Covid-19: Weermag gereed om burgers terug te bring

Begrafnisondernemers ontsmet hulself ná die hantering van ʼn koronavirusslagoffer in Wuhan, China. (Foto: Chinatopix, AP)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sê hy is besig met die laaste voorbereidingswerk om ʼn groep Suid-Afrikaners uit Wuhan, China, na Suid-Afrika terug te bring.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week, ná herhaalde pleidooie van Suid-Afrikaners in die beleërde streek, beveel dat hulle gerepatrieer word. Wuhan is die middelpunt van die Covid-19-uitbreking wat reeds duisende lewens geëis het.

“Sodra al die logistieke reëlings bevestig is deur diegene verantwoordelik vir beplanning, sal die repatriasieproses begin,” het Sphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, gesê.

Die SANW vorm deel van Suid-Afrika se multidissiplinêre span wat steun aan die departement van gesondheid en die departement van internasionale betrekkinge en samewerking verleen om die Suid-Afrikaners terug te bring.

Volgens Dlamini sal 151 Suid-Afrikaners in dié stadium teruggevlieg word.

“Die beplanning vir die repatriasieproses is tans in ʼn gevorderde stadium en alles word in ag geneem rakende die logistiek vir die operasie.”

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondag gesê die Suid-Afrikaners sal met ʼn huurvlug en onder streng kwarantynmaatreëls teruggevlieg word.

ʼn Mediese span sal aan boord wees en alle Suid-Afrikaners sal getoets word voordat hulle aan boord gaan. In Suid-Afrika sal hulle by ʼn voorafbepaalde grenspos die land binnekom, waarna hulle na ʼn kwarantynfasiliteit geneem gaan word.

Mkhize het gesê indien niemand in die kwarantyntydperk positief vir die virus toets nie, sal hulle toegelaat word om huis toe te gaan. As iemand wél positief vir Covid-19 toets, begin die kwarantyntydperk vir die res van die groep weer by dag een.

Teen Woensdagoggend is altesaam 93 062 bevestigde gevalle van Covid-19 in 76 lande aangemeld.

China (80 422), Suid-Korea (5 328), Italië (2 502) en Iran (2 336) gaan die ergste gebuk onder dié dodelike virus. Die dodetal staan tans op 3 198.

Geen gevalle is tot dusver in Suid-Afrika bevestig nie.

ʼn Spesifieke datum vir die Suid-Afrikaners se repatriasie is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kwikkie

…sover ek weet is daar GEEN voorsorgmaatreels vir hierdie situasie op die grens nie (Botswana, Mosambiek ens)
..Hierdie virus is laaaankal in SA niemand weet net daarvan nie of ons mag nie weet nie……

Jaco

‘n Swart regering met ‘n houding teenoor wit mense wat grens aan openlike haat, gaan meestal wit Suid-Afrikaners (nogal 2de klas burgers) in China haal. Iewers moet ‘n “catch” of bedekte agenda wees.
In elk geval, as ek nou in China was, het ek net daar gebly. Die bedreiging van 1 virus is VEEL minder traumaties as:
-Beurtkrag
-Plaasaanvalle
-Plaasmoorde
-Swak vuil staatshospitale
-Swak en gebrekkige watervoorsiening
-Regstellende aksie waar ek nie werk kry nie NET omdat ek die “verkeerde” velkleur het

Marie

Maak net seblief seker die mense wat die toetse moet doen is kundig…… anders gaan ons groot probleme hê.

Gato

Die vidoes wat op sosiale media versprei is na die onlangse gevegs oefening van die weermag het nie ‘n baie goeie beeld van hulle vaardighede oorgedra nie. Ek sal maar baie versigtig wees om deel te wees van enige operasie wat hulle beplan.

Anel

Wil regtig nie deur hulle behandel word nie. Kan nie eers hulle eie mense hier in die mil. hospitale behoorlik behandel nie, wat nog van ‘n vreemde virus! LMGA