Cradock-ontvoering: Man in Bloem vasgetrek

Die foto van die verdagte is vroeër deur die polisie uitgereik

Die foto van die verdagte is vroeër deur die polisie uitgereik

Die polisie het bevestig dat die 52-jarige man van Cradock wat gesoek was in verbinding met die vermeende ontvoering en verkragting van ʼn 13-jarige meisie, Dinsdagmiddag in hegtenis geneem is.

Kapt. Stefanie Smith, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die man is in Bloemfontein in die Vrystaat in hegtenis geneem. Die 13-jarige meisie is by hom gevind. Sy is intussen in die sorg van die welsyn geplaas.

Die polisie het vroeër gesê die beweerde ontvoering en verkragting het op 26 Augustus in die dorpie plaasgevind. Die man is ná die voorval in hegtenis geneem en moes op 20 Oktober weer in die hof te verskyn, maar hy het nie opgedaag nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

alet ·

Die vark het gedink hy kan weg kom kry sulke mense nie skaam vir wat hulle doen geweeteloose ding

Theresa ·

Jou siek gemors! Gee hom vir die gemeenskap. Dit sal “goedkoper” uitwerk,

Elfie ·

Moet hom nou nie weer staan en “bail” gee nie!! Sleg wellustige ding wat kinders misbruik, sies! Hoe weet mens nie wat hy NOG aangevang het en die kinders so banggepraat het dat hul met die seer rondloop – so tipe het gewoonlik ‘n string sulke goed agter hul naam!

Marinda ·

Die samelewing is siek, waar is die kind se ouers en hoekom is sy in die welsyn se sorg geplaas.? Vra maar net!!

Peter Says ·

Dit is wat gebeur as n 52 jarige dink soos n 13 jarige…gee hom vir die jeug in die tronk.

Jean ·

Die 13 jarige is nie so onskuldig haarself nie haar gat kort pakslae.Kyk op sy fb profiel watse fotos is opgesit.Dis verkeerd wat gebeur het maar syt het onvanpaste foto geplaas van haarself op sy blad.Gaan kyk self!!!!!

Nina ·

Sy is ook nie ontvoer nie, maar is vrywillig saam hom weg. Hulle het ‘n verhouding gehad. Volledige besonderhede in Volksblad. Sy kort ‘n helse pakslae met haar origheid.

Sollie ·

Nee wat ek sal nooit na sulke gemors op FB kyk nie – in sulke gevalle is FB net ‘n euwel. Hoe kan sy enigsins skuldig wees aan iets – die wat haar moes leiding gee is die skuldiges! Wat weet mens op 13 as jy heeltyd verkeerde raad ens kry?? As jy heeldag hoor dit en dat is reg en jy soek aandag (vaderlike leiding en liefde) SAL jy glo en doen wat ‘n manilike grootmens jou vertel. Natuurlik sou sy saam met hom weggegaan het – hy is dan in ‘n gesags en vertrouensposisie vir haar! Vieslike vieslike gemors. Moenie die arme kind blameer nie liewe hemel!

Elfie ·

@Jean – asseblief! Jy is maar ook GOU om op sy FB te kyk vir sensasie! Skaam jou om haar te wil blameer – dis wat sy ken en wat natuurlik vir haar as goed en reg vertel is! Wat weet mens op 13 of wat jy doen verkeerd is – net die feit dat die stuk gemors dit op sy FB geplaas het wys mos vir jou WAT hy eintlik is. ‘n Wellustige gemors wat ‘n kind misbruik het.

pop ·

Hier gaan nog n lelike ding openbaar gemaak word. Daai ouers is net so siek, het die kind vroeg ryp gedruk. Sy dink dis hoe dit hoort!!!Hoe slaan jy n kind wat nie van beter weet nie. En die Oom was dalk die enigste liefde wat sy al ooit gekry het.

AC ·

Ja nee…………gaan kyk na sy FB profiel……vol fotos van die 13-jarige

EMK ·

AC jy kyk ook maar lekker ne – sies man. Wat se gemors laat toe dat ‘n kind watse soort fotos ookal van haarself neem EN sit dit dan op sy FB vir die wêreld om te sien? Hy is niks anders as ‘n vieslike pedofiel nie

Mari ·

Sy FB profiel se alles. Ek hoop regtig die SAPS doen ‘n volledige ondersoek en kyk ook na die ‘vriende’ wat hy het op FB. As ek dit do kyk lyk dit vir my na ‘n skerm vir kinderpornografie. Watter wulpse vrou wat iewers in Switzerland ‘bly’ gee om wat die aap doen in Cradock maar daar is heel toevallig ‘n paar ‘likes’ van die kamtige modelle as die 13 jarige se foto geplaas is. Baie verdag!
En as dit my meisiekind was was daar nie eers ‘n geleentheid vir die neem van daardie fotos nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.