Cradock-juffrou steeds vermis

Theresa Buys.

Theresa Buys.

Die polisie in die Oos-Kaap is steeds op soek na Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres van Cradock, wat vroeër vandeesweek vermis geraak het.

Buys, wat sedert die begin van die jaar kuns by die Voorbereidingskool Cradock gee, is Maandag vir die laaste keer gesien toe sy die skool verlaat het. Sy woon alleen in ʼn huis op ʼn plaas wat sy by ʼn boer in die omgewing huur.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat Buys se buurvrou Dinsdagmiddag ʼn plas bloed in Buys se huis aangetref het. Die Cradock-polisie het Woensdagmiddag Buys se voertuig verlate in die Michausdal-woonbuurt opgespoor. Die polisie het kort daarna ʼn man in hegtenis geneem.

Die man is glo ʼn werker op die plaas waar Buys woon. Hy het glo aan die polisie erken dat hy haar vermoor het en haar liggaam in die Visrivier gestort het.

Kapt. Stefanie Smith, ʼn woordvoerder van die polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê Buys se liggaam is nog nie gevind nie en dat die polisie se honde-eenheid op die toneel is waar die man beweer hy haar liggaam gestort het.

“Die duikeenheid het hul soektog afgelas nadat geen liggaam in die soekgebied gevind is nie.”

Die ondersoek duur voort.

Lees ook:
Cradock-juffrou vermis; polisie ondersoek moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.