Crime Line-hoof weer kapers af

Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, is ongedeerd ná ʼn kapingspoging en hoëspoedjaagtog deur die strate van Johannesburg.

Abramjee het aan Maroela Media gesê hy het van die Universiteit Johannesburg verby die SAUK se kantoor in Aucklandpark gery toe hy by ʼn verkeerslig stilgehou het. “ʼn Wit Tazz sonder ʼn nommerplaat agterop, het naby my gestaan. Toe ek weer sien, was daar ʼn man met ʼn vuurwapen by my ruit en ek het net die woord ‘hijack!’ gehoor.”

Abramjee was in staat om dadelik met sy blou BMW weg te trek. Hy het in sy truspieël gesien hoe die mans twee vroue, wat op die eiland in die middel van die pad gestaan het, se handsakke gryp.

“Hulle het verby my gejaag en ek het hulle agterna gesit. Ongeveer een blok verder, het hulle besef ek agtervolg hulle,” het hy bygevoeg. “Hulle het deur die strate van Parktown gejaag en een van die verdagtes het in Braamfontein uitgespring en in my rigting gevuur. Ek het teruggevuur.” Dié man het te voet verder gevlug.

“By die Onderwyskollege het nóg ʼn verdagte in die rigting van die park gehardloop,” het hy gesê. “By Hillbrow het hulle ʼn geel padversperring getref, en daarna verdwyn.”

Volgens Abramjee was die polisie baie vinnig op die toneel.

“Dit wys jou net, niemand is immuun teen misdaad nie,” het hy gesê. “Mens moet altyd op die uitkyk wees.”

Besoek Crime Line se webwerf of SMS jou misdaadwenke anoniem aan 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Mooi so! Ons moet die wêreld vir hierdie misdadigers VUURWARM maak!!!

Johann Marx ·

Ek verstaan nie hierdie konsep nie….As ek my lokale polisiestasie skakel met ‘n “misdaad wenk”, gebeur daar niks. As ek dit na 32211 sms…..dan kontak HULLE die SAPD…en dan gebeur daar iets? Waarom kan ‘n radiostasie met ‘n sms lyn die polisie aktiveer…..maar ‘n gewone burger met telefoon kan nie?

John ·

Hierdie perre het geen ontsag vir privaat reg of die gereg nie. Dit is skrikwekkend dat die normale man op straat wat die wet gehoorsaam, beheer en geintimideer word deur hierdie ongewensde elemente. Net weereens ń bewys van die verval waarin ons, ons bevind.

Johannes Meintjes ·

Knap gedaan mnr. Abramjee! Koel, vasberade en aktiewe optrede. Vuurwapen byderhand en bereid om dit te gebruik. Moontlik moet alle SAPS voertuie voortaan “body bags” as standaard toerusting dra om lyke op te ruim soos wat die landsburgers uiteindelik wakkerskrik en besef dat vasberade selfverdediging die enigste opsie is in ‘n vervalle en wettelose land. Ons vir jou Nuwe SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.