Covid-positiewe matrieks in GP moet by Nasrec bly

(Foto verskaf aan Maroela Media)

Gautengse matrieks wat positief vir Covid-19 toets, moet van Maandag by die Nasrec-sentrum inwoon waar hulle ook hul eksamens sal aflê.

Tot dusver is nege kandidate uit vyf distrikte wat die virus opgedoen het, toegelaat om hul eksamens elders onder spesiale voorwaardes te skryf. Die departement van onderwys en sy eweknie by gesondheid bestuur dié proses gesamentlik.

“Weens ʼn beduidende toename en om die gevaar vir oordrag van die siekte te verminder, is daar besluit dat kandidate wat positief vir Covid-19 toets van Maandag 16 November onder die bestuur van gesondheid- en onderwysamptenare by Nasrec gehuisves sal word om hul eksamens daar af te lê en te studeer,” het Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, gesê.

Geïdentifiseerde kandidate met matige simptome sal vir ʼn minimum van tien dae daar gehuisves word, terwyl die tydperk vir veel sieker kandidate verder verleng kan word.

“Kandidate sal voorsien word van onderwysfasiliteite, gesondheidsorg, spyseniering en alle ander vereistes in ooreenstemming met gesondheidsprotokol.”

Matrieks sal by hul huise opgelaai en na die kwarantynfasiliteit geneem word.

Die departement sê hy verwag van ouers om die onderskeie skole en skoolhoofde in te lig sodat reëlings getref kan word.

Die kwarantynproses begin reeds Sondag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frederik C ·

Mense ouer as 60 moet dit en dat…………….want die virus……sus en so…????? Nou kry matrikulante ook Covid.

christo ·

Die Minister van Gesondheid het gewaarsku en gewaarsku, maar Suid-Afrikaners het nie ore nie. Dit help nie dat ouer mense met onderliggende siektes hulle maskers dra om te probeer om hulleself te beskerm nie, terwyl hulle heeltyd op hulle pasoppens moet wees vir die moedswilliges nie.
Skoolleerders gee nie ‘n duiwel om nie en is die superverspreiders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.