Covid-inenting kom dalk vir kinders onder 11

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, het Vrydag tydens ʼn mediakonferensie gesê die ministeriële advieskomitee oorweeg dit om die Covid-19-entstof aan kinders van 11 jaar en jonger beskikbaar te stel.

Hy het terselfdertyd bevestig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames steeds afneem sedert alle regulasies op 22 Junie laat vaar is.

“Dit is ʼn aanduiding dat die departement in belang van lede van die publiek opgetree het deur die regulasies af te skaf.”

Weens die lae infeksiekoers gee die departement ook nie meer daagliks ʼn bywerking oor die aantal Covid-19-gevalle nie, maar net weekliks.

“Die virus het nou meer ʼn endemiese patroon aangeneem.”

Volgens Phaahla oorweeg die ministeriële advieskomitee oor entstowwe dit tans om Covid-19-inentings aan kinders tussen vyf en 11 jaar beskikbaar te stel.

“Sover word die inenting nog slegs oorweeg vir kinders in hierdie ouderdomsgroep wat ʼn swak immuunstelsel het of enige onderliggende toestande onder lede het.”

Dít terwyl Denemarke nou die inenting van kinders onder 18 heeltemal afgeskaf het.

Phaahla moedig Suid-Afrikaners aan om steeds hulself te laat inent.

“Ons weet nie wat kom nie en ook nie watter variant ons dalk hierna kan tref nie.”

Phaahla het ook melding gemaak van die eerste pasiënt wat weens die Covid-19-inenting oorlede is. Dié pasiënt is met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer nadat hy of sy Johnson & Johnson se entstof teen die koronavirus ontvang het.

“Dít is egter ʼn baie rare sindroom, maar die departement sal die situasie monitor om te kyk of soortgelyke voorvalle al aangemeld is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Di ·

EK sal verseker NIE my kinder laat inent as hulle nou nog klein was nie! Wanneer gaan hulle ophou met hierdie snert? Soek seker geld, die fontein het nou opgedroog!

Carin ·

George, het jy gaan kyk na die Pfizer data wat vrygestel is – nadat daar eers ‘n hofbevel verkry moes word om sodoende die data te kon sien? Het jy geweet dat die huidige ander inentings wat kinders kry deur deeglike en voldoende prosesse en stappe gegaan het voordat dit goedgekeur is? Het jy geweet dieselfde deeglike stappe is nie in die geval van nuwe mRNA tegnologie vir SARS-CoV-2 gevolg nie? Het jy geweet daar was nog nooit ‘n effektiewe inenting gemaak teen enige koronavirusse nie, selfs al was daar probeer? Wonder maar net.

Andre ·

Dankie Carin. Ten minste iemand wat nie hoofstroom media navolg nie.

George ·

Ek het dit geweet ja Carin, maar dankie vir jou bydrae. Tog het daai ook dieselfde newe-effekte.

Pierre ·

“Dit is ʼn aanduiding dat die departement in belang van lede van die publiek opgetree het deur die regulasies af te skaf.” lekker lag ek nou, nee dus deer drygende hof sake en druk groepe dat julle mee gegee het.

Diets ·

Ekke het net so lekker gelag vir daai stelling van hulle….oe e e

annie ·

Jaaa, wat sal entstofvervaardigers nie alles probeer om hul geldjies uit siektes te wurg nie, al is dit reeds feitlik oor. Nou moet kinders ly en behandeling kry ná entstofspuite. Wat laat medici glo dat covid chronies gaan word? Wat? Kan ons regering aan g’n ander projekte dink om die ekonomie aan te gang te spuit nie? Natuurlik is daar die cannabis-planne. Ons hoop nie die twee projekte smelt saam nie: Canna vir covid… Kom kinders kom… Canna-toffies en -cream (vir mommy) gratis uitgedeel!

Alida ·

Ag toe nou, dis nie nodig dat almal so op hol raak daaroor nie. Hulle wil dit slegs beskikbaar stel nie iemand forseer om dit te kry nie. Hulle sal wel gou sien niemand stel daarin belang nie.

Jaco ·

“Hy het terselfdertyd bevestig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames steeds afneem sedert alle regulasies op 22 Junie laat vaar is.”
Het dit dalk te doen met die feit dat maskers nie meer verpligtend is nie en niemand dus meer hulle eie vuil lug uit- en inasem nie? Ek vra maar net, as leek. Eks nie n mediese dokter soos dié wonderlike minister nie, alhoewel ek wonder watse kader-voorregte, BEE en regstellende aksie alles gehelp het dat hy ‘n “dokter” geword het.

Andre ·

“Hy het terselfdertyd bevestig dat die Covid-19-gevalle en hospitaalopnames steeds afneem sedert alle regulasies op 22 Junie laat vaar is.” Maklik, laat vaar net die regulasies.

Nie Verbaas ·

Watter COVID? Probeer hulle nou alweer van voor af om n holrug perd op te saal?

Delia ·

Beskikbaar stel sé die berig. Nie verpligtend. Moenie dat elke berig die bloeddruk opjaag nie.

Nettie ·

Maar hoeveel dokters en susters plaas nie druk op ouers nie? Veral wanneer finansiele inisiatiewe ter sprake kom…

VaalDonkie ·

My dokter het my twee maal onder erge druk geplaas om die tjap te vat nadat ek vir hom gese het ek wil nie hart-inflammasie he nie, en ek boonop in elk geval al Delta gehad het en dus geen baat by die tjappie sou vind wat die risiko regverdig nie. Ek het toe maar van dokters verander en die nuwe een gee nie om nie. Ek moet net ‘n maskertjie aansit as ek met ‘n hoesie by die spreekkamer opdaag. Fair enough.

kaplyn ·

Jy praat twak. Geen dokter of suster plaas druk op ouers nie.

VaalDonkie ·

Op MY om SELF die tjap te vat, ou bul. NADAT ek klaar COVID gehad het nogal.

Esme ·

Hoeveel sterftes moet nog plaasvind voordat Minister Phaala besef die gemors werk nie? Ek doen navorsing oor die vaksienne en as hulle ten gunste van 11 jariges besluit, hoop ek ons Kabinet vir Bejaardes se kleinkinders staan heel voor in die tou.

Miskruier ·

Dit terwyl daar sprake is dat dit dalknatuurlike immuniteit afbreek en kinders feitlik niks van covid oorkom nie.

otter ·

die nonsens moet stop ! meer as 1 persoon is al dood aand die gemors ! jong mense wat hartaanvalle kry… coincidence ? think not.

Danie ·

Phaala – eerste pasiènt wat dood is a.g.v. in-enting m.a.w. julle het hom vermoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.