Covid-19: Voorsorgmaatreëls vir blindes

blind

Argieffoto

Met die uitbreking van die nuwe koronavirus (Covid-19) moet blinde mense ook sekere voorsorgmaatreëls tref om die verspreiding van die virus te bekamp. Die niewinsgewende-organisasie Blind SA het ʼn paar aanbevelings gemaak wat blinde mense en hul gidse kan volg.

Op grond van pres. Cyril Ramaphosa se versoek aan Suid-Afrikaners om in die buiging van hul elmboë te hoes of te nies, raai die organisasie Blind SA siggestremdes en hul gidse af om dit te doen. Dit is omdat blinde mense hul gidse aan die elmboog vashou wanneer hulle gelei word. “Blindes en hul gidse moet eerder hul neuse en monde met ʼn weggooibare sneesdoekie bedek wanneer hulle nies of hoes,” het Jace Nair, uitvoerende hoof van Blind SA, gesê.

Nair sê blinde mense en hul gidse word aangemoedig om hul hande gereeld met seep en water te was of ʼn handreiniger te gebruik omdat meer as een leser braille-publikasies gebruik.

Die nasionale instituut vir beroepsgesondheid het ʼn inligtingspamflet oor die virus in braille vir uitgegee. Blind SA versprei dié pamflet onder siggestremdes.

Besoek gerus Blind SA se webblad of Facebook-blad vir meer inligting.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.