Covid-19: Vlak 3-regulasies bly van krag; aandklokreël verkort

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand die land toegespreek oor die jongste afsonderingsregulasies tydens die Covid-19-pandemie.

Die president het daarop gewys dat meer as 1,2 miljoen gevalle reeds sedert die aanvang van die pandemie in die land bevestig is met meer as 33 000 sterftes. Sedert die aanvang van die pandemie is meer as 148 000 persone reeds in hospitale opgeneem en minstens 15 000 persone is tans in hospitale landswyd weens Covid-19. Sowat ʼn derde van dié pasiënte moet suurstof ontvang.

In verskeie dele van die land is hospitaalopnames reeds hoër as tydens die eerste golf en dit plaas druk op hospitaalpersoneel en -toerusting.

Volgens die president word die groot toename grootliks toegeskryf aan die nuwe variant van Covid-19 wat in November 2020 geïdentifiseer is. “Die nuwe variant versprei vinniger as vorige variante van die virus. Die nuwe variant veroorsaak nie erger simptome nie, maar plaas meer druk op die gesondheidstelsel omdat die gevalle so vinnig toeneem,” het Ramaphosa bygevoeg.

Hy het bevestig die nuwe variant kan met dieselfde maatreëls beveg word: vermy beperkte ruimtes, plekke waar groot groepe mense bymekaar kom en nabye kontak met ander.

Ramaphosa het benadruk begrafnisse bly superverspreidergeleenthede. “Tensy dit absoluut noodsaaklik is dat jy ʼn begrafnis moet bywoon, bly eerder by die huis. Daar sal ʼn tyd kom wanneer jy jou meegevoel kan betuig met die familie.”

Gebaseer op die aanbevelings van die nasionale koronavirusbeheerraad het die kabinet besluit om die land op die gewysigde koronavirusvlak 3 te hou, soos aangekondig op 28 Desember verlede jaar. Meeste van die riglyne bly van krag.

  • Gegewe die risiko vir oordrag word meeste binnenshuise en buitemuurse byeenkomste verbied. Dit sluit sosiale byeenkomste, godsdienstige byeenkomste, politieke byeenkomste, tradisionele raadsvergaderings en byeenkomste op sportgronde in. Net soos vantevore sluit dit nie begrafnisse en ander beperkte uitsonderings in nie (soos uiteengesit in die regulasies, soos restaurante, museums en gimnasiums).
  • Begrafnisse mag nie deur meer as 50 persone bygewoon word nie en sosiale distansiëring, handewas en die dra van maskers is verpligtend.
  • Die aandklokreël word vanaf 21:00 – 05:00 verkort.
  • Dit bly verpligtend om ʼn masker te dra in enige openbare ruimte.
  • Die verbod op die verkope van alkohol bly van krag.
  • Strande, damme, mere, riviere, openbare swembaddens, ens. in brandpunte landswyd bly gesluit vir die publiek.
  • Botaniese tuine en nasionale parke waar toegangsbeheer toegepas word, bly oop vir die publiek.

Landsgrensposte word gesluit

Volgens Ramaphosa is een van die uitdagings opeenhoping by die land se grensposte waar persone moet wag om geprosesseer te word en verskeie persone wat sonder bewyse van Covid-19-toetse opdaag.

“Om opeenhoping en die hoë risiko van oordrag te verminder, het die kabinet besluit dat die 20 landsgrensposte, wat tans oop is, tot 15 Februarie gesluit vir algemene toegang. Dit sluit die ses besigste grensposte in, naamlik Beitbrug, Lebombo, Maserubrug, Oshoek, Ficksburg en Kopfontein.

Persone sal steeds die land mag binnekom of verlaat vir:

  • die vervoer van brandstof, vrag en goedere
  • noodgevalle vir ʼn lewensbedreigende toestand
  • die terugkeer van Suid-Afrikaanse burgers of persone met permanente verblyfreg of persone met geldige visums
  • diplomate
  • die vertrek van uitlanders
  • daaglikse pendelaars van buurlande wat skoolgaan in Suid-Afrika.

Die volledige lys van uitsonderings sal in die regulasies vervat word.

Skole

“Terwyl skole en ander opvoedkundige instansies voorberei om met die nuwe akademiese jaar te begin, is daar uiteraard kommer of dit raadsaam is te midde van ʼn tweede golf van infeksies. Die nasionale koronavirusbeheerraad hanteer dié kwessie en ons sal binnekort leiding hieroor verskaf,” het die president gesê.

Immuniseringsveldtog

Volgens die president is 20 miljoen dosisse reeds verseker wat deur die loop van die eerste helfte van die jaar beskikbaar sal wees. “Ons sal verdere aankondigings maak soos wat ons onderhandelings afhandel met entstofvervaardigers.”

  • In fase 1 sal die entstof beskikbaar gemaak word aan sowat 1,2 miljoen voorstelinie-gesondheidswerkers
  • In fase 2 sal die entstof beskikbaar gemaak word aan sowat 16 miljoen persone: noodsaaklike werkers, soos onderwysers, polisiebeamptes, munisipale werkers en ander voorstelinie-personeel geteiken word. Persone in instansies soos ouetehuise, skuilings en tronke, persone ouer as 60 jaar en volwassenes met komorbiditeite sal ook toegang hê tot die inenting
  • In fase 3, met verhoogde beskikbaarheid van die entstof, sal die entstof beskikbaar gemaak word aan die oorblywende volwasse populasie van sowat 22,5 miljoen mense.

“Ons sal dan sowat 40 miljoen Suid-Afrikaners bereik het, wat as kudde-immuniteit beskou kan word.”

ʼn Nasionale koördineringskomitee, wat die betrokke staatsdepartemente, privaat sektor en ander belanghebbendes bymekaar bring, is aangestel om die implementering van die nasionale strategie te bestuur. Inentings sal deur hospitale, klinieke, uitreikdienste, mobiele klinieke, spreekkamers, apteke en werksplekke geskied.

Kyk die volledige toespraak hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Henk ·

Baie gepraat, min gesê. Die belangrike detail aangaande die inentingsprogram en die regering se versuim om betyds reëlings daarvoor te tref het bv. ontbreek.

Hettie ·

Wat maak munisipale werkers meer kwesbaar as enige supermark werker en hoekom is die skelms in tronke meer belangrik as belasting betalers?
Ek hoop die privaat sektor en mediese verenigings sal toegelaat word om hulle eie entstof in te voer sodat ons ” nie belangrike ” mense vir onself kan sorg ! soos gewoonlik !

john ·

wees bly die skelms kry dit want ek vertrou die vaccine nog minder as wat ek die ANC vertou. Tenmiste het ons dan nou n proef group.

Die Wolf ·

Ek vermoed dat die kaders en hulle gesinne ook deel van die voorstelinie- gesondheidswerkers sal wees.

Hennie J ·

Moenie verbaas wees as die hoofkaders en hulle gesinne reeds inentings gekry het nie.

Plaaskind ·

Ek verstaan nie hoekom bandiete se gesondheid belangriker is as wetsgehoorsame burgers is vir entstof nie.

john ·

ons is die land met die strengste lockdown maatreels en nou ook met die meeste infeksies….. vertel dit dalk nie vir jou lock down werk nie?

john ·

GROOT VRAAG as soos die government nou beweer jy kan re infected raak al het jy covid gehad, wat is dan die waarde van n vacine. Of spreek hulle propagande machine mekaar teen?

gatgogga ·

Ek wil vir die kopdoek vra: “Moet die rokers dan nie eerste die inenting kry nie?”
Jy was dan so besorg oor hulle, met hulle swak longe, dat jy twakverkope verbied het ( en dit het niks te doen gehad met die bevordering van onwettige tabakverkope nie, maar jou bekommerheid oor die arme rokers, ja?).

Persheks Adri ·

Ons rokers makeer níks nie dit belowe ek jou! Sy kan gaan vir die inenting met graagte

Andries ·

Om jou te laat inent, is om jouself slagpale toe te vat en self te slag. Geeneen van hierdie goed kom naby my en my familie met n naald nie. Gee dit maar vir die arme agtergeblewenes

Bont ·

Wil net weet. Die pandemie is op sy hoogste en om die curfew te flatten word die tyd verkort van af 9-6 na 9-5. Hoe kom hulle by dit uit.

JohanR ·

NDZ sal Dinsdag aand verder baie se, en Bheki Cele sal ons Woensdag weer almal dreig.

Adam Adriaan ·

Nooit gedink ek sal ooit ervaar dat , hierdie mooi land van ons, sal eendag regeer word deur ‘n klomp grafstene.

Nadine ·

So plak ons almal gisteraand voor die tv om angstig te hoor wat die President gaan sê. Wel net om te hoor dat Curfew met ‘n uur verkort word. Totale mors van tyd. Vlak 3 aangekondig in Desember 2020 en die syfers bly styg en nou bly ons steeds op vlak 3. Hoekom het hy dan gisteraand die land toegespreek, net om weer dieselfde te sê as wat daar gesê is in Desember 2020 se toespraak.

buzz ·

Wat was die punt van die hele grendelstaat anders as om voor te berei vir Miljoene gevalle?! Nou het ons maar paar duisende en dit is kwanseis teveel om te hanteer…
So eers is die getalle nie hoog genoeg nie en nou na byna n jaar se voorbereiding is hulle nogsteets nie gereed nie????! Hoekom warry ons nog oor n virus wat 97% van geinfekteerdes herstel? Daar is n muis in die wyn hier en die hoofstroom media maak ons emosioneel op hol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.