Cradock-juffrou vermis; polisie ondersoek moord

Theresa Buys.

Theresa Buys.

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek ‘n saak van moord nadat Theresa Buys, ʼn 43-jarige kunstenaar en onderwyseres van Cradock, vroeër vandeesweek vermis geraak het.

Buys, wat sedert die begin van die jaar kuns gee by die Voorbereidingskool Cradock, is Maandag vir die laaste keer gesien toe sy die skool verlaat het. Sy woon alleen in ʼn huis op ʼn plaas wat sy by ʼn boer in die omgewing huur. Haar man en dogter woon in Port Elizabeth.

“Sy is ná skool na haar huis toe waar sy verder aan haar projekte gaan werk het. Sy was besig om dekor vir die skool se konsert te maak en was nog baie opgewonde daaroor,” het Elmar Heese, die skoolhoof, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Die skoolopsigter het die middag nog materiaal vir die dekor na haar huis toe geneem.”

Volgens Heese het Buys nie Dinsdag vir werk opgedaag nie, en het hulle tevergeefs probeer om haar in die hande te kry. Haar selfoon het heeltyd na haar stemboodskap oorgeskakel.

“Buys is ʼn baie liefdevolle mens, en het ʼn passie vir kinders en diere. Sy is ook ʼn groot ondersteuner van die Dierebeskermingsvereniging en het al baie diere daar aangeneem,” het Heese gesê.

Buys se hond het Maandagaand omstreeks 21:30 by haar buurvrou Paddy Greenwood, wat omtrent 1km van haar af woon, se huis opgedaag. “Dit was vir haar vreemd dat die hond daar is en sy het hom na Buys se huis teruggeneem en gesien dit is donker. Haar motor was weg, en sy het aangeneem Buys het by iemand gaan kuier.”

Greenwood is Dinsdagmiddag saam met die plaaseienaar na Buys se huis. Hulle het onraad vermoed toe hulle sien die diere het nie kos nie. Die eienaar het haar huis oopgesluit. “Die huis was netjies, maar hulle het ʼn bloedplas op die vloer gesien en dadelik die polisie ontbied.”

Die Cradock-polisie het Woensdagmiddag Buys se voertuig verlate in die Michausdal-woonbuurt opgespoor. Die polisie het kort daarna ʼn man in hegtenis geneem. Die man is glo ʼn werker op die plaas waar Buys woon.

Kapt. Stefanie Smith, ʼn woordvoerder van die polisie, het Donderdag die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê ʼn man is in hegtenis geneem vir ondervraging, maar hy is nog nie amptelik aangekla nie. Sy het bevestig dat die polisie na die man se ondervraging ʼn moorddossier oopgemaak het en dat bewyse wat in Buys se voertuig gevind is, hom met die saak verbind.

Na wat verneem word, het die man glo tydens ondervraging erken dat hy haar vermoor het, en haar liggaam in die Visrivier gestort het. Buys se kollegas en naasbestaandes is Woensdagaand van die verwikkelinge in kennis gestel.

“Die polisie se honde-eenheid is sedert Woensdagmiddag op die toneel by ʼn laagwaterbrug in die omgewing. Die polisie se duikeenheid het Donderdagoggend by hulle aangesluit. Daar is nog nie ʼn liggaam gevind nie,” het Smith gesê. Sy sê gerugte wat die rondte doen dat drie mans by haar vermeende moord betrokke was, en dat haar liggaam gevind is, onwaar is.

Smith het gesê dit is nog nie bekend of enigiets uit Buys se huis vermis word nie. Die motief vir die vermeende moord is ook nog nie bekend nie.

Heese het ʼn beroep op mense gedoen om vir Buys se familie en die polisie te bid wat die saak ondersoek.

Enigiemand met meer inligting oor die saak kan die polisie by 048 881 7118 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trippie ·

Vertrou NIEMAND, vertrou slegs op God.

Ek bid inderdaad vir die oorledene se familie, vriende, die skool, en elkeen wat na aan haar was.

Johann Roux ·

Amen.

Op: “Vertrou NIEMAND, vertrou slegs op God”.

Jy praat uit die meeste van ons lesers se monde en baie sal jou skrywe beaam, Trippie.
Kort en kragtige kommentaar wat uitstekend saamgevat en verwoord is.

Dankie.

Seënwense.

Johann.

Grassie ·

T…Hierdie is ‘n tragiese gebeurtenis wat ‘n mens kwaad maak. Verder deel ek jou sentimente. Jy was baie stil – jy O.K?

Willie ·

Met alle respek teenoor haar en haar familie, as haar gesig swart gesmeer was sou die MRK beslis ingegryp het. Hoeveel van hierdie sinnelose dade moet nog plaasvind voor ons as mense in afhanklikheid voor God staan en smeek vir krag en genade wat ons instaat sal stel om daadwerklik iets positiefs aan die gemors waarin ons land verkeer te kan doen. Soms voel dit asof die horing van ‘n renoster meer waarde het as die lewe van ‘n mens, uitgesluit waar die doodstraf opgele word

rika kotze ·

Dit word al hoe erger, boere word vermoor, blanke vrouens verkrag en wreedaardig vermoor, ons gaan in n oorlog eindig.

Brenda ·

Ons IS KLAAR in ‘n OORLOG…..so eenvoudig soos dit!!!! As mense net wil wakker word en dit besef!

Willie ·

Brenda, u is 100 % korrek. Behalwe vir bloed wat vloei is daar die sielkundige oorlog teen ons wit kinders wie NA 1994 gebore is MAAR ingesluit is by die sogenaamde Regstellende Aksie. Dan het ons ook nog te kampe met Mal Ema wie na bewering verklaar het die partytjie in hierdie land is verby vir die wittes.

Linda van Mosselbaai ·

Hoe hartseer is dit nie – so baie mense en diere gaan haar mis. “o Heer gaan met almal betrokke en hou ons veilig in die palm van U hand. Here werk in die harte van die mense wat sulke wrede dinge beplan – wys hulle ‘n beter weg – U weg. Sonder U is ons niks. Amen”

Drieks ·

2114. Geskiedenis boek.
En daar was nog in 2o14 wit mense, renosters, olifante en…..

Almal wat in die 1980’s en 90’s geweet het om hierdie land te verlaat, ek so jaloers op jul.

RONEL ·

Ons sal maar sien wat met hullein die hiernamaals gaan gebeur, dan sal daar afgereken word.

Leeutjie ·

Ronel, jy vat die woorde so uit my mond uit. So monster is nie God se kind nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.