Covid-19: Voorsitter van Raad op Mediese Skemas sterf

Dr. Clarence Mini. (Foto: RMS)

Clarence Mini, die voorsitter van die Raad op Mediese Skemas (RMS), het Maandag weens Covid-19 gesterf.

“Dit is ʼn hartseerdag vir die RMS en die hele mediese skema-bedryf,” het Grace Khoza, woordvoerder van die RMS, Dinsdag gesê.

Mini was langer as ʼn maand in ʼn hospitaal nadat hy die nuwe koronavirus opgedoen het.

“Dié wonderlike, meelewende en aangename man laat op vele gebiede ʼn uitsonderlike nalatenskap van diens aan die land en die bedryf.

“Dr. Mini laat nie net sy kinders, Yandi en Nomhle, agter nie, maar ook sy sielsgenoot, Nancy. Sy gesin, kollegas en rolspelers in die bedryf sal hom mis,” het Khoza gesê.

Die voormalige minister van gesondheid Aaron Motsoaledi het Mini in 2018 as voorsitter van die RMS aangestel. Die raad is verantwoordelik vir die regulering van mediese fondse in Suid-Afrika.

In Suid-Afrika het altesaam 10 652 mense reeds positief vir Covid-19 getoets en 206 mense het al aan die virussiekte gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.