Crime Line-hoof kry werk by CSI

Yusuf-Abramjee

Yusuf Abramjee. Foto: Twitter.com

Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line en nuushoof van Primedia Broadcasting, het aangekondig dat hy die mediamaatskappy einde Desember verlaat.

Abramjee sal aansluit by Crime Stoppers International (CSI) as internasionale direkteur van kommunikasie. Hy was voorheen die tweede visepresident van die organisasie. “Ek sal terselfdertyd internasionale opheffingswerk doen. Op plaaslike front sal ek voortgaan met my aktivisme,” het hy gesê.

Abramjee is ‘n stigterslid van die gemeenskapontwikkelingsorganisasie Lead SA en het onlangs nuus gemaak nadat hy ‘n ope brief aan pres. Jacob Zuma gestuur het waarin hy hom versoek om die geveg teen misdaad meer ernstig op te neem. Abramjee het ook al verskeie toekennings ontvang, soos die Orde van die Kremetart.

Terry Volkwyn, hoof van Primedia Broadcasting, het gesê Abramjee is passievol oor wat hy doen en onkeerbaar in sy strewe om verandering te weeg te bring. “Yusuf is ʼn groter-as-die-lewe-karakter in ons maatskappy en het ʼn merkwaardige energie bygedra tot elke projek wat hy aangepak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

DB ·

Sorry maat maar soos gese is. ” n wit mannetjie sal nie vir hulle se wat gedoen moet word nie”

Jeannie du Plessis ·

Ek sal nooit die dag op Radio 702 vergeet toe Redi Ndlabi Yusuf Abramjee, absoluut aangeval het, oor waar hy vandaan gekom het( n verlede waar elkeen van ons, in ander posisies, en die land self heeltemal anders was). Dit was so n “banale”aanval, ek kon dit nie glo nie. Yusuf Abramjee het deur sy lewe tot nou so n verandering gebring, met Lead SA en Crimestop, en baie ander pogings van sy kant af, aan soveel mense se lewens. Ek kan nie glo dat ons so n mens moet verloor …. en waarom??? Hy het vir mense gewys om trots te wees op wie jy is, wat wat jy kan vermag, om voor te loop en n leier te wees. Yusuf, ek is so jammer jy is n voorbeeld vir ons almal. Voorspoed … jy is nou net n trappie hoër … maar ons volg jou.

Anny Penny ·

J du Plessis ek verstaan glad nie jou eerste sin nie. Kort daar dalk êrens ‘n komma of iets tussen di name??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.