwinkels swaar trek veral nou? Punt wat ek probeer maak is as drank winkelsmoet toe wees oor naweke kan bars ook. Gaan praat bietjie met n drankwinkel eienaar dalk is julle dan meer ingelig.

Snowball ·

Hierdie is die grootste klug ooit. Moes noodgedwonge London Road afrit gebruik gister – daar is nie sprake van dra van maskers of ‘social distancing ‘ in Alexandra nie. Ook GEEN polisie of metro polisie ontplooi nie, want hulle sal 80% van die mense op straat moet arresteer.

Tanniepetoors ·

Weer ‘n klomp belaglike teenstrydighede. Net 250 in n kerk al is daar spasie vir 1500 of meer. Geen toeskouers by sportbyeenkomste? Of is ek verkeerd?
Volgepakte taxi’s en vliegtuie, maar kerk en sportbyeenkomste, nee. Verregaande.

Dana ·

My dogter se skool het ook aangekondig dat hul vanaf Maandag weer elke dag skool toe gaan.

Jakez ·

“Vlak 1 van die regulasies tree om middernag op Sondag, 20 September 2020 in werking.”
So Vlak 1 geld van Maandag 21 September af, en nie Sondag 20 September soos in die eerste sin gesê word nie.

Megan Swart ·

Dagsê Jakez
Dankie vir jou boodskap. Die president het aangekondig dat vlak 1-regulasies vanaf Sondagaand om middernag in werking tree, wat beteken dat dit eintlik vanaf 21 September 2020 geld, soos jy tereg opmerk.
Groetnis!
Megan
nms Maroela Media

Raakvatter ·

So 50% kapasiteit van venue tot maksimum 500 mense mag nou buitelug geleenthede bywoon. Dus kan Loftus Versfeld weer al sy gewone toeskouers huisves, haha! Dalk paar vriende saam dwing om die 500 wel vol te kry.

Fae Fubar ·

Dalk moet Maroela Media vir ons ook ‘n emoji-keuse voorsien by die kommentaar blad. Dan kan ons met die druk van een knoppie ons oë rol.

Jacobus ·

Mr Ramaphosa, why do we bother. Your heavy-handed measures will still haunt you when we have forgotten about COVID. PLEASE get those incompetent fools posing as cleva ministers to take their jackboots off our people’s necks and and fire the looters. Even then it might be too late – this Mr R is nou up to you.

Johan ·

Hierdie virus het ‘n groter impak op mens se geestesgesondheid as enige iets anders. Ek is sedert April nie ten volle betaal nie en moes noodgedwonge ‘n werk ver, ver weg van die huis af aanvaar om die ligte aan te hou. My grootste angs was die feit dat ek landuit kon gaan in ‘n sg. “repatriasievlug”, maar dat dit byna onmoontlik sou wees om terug te kom… Is ons dan bannelinge uit ons eie land? Dus wil ek my groot verligting oor die normalisering van internasionale reise uitspreek. Dankie Here. Dit beteken ek mag dalk weer my mense sien teen Desember.

Fae Fubar ·

Alles van die beste, Johan. Hoop dinge werk ten goede vir jou uit.

Persheks Adri ·

Hy kan gaan doppies blaas as hy dink ons sit ‘n spioeneer app op ons fone!

#Tsek ANC tsek!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.