Cradock se naam verander dalk ook

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Facebook)

Die Oos-Kaapse departement van sport, ontspanning, kuns en kultuur beoog om nóg naamsveranderinge in dié provinsie te implementeer.

Dié beplande veranderings volg nie lank nie nadat Port Elizabeth na Gqeberha en Uitenhage na Kariega verander is – en dít ten spyte van talle besware, kommentare en petisies met duisende handtekeninge teen die veranderinge.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, is verlede jaar daarvan beskuldig dat hy die proses van openbare deelname gestoomroller het en dat die meeste Suid-Afrikaners in die duister gehou is oor die voorgestelde name.

En nou kan Cradock se naam moontlik na Kaladokhwe of Inxuba verander word. ’n Openbare verhoor rakende dié naamsverandering vind reeds vandag (Donderdag) op dié dorp plaas.

Ander naamsveranderinge wat beplan word, sluit onder meer in die moontlike verandering van Morgansbaai na Gxarha en die vernoeming van die gedeelte van die N2 rondom Dutywa na die filantroop adv. Mthetheleli Ngumbela.

’n Naamsverandering van die provinsiale hospitaal op Komga naby Oos-Londen is ook op die tafel. Openbare verhore rakende die beplande naamsveranderinge is vir die volgende week geskeduleer.

Die Oos-Kaapse wetgewer kry reeds weer die wind van voor. Die DA skop nou teen die naamsverandering van bestaande plekke en meen die regering behoort eerder op Oos-Kapenaars se onmiddellike behoeftes te fokus.

“Wat is die nut daarvan om Cradock te hernoem wanneer dienslewering in die area tot stilstand gekom het?” wil Nomvano Zibonda, DA-LPW in die Oos-Kaapse wetgewer, weet.

Zibonda het egter in dieselfde asem gesê die opposisieparty verwelkom naamsveranderinge van nuwe plekke veral wanneer dit vernoem word “na die helde van alle inwoners”.

Andile Nduma, woordvoerder van die provinsiale departement, het vandeesweek by navraag aan Maroela Media gesê die voorgestelde verandering van Cradock se naam na Kaladokhwe of Inxuba het ontstaan ​​nadat ’n lid van die publiek vroeër ’n aansoek om naamsverandering ingedien het.

Die provinsiale geografiese namekomitee het volgens Nduma in Maart reeds ’n vergadering belê om die gemeenskap van Cradock in kennis te stel van die hul planne en die openbare verhoor wat sal plaasvind.

Ander beplande naamsveranderinge sluit in Mooiplaas na Khwenxurha, Keibrug na Nciba, Keimond na Cwili en die Komga-hospitaal na die Ruth Hans-hospitaal.

Volgens Nduma sal die provinsiale geografiese namekomitee die lys voorgestelde name en aanbevelings aan die Suid-Afrikaanse Raad vir Geografiese Name (SARGN) voorlê vir verdere verwerking en aanbeveling aan Mthethwa voordat die naamsveranderinge amptelik in die Staatskoerant gepubliseer word.

Die minister is egter verlede jaar daarvan beskuldig dat daar ʼn gebrek aan deursigtigheid was in hoe hy die name Gqeberha (Port Elizabeth) en Kariega (Oos-Londen) goedgekeur het voordat dit in die Staatskoerant gepubliseer is.

Selfs die Nelson Mandelabaai-metro was nie tevrede met die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha nie en het ’n formele voorlegging ingedien. Een van die besware was dat nie nuwe naam geen verbintenis met die mense van die metro het nie.

Die departement het die besware oorweeg maar nietemin die veranderinge eindelik regverdig en deurgevoer.

King William’s Town heet nou Qonce en Maclear Nqanqarhu het geword. Berlin staan nou bekend as Ntabozuko terwyl die Port Elizabeth-lughawe se naam na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe na die Koning Phalo-lughawe hernoem is.

Zibonda wys in die lig van die jongste beplande naamsveranderinge daarop dat die land se huidige fiskus en dienslewering veel te wense oorlaat.

“Werklike transformasie moet begin met die transformasie van die alledaagse lewe van Suid-Afrikaners en die uitwissing van armoede, ongelykheid en werkloosheid. Naamsveranderinge dra min tot niks by om hierdie uitdagings te oorkom nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Sandra ·

IPV om die geld te mors deur nog ‘n naamsverandering in te stel, kry eerder die mense wat ek elke aand sien wanneer ek op pad huistoe is op die strate hulle slaapplek vir die aand inneem, van die straat af en maak hulle lewens beter in Port Elizabeth, nie Gebergha nie. Weet nie en stel nie belang om te weet hoe dit gespel word nie.

Marshall ·

A very rational argument. A degree of intelligence is a prerequisite for rational thought and this attribute is severely lacking in certain population groups according to serious academic research in this field. It is a sad reality that those who need your rational guidance will probably not have the cognitive ability to understand the value of your conclusion.

domheks ·

Kan net cANCer wees, hoeveel kos dit om ‘n plek se naam te verander? Diens lewering moet voorkeur geniet maar ou nathi is vervelig en dink snert uit.

Nie Verbaas ·

Wys mens hoe slim hy is of is dit weereens n geval van daardie liederlike gevoel van minderwaardigheid?

Mien ·

Ek kan nie eers die beplande nuwe name lees nie wat nog te sê probeer uitspreek!!! Absolute mors van geld wat beter aangewend kan word!!!

JohanR ·

Dink net nou aan alles wat verander moet word as jy net EEN naam verander. Kry die ANC nooit klaar met nonsens nie! Hopelik na 2024 sal ons nie meer van hulle nonsens moet vat nie……@VoertsakANC!

Marius ·

Om die naam te gaan verander gaan nie die dorp se infrastruktuur verbeter nie. Gebruik die geld en kry eers die basiese dinge in plek en reg. Nathi , jy moet wakker word want die land vergaan voor jou oe.

katerinadiekat ·

Nog geld mors. Kry eers die staatshospitale en paaie reg, plus die honderde ander dringende kwessies. Doen Dit met die belasting betalers se geld. Betaal vir dinge wat vir die mense van hierdie land tot praktiese hulp kan wees. Lewer die dienste waarvoor die belasting betalers betaal – wat hulle doen tot ALMAL se voordeel. As julle nou absoluut sal sterf as die name nie verander nie, doen dit dan laaste. EERSTE NOODSAAKLIKHEDE!

Misky ·

Nathi, krap darem nou heeltemal te veel en met ‘n tè kort stokkie op ‘n plek waar dit NIE jeuk nie. Die res van my gedagtes, mag ek ongelukkig nie op skrif sit nie.

Miena ·

Ek kan nie die name uitspreek nie – en wanneer ek probeer dan lag my kolegas vir my. Ek weet nie wat die name beteken nie. Ek weet nie eers wie was van die mense na wie van die plekke hernoem is nie . Wie is of was Hoofman Dawid Stuurman? Nee laat ek liewer stilbly. Ek rol my oe!!!

Renier johannes ·

Dis snaaks al die minister hou van geld mors klomp on bekwame spul verander die anc se naam ook na vatnet toe

Dries ·

Dit is so ontstellend maar troos my dat die nuwe name pas nou by die ondergang van al hierdie plekke

Dup ·

Name van dorpe moet verander om aan te pas by die vervalle toestand van die dorpe.Cradock se strate het omtrent almal in stofstrate met gate verander.

Nici ·

Ja mens kan die goue jaar skei van die gevalle jare. Soos Rhondesia verander het in Zimbabwe. Die naam verduidelik alles.

Pierre ·

en wie gee werklik om, vir die volgende 100jaar gaan mense nog steeds van Cradock praat, Pietersburg is nog steeds Pietersburg, Pretoria is nog steeds Pretoria, Mbombela is nogsteeds Nelspruit ens.

piet ·

Ek weet nie jong. Port Elizabeth se nuwe naam word nogal heelwat gebruik.

Toy ·

Ek kan nie glo dat ‘n naam soveel bedreiging inhou nie. Hulle mors geld links en regs dit is belaglik.

Misky ·

Slegs een inwoner van Cradock het die voorstel vir naamsverandering ingedien. Is daai persoon se naam dalk Nathi?

Aletta ·

Ai en so gaan alles anders down the dump maar tog laat ons geld mors om name te verander. Mense kry swaar, paaie gemors, loadshedding ens. ????

Grens ·

Verander dit asseblief, die ou dorpe was mooi en skoon, nou gaan hulle by die nuwe name pas.

Corne123 ·

Kom ons verander sommer suid afrika ook na krimenele land toe geldmors of selfs n paar sterker woorde

Nicky ·

Verander al die name, dit sal pas by die Anc, dorpe nou morsig soos die name

WILLEM ·

Ek vra weer wanner gaan RSA se naam verander??? Enige voorstelle?? Ek verdwaal so dat ek nie sonder ‘n padkaart kan ry nie.

Manie ·

Verander dit net soos julle wil, ek vlieg nog lekker tussen Jan Smuts en DF Malan.

Jacobus ·

Die Engelse het so ‘n mooi uitdrukking – “rabid” hondsdol. Kom by mens op wanneer die spul met naamsverandering begin. ‘n Hondsdol persoon aan die stuur van ‘n swaar voertuig met passasiers. Storm voort. Ek hoop mr Ramaphosa se arm-der-armes waardeer die egois se pogings om hulle lot te verbeter. En tog storm hy voort!

PieterJ ·

Verander sommer SA se naam van “South Africa” na “Dump Africa”

Lood ·

Ek het dit ook by ‘n ander berig gesê. As jy nie in staat is om self iets te bou nie, vat jy iets wat ander mense gebou het en verander die naam daarvan sodat jy kan “goed” oor jou eie onvermoë.

De Villiers ·

As ek sien hoe lyk die dorpe en hospitale dan begin ek al hoe meer ‘n voorstander raak van naamsveranderinge.

Die regering kan gerus die totaal vervalle dorpe en geboue na hul eie mense vernoem.

Daniel ·

Alles verval in die land maar hulle verander name!
Voel nou goed oor wat hulle doen, vernietig mos nou die kolonialisme!
Kan niks instandhou of opbou, net afbreek en verander

piet ·

Die ANC sal uitgestem moet word, dan kan die name weer verander word. Dit is nou maar so dat nuwe regerings dorpsname verander en hul eie heroes gaan vereer. Werk maar so.

Di ·

Die nuwe regering is nie net RAS mal nie maar ook NAAM mal! Die spul moet net gaan!

Frank John ·

Beter as die name verander word na die Huidige mense wat al die plekke deur hul agterent getrek het sodat hulle die klad op hul name kry vir swak bestuur en verval. Om die ou name te hou sê dis die na wie dit vernoem is se skuld hoekom dit so vervalle is. Pak die skuld op die nuwe swak leiers.
Ek sal noe my naam gekoppel wil hê aan ‘n plek as dit in die toestand is wat dit nou is nie. Ek wil trots wees op iets wat na my vernoem word.

Henry ·

Elke dorp of stad se naam wat verander word het totaal verval. Die rede is mense wat aangestel word het geen idee wat om te doen nie.

casper ·

Ja — Noem dit Krokdok — “n vuil dorp en woonbuurte !!!

Pietertjie ·

Verander die naam, dan skep dit die indruk dat iets gedoen of tot stand gebring is, en dít regverdig dan die massiewe uitgawes verbonde.

Kokerboom ·

Een van die dae moet ons verhuis want teen die tempo van naamsveranderinge dink ons later ons bly in ”n vreemde land

melaney ·

Was nog nooit daar nie. Hoor net dit is baie koud in die winter in daardie dorp.

Francois ·

Wel dit maak dit eintlik maklik. Elke dorp/stad wat se naam verander was, dui maar net op die ANC se mislukking. Verander die naam, en die nuwe naam het dan n hele paar jaar ‘n skoon rekord, voor dit ook in die geskiedenis boeke as n mislukking bekend staan.

Julius ·

Die naamsverandering pas by die toestand van die plekke. Alles vervalle.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Voetsek ANC! Daars ñ naam vir julle!

Jack Russ1 ·

Daar is tog geen keer aan die klomp nie. Verander net al die name op een slag en kry net klaar. Die massas wat van koue en honger sal darm seker verstaan dat hulle kos geld moet gaan om plek name te verander

Hercules ·

die cANCerous Gov is innie bol gepik en het na 30jaar nog steeds geen sin wat die waarde van geld is nie en mors baaaaie geld op nonsens ipv die regte plekke, soos om maandelikse pensioen te verhoog!! #ancmoetval

Nico ·

Naamsverandering – nog mors van geld. R33 miljoen wat vir ons kunstenaars bedoel was (in die grendeltyd), kry voete. R1.7 miljoen gespandeer op ‘n studie oor die konstruksiewerk om ‘n R22 miljoen se vlag en paal op te rig. Naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument, dorpsname … skole sonder geld en ‘n tekort aan alles, verarmde mense en honger kinders, paaie vol gate en ‘n land van misdade. Die intelligensie, kleiner as ‘n skoon grootte, verstom my!

Nie Verbaas ·

Name word verander en honger mense moet maar net aangaan. Weereens n bewys dat hulle totaal en al uit voeling uit is met wat regtig in Suid Afrika aangaan.

Elize ·

Ek wonder wie hierdie helde is wat tati so ophemel om plekke hulle name te gee. Ek ken nie een van hierdie wesens nie!

Jacobus ·

Die maklikste oplossing is, verander alle dorpe en stede se name na Mandela, so ook alle straatname asook name van geboue, ens dan gee ons erkenning aan die chaos waarin die land verkeer!

Ontnugterde senior ·

Kan hulle net vir die man werk gee om te doen sodat hy nie tyd het om sy obsessie met naamsveranderinge uit te leef nie.

Karina ·

Ek weet ek bly in Suid Afrika, maar as ek na die nuus luister, weet ek sowaar nie waar ek is nie. Soveel naamsveranderinge van dorpe en stede, ‘n Mens weet nie meer watter kant toe nie. Bou eerder ordentlike huise vir die armes as al die geld weggooi in naamsveranderinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.