Croucamp dalk van ‘dieremishandeling’ aangekla

'n Skermskoot van die inskrywing op Facebook. (Verskaf deur NDBV)

‘n Skermskoot van die inskrywing op Facebook. (Verskaf deur NDBV)

Piet Croucamp, politieke ontleder en die voormalige aanbieder van kykNET se Megaboere-program, kan moontlik van dieremishandeling aangekla word nadat hy foto’s op sy Facebook-blad geplaas het waar hy wys hoe hy ʼn beseerde skaapooi met ʼn tampon en “ducktape” [sic] behandel.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het Dinsdag in ʼn verklaring sy misnoeë uitgespreek oor Croucamp wat op sosiale media “spog” met die “wreedheid en mishandeling” van die skaap.

Nazareth Appalsamy, woordvoerder van die NDBV, het gesê die voorval het onder die vereniging se aandag gekom nadat skermskote van die Facebook-inskrywing aan hulle gestuur is. Volgens die vereniging kon daar op die skermskote gesien word hoe Croucamp ʼn ernstig beseerde skaap behandel en het die “onvanpaste hantering van die saak” openbare opslae gemaak.

Appalsamy het gesê ʼn senior NDBV inspekteur en die NDBV se veearts het die plaas in die Tarlton-gebied wes van Johannesburg besoek waar hulle die skaap aangetref het met ʼn verband om haar maag. Daar was ook ʼn beseerde lam wat nie op een van sy agterbene kon trap nie. Die NDBV het ʼn waarskuwing aan Croucamp uitgereik dat die diere onmiddellik deur ʼn veearts behandel of op menslike wyse van kant gemaak moes word.

Volgens Appalsamy het Croucamp later die lam van die plaas verwyder en aan die NDBV gesê hy het dit na ʼn plakkerskamp geneem waar die lam geslag is om geëet te word. Die NDBV-beamptes het die ooi ondersoek en gevind dat sy ʼn wond aan haar uier gehad het wat volgens Appalsamy ontsteek was.

“Die behandeling wat deur die lekepersoon, Croucamp, gegee is was onvoldoende en oneffektief. ʼn Pynstiller is gegee, maar geen sistemiese antibiotika nie. Croucamp het beweer dat hy die skaap met antibiotika behandel het, maar die bottel wat hy te voorskyn gebring het, het geen antibiotika van enige aard bevat nie,” het sy gesê.

Appalsamy beweer die ooi se spene en van die melkklierweefsel was afgeskuur. “Die dier was in só ʼn slegte toestand dat om haar lewe te verleng wreed sou wees en onnodige verdere lyding sou veroorsaak het.”

Croucamp het egter gister in ʼn inskrywing op sy Facebook-profiel teruggekap deur te sê die ooi was besig om te herstel en sou oor ʼn paar weke gesond gewees het. “Ek weet sy ly, maar mens en dier ly wanneer hulle siek is; die vraag is, wanneer maak ons dood? ʼn Troeteldier mag aansienlik meer ly as ʼn plaasdier voor die besluit geneem word om dood te maak,” het hy geskryf.

Volgens Croucamp het hy al vir 15 jaar lank belange by skaapboerdery en het hy navraag gedoen by ʼn boer wat hy vertrou oor raad om die ooi te behandel. “Ek [het haar] met ʼn anti-inflammatoriese middel behandel en toe die uier ʼn bloeiende letsel vertoon, het ek die bloeding gestop en ʼn rekverband omgesit. [Die boer se antwoord was] dat indien die ooi normaal eet, nie gaan lê of met ʼn hangkop staan nie, sy ʼn kans gegee kan word om te herstel,” het hy gesê.

“Dis eintlik ʼn soort vreugde om die diere te dokter en meestal bel ek boere wie se ervaring ek vertrou om raad te vra. As ek ʼn veearts moet uitroep vir elke siek dier, kan ek hom of haar maar netsowel voltyds aanstel.”

Hy beweer tydens die NDBV se besoek aan die plaas moes die beamptes sukkel om die siek ooi te vang wat in die kraal rondgehardloop het voordat hulle haar kon skiet. “Dit was egter vir my van die begin af duidelik dat die [NDBV] gekom het om die ooi dood te maak,” het hy gesê.

“Ek het die [NDBV se] veearts gevra of ons die behandeling wat ek gee kan verander na sy voorskrif indien ek dan nie die regte medikasie toedien nie, maar nee. ʼn Ooi wat eet, water drink, veg by die bak vir haar plek en uit my hand kom eet moes dood, want daar is ʼn wet wat die veearts onder my neus kon druk wat beweer dat ʼn dier moet dood wanneer sy ly. Wel, julle m**re; julle maak maklik dood, want ʼn plaasdier word mos nie gereken soos ʼn troeteldier nie.”

Appalsamy hou egter vol dat die skaap onnodig mishandel is en vra waarom Croucamp nie ʼn veearts gekry het om na die dier om te sien nie. “Dit vererger die saak wanneer individue met hul oortredings op sosiale media spog en in posisies is waar hulle werklik van beter behoort te weet,” het sy gesê.

Volgens Appalsamy oorweeg die vereniging nog sy opsies oor moontlike aanklagte wat teen Croucamp gebring kan word. “Ons kan nie oorhaastig wees om aanklagte aanhangig te maak nie. Ons ondersoek nog die saak en is besig om met ons regspan oorleg te pleeg,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Andries Erwee ·

As Piet aan enige iets skildig is dan is dit n oordrewe liefde en beskermings drang vir diere.

Piet hou glo 100 skape aan wat hy soos troeteldiere beskou. Hy het bv nog nooit een van sy skape geslag nie en hy vind glo die dood van die skaap traumaties. Jammer dat die DBV nie oor die onderskeidings vermoee beskik nie. Mooi hoflike verduideliking en die uitsit van die skaap elders was hier die korrekte optrede. Om sommer die skaap summier voor die persoon wat vir haar lief was, dood te skiet is duidelik mishandeling van mense..

Cherokee ·

O…! Kopdoek is ‘lief’ vir die diere maar nie lief genoeg om veearts-kostes te betaal nie.

Annakapat ·

Ek is geen veearts of skaapboer nie maar daai lyk nie vir my reg nie! Shame, dit moes ondraaglik pynlik vir die dier gewees het. Nee, Pietman, dis nie reg nie. Jy is ‘n slim, geleerde man en moes van beter geweet het.

Johann ·

Ek raak nou gatvol vir al hierdie “regte” organisasies. Apalsamy het nie ‘n idee wat ‘n boer moet doen om te oorleef en aan te gaan nie. Croukamp het nie gespog oor die dier ly nie…hyt eerder gespog dat hy haar kon help! Idiots!

Snuffels ·

Mnr Croucamp, groot skande en ek hoop dat jy jou sal skaam oor hoe jy die ooi en lammetjie behandel het. GOD SLAAP NIE !!!!!!

M'Lady ·

Verskonings, verskonings, verskonings. Mooi so DBV. Croucamp is n politieke wetenskaplike nie n veearts. nie. Gaan seker eerder vakansie hou as om geld uit te haal vir n skaap. Los maar die boerdery vir die boere wat weet.

m ·

Die dier se wond lyk ma redelik seer so dalk sou dit beter wees dat veearts daarna kyk voor dit septies raak.

My tweesent bydrae ·

Miskien most facebook se naam na crime book verander . Dit is daar waar almal se misdade ontbloot word .

Kris ·

Ja ek stem FB veroorsaak dat baie persone nou n slaan sak word Seur net die verkeerde opinie te noem, se of maak

Kris ·

Ja ek stem FB laat baie persone pakslae kry . Daar was niks gese van duisende hoenders wat gevrek het at least het die boer die skaap try red Dit is jammer dat ons mense so min ag het vir ons boere wat jare gaan sonder n behoorlike inkomste sodat ons mense groente, vrugte en vleis op ons tafel kan he so asb laat elke persoon hom of haar bepaal by sy leuse

Ken ook die DBV ·

Ek is 100% teen die mishandeling of lyding van ENIGE DIER, maar ek ken ook die DBV, slaan altyd op sagte teikens toe en wil eerder ‘n dier UITSIT as help . Dalk het Croucamp net probeer help, die DBV glo net in UITSIT, al is troeteldiere nog gesond en jonk, as hulle nie baas het nie moet hulle waai. Ek keur nie Croucamp se optrede goed as die skaap enigsins gely het nie, maar lyk ook asof die township dieremishandeling en torture van diere daar baie minder aandag kry by die DBV lok as Croucamp en kie.

Karma ·

Die naam van die DBV laat ‘n hond-se-dinges smaak in my mond. Ek sê dit blatant: die meeste SA DBV’s is diere-slaghuise en word bedryf deur gulsiges wat gelowige mense van buite se donasies misbruik vir eie gewin. Vra maar watter soort salaris kry mev. Meredith (uitvoerende direkteur) en haar hoofkantoor-personeel. Hulle sit jaarliks etlike 100’e en 1000’e diere uit op grond van aard van beserings/siektes of onplaasbaarheid. Ek stem nie saam met die manier waarop Piet Croukamp die skaap behandel het nie (hoewel menige mense weet dat ‘n tampon goed aangewend kan word in ‘n skoon, diep, oop en bloeiende wond). Hy moes veeartsenykundige hulp gekry het en regte antibiotika toegedien het. En nou vra ek ook – is dit ‘n ‘menslike manier’ om ‘n skaap te skiet om genadedood toe te pas? Ek sou dink die skaap moes met ‘n ‘dart’ verdoof word en dán ingespuit geword het met die mengsel om die dood te veroorsaak.

René ·

Ek stem saam. DBV sit uit voor die voet. Sagte teikens is hulle kos.

Speedguard ·

Kyk is nou werklik nie versot op Kopdoek nie maar alla magtig, het hy die dier probeer help of self vermink, Indien die sogenaamde NDBV wat so erg is bietjie hulle oe oopmaak en gaan kyk hoe lyk die diere in sommige bly plekke sal hul 24/7 besig wees om mense te vervolg, hul belangrikste werk is om Shine te vang en dan nog onder aan hul korespondensie te skryf ” Remember us in your Will” en wie de hel skiet ‘n ooi !

Theresa B ·

Watter verskriklike pyn moes die arme weerlose dier net nie beleef het nie. Ek wil nie eers daaraan dink nie. Mense kan so walglik wees. Die arme diere is nie mensbestand nie en ook afhanklik van hulp. Maar die regte hulp op die regte manier. As jy nie wil geld uitgee vir jou diere nie moet jy nie diere hê nie. Julle sal almal nog moet antwoord vir alles wat julle doen en gedoen het al.

pieterdp ·

Die wat oordeul het geen benul van boerdery nie. Soms as jy n vee arts uit roep kos die jou 2 keer meet as die warde van die duur.

Dis die wat so maklik oordeul moet eerder hul beersies oop maak en geld skenk om dit makliker te maak om n vee arts te kry.
Maar oo wee dis makliker om n vinger te wys as om n bekostige baare advies te lewer.

Johan Snyman ·

Al die mense wat so kritiseer. Staan net ‘n maand in ‘n boer se skoene. Beleef wanneer n dier se senings af gekap is deur vee diewe of n jakkals wat n kalf begin op vreet terwyl sy kalf of as jy petrol in n wond gooi om wurms uit te kry. Dan sal julle besef dat boere meer seer kry deur net n dier te sien lei. En n veearts is nie altyd beskikbaar nie en jy moet self n plan sien om die dir deur te hak.

Chris ·

Kan lag vir al die sogenaamde boere wat namens die regte boere komentaar lewer seker die helfde van julle weet nie wat is die voorkant van is skaap ek ken geen boer wat n skaap met tampons en ducktape dokter nie dink croukamp kyk te veel tv 99% van alle boere sou self daai wond skoon maak en steke in sit beter as meeste veartse en n skaap boer weet presies wat se meds om n skaap te gee hy raai nie net, en enige een wat my vertel croukamp het nie geld om n vearts te ontbied is net so dwaasp

Lekker ·

Wat het dit nou alles met dieremishandeling of die saak te doen? moet jul altyd die ras kaart uitpluk??

Gideon ·

Ek wil nou eerlik wees!! Hou niks van Piet nie, maar sien regtig geen fout in dit wat hy doen nie!! Daardie persoon wat gekla het is belaglik en die ene Appelsap is ook onkundig!! Duidelik weet hulle nie wat ons op plase sien en gesond dokter nie!

miv ·

NDBV het gesukkel om die ooi te vang om te vermoor, ‘n siek dier kan nie so rond hardloop nie. Dis duidelik dat Croucamp se behandeling verligting gebring het. Boere kan nie vir elke dieresiekte wat hulself kan behandel ‘n veearts uitroep nie, dis ‘n duur aksie. Hulle soek net iets om Croucamp mee by te kom. En die klomp leke wat so vinnig is om Piet te OORDEEL, moet maar voor hul eie deur vee. Bly stil as jy nie iets van boerdery af weet nie. MAAR, hoekom iemand elke doen en late op FB sit, gaan my verstand te bowe – daar sit net ‘n klomp aasvoēls op FB om te kyk wie hul kan vernietig, soos nou in die geval van Croucamp. Sies vir julle! wat noem jul julself? Medemens? Afrikaners?

Bekommerd ·

Piet boer soos boere regoor die wêreld maar boer. Wat hy gedoen het is maar wat meeste veeartse ook doen, en ja die skaap sou dalk binne die volgende week of twee heeltemal herstel het. Die meeste mense wat so kla het geen idee van boer nie.

Koos ·

Croukamp het gedoen wat alle veeboere baie gereeld doen, as hy skuldig is aan dieremishandeling moet alle boere in die land saam aangekla word. Die DBV is absurd, publisiteit is duidelik vir hulle belangriker as die welstand van diere.

Langfaan ·

Persoonlik hou ek nie van Piet Croukamp nie, maar ek vind niks fout met sy poging om ‘n beseerde dier te help nie. Dis ooglopend nie hy wat die dier beseer het nie. Lyk na kleinlike oningeligte bemoeisiek-aandagsoekers wat nou weer die hoender uit verband ruk hier.

Johanna ·

WREED – om dit sagkens te stel. maar nouja die Hel is net so n werklikheid soos die Hemel.

Jack Russl ·

Die skaap was baie beter toe die ndbv daar aankom en dit skiet. Die skaap was so “sieklik” en tog het dit rondgehardloop en het die ndbv amptenare gesukkel om dit te vang.

Nee wat, ‘n klomp mense wat niks weet van boerdery wil hom nou stenig.

Maklik om te se dat as ‘n dier siek is moet jy hom veearts toe vat, want jy is nie ‘n dokter nie en kan hom nie behandel nie. So as jy nou hoofpyn kry mag jy nie self ‘n pynpil drink nie, jy is nie ‘n dokter nie so hoe kan jy jouself behandel?

Boerdery bestaan nie net in wakker word en kyk hoe mooi die skapies eet nie, dan wag jy tot hy groot en vet is en verkoop hom en maak ‘n lekker geldjie nie. Voor jy jou opinie lig, maak eers seker dat jy weet wat die werklikhied is

Jack Russl ·

Kan sien die meeste van die kommentaar is van mense wat geen idee het van boerdery nie.

Hulle is ook heelwaarskynlik dieselfde klomp wat kerm en kla as ‘n boer ‘n jakkals skiet. Los die jakkals dat jy jou diere verskeur, maar as jy die verskeurde dier durf help is jy wreed.

Langfaan ·

Ek moet byvoeg dat die negatiewe kommentaar hier, in die konteks van die gebeure, onvanpas, teleurstellend en kleinlik is. Sulke ondeurdagte en snedige aanmerkings hoort nie tuis by opgevoede Afrikaners nie.

jk ·

Hoop nie hy wil ‘n mega-boer word nie. Die plaas lyk glad nie goed nie

dg ·

Al die mense wat so kommentaar lewer as n persoon onder behandeling is maar ook pyn verduur moet daai persoon ook dan “verlos” word?

student ·

Jissie, ek dink mense gaan nou bietjie te ver. Hy probeer help. Miskien moes hy maar gedoen het wat ons sou gedoen het, net verby loop en die dier los in pyn.

Grant ·

Student, mag jy nooit in die situasie wees om pyn te verduur en almal loop net verby jou nie.

Marietjie ·

Ek wonder net nou by myself, my oupa was maar ‘n wrede mens gewees. Hy het die skaap se keel af gesny en nie geskied nie. Hy het slagysters gestel vir die jakkalse wat sy skape gevang het en tog was hy n baie suksesvolle boer en die DBV of natuurbewaring of staatsveearte het hom nooit aangekla van enige wreedheid nie.

Piet ·

Jou oupa wreed? Dit is hoe skape geslag word. En die skaap maak nie n geluid nie. Dit is hoekom Jesus vergelyk word hiermee. Indien jy die skaap sou skiet vermors jy sy kop wat n lekkerny vir baie mense wereldwyd is.

Grant ·

Ek het nog nooit van Croucamp of sy houding gehou nie. Mens plaas nie sulke foto’s op Facebook en dink jy is edel en almal gaan dit in dieselfde lig sien nie. Enige dier of dit ‘n huisdier of plaasdier is, het regte. Die reg om nie onnodig te ly nie. Diere kan nie praat nie en is uitgelewer aan mense. As die Ooi kon praat kon sy self gekies het. Dit maklik om te sê die DBV sit voor die voet uit, maar wie van julle gee enige tyd of donasies aan enige Dierewelsyn Organisasie? Wie van julle is bereid om in ‘n Township in te gaan om onwettige “dogfighting” te ondersoek, jou lewe te waag om daardie honde te probeer red en dan nog te rehabiliteer vir aanneming. Wie van julle wat so grootmond is, het al ooit ‘n aanneming gedoen ipv te koop en wie het al “genetwork” om vir diere huise te probeer kry voordat hulle tyd op is? Wie het al geld geskenk vir ‘n “spayathon” in die “township” om die lyding van daardie dier te probeer inperk? Dan is daar vele sulke organisasies wat afhanklik is van donasies en werk met vrywilligers. Dis die Feesgety mense, kom by en hou op vingers wys en aantygings maak en help eerder op een of ander manier. Actions speak louder than words!

Joe ·

Grant, dis jammer dat mense wat niks van plaaslewe weet nie so maklik kritiseer. Jy hou nie van Piet nie en daarom kritiseer jy hom maklik. Daar is baie mense wat nie van jou hou nie en dink jou opinie vrot.
Die DBV het nou net nog ‘n skenker verloor.

Grant ·

Joe lees asseblief my kommentaar in die regte konteks. Ek het geensins die plaaslewe of vir Croucamp gekritiseer nie. Ek het gesê ek hou nie van hom as persoon nie en nie redes verstrek nie. Ek het geensins verwys na wat hy gedoen het en of dit reg of verkeerd was in my oë nie. Daar is sy kant en sy ondersteuners en daar is die DBV se kant en hulle ondersteuners. Jy weet niks van my nie en of ek dalk op ‘n plaas bly of nie. Ek lewer minimale kommentaar op hierdie forum, so indien daar so baie is wat nie van my hou nie is dit nou maar so, maar of my opinie vrot of nie dit bly MY opinie en het ek ook ‘n reg om my opinie te lug soos enige ander verbruiker van hierdie forum en jy hoef nie daarvan te hou nie. Ek sal net twee maal so hard werk om skenking op te maak en daarmee saam ‘n verskil te maak.

Grant ·

Joe en Piet, ek weet nou nie waarom my vorige kommentaar nie geplaas is nie? Joe, weereens – ek gee nie ‘n snars om of my van my hou en of my opinie vrot is nie – dis MY opinie en het ek ook dieselfde reg om dit te lug op hierdie forum. Ek het Croucamp nerens gekritiseer oor wat hy gedoen het nie en of ek dit goedkeur al dan nie. Daar sy mense wees wat hom ondersteun en mense wat die DBV ondersteun. Om jou skenking op te maak, sal ek maar net dubbel so hard werk om twee nuwe skenkers in jou plek te kry.
Piet – my familie is my prioriteit en naas my familie elke dier wat nie vir homself kan praat/baklei nie. Ander mense kan vir hulself praat en hulp soek – daar is genoeg organisasies wat mense help.

Nel ·

Ag julle stadsjapies drink ‘n chillpil en gaan ‘n slag plaas toe en los tog asb. vir Piet uit. Hy het maar net gedoen wat enige boer wat myle ver van ‘n dorp en veearts sit sou gedoen het. En ‘by the way’ my voorouers wat boere was het nie die luukse van veeartse, ‘darts’, antibiotika en dies meer gehad nie – hulle moes ook maar soos Piet op ‘kreatiewe’ wyses hulle diere behandel.

Annatjie Kruger ·

Enige boer wat sy sout werd is, sou nie die dier onnodig laat ly het nie. Boere wat ver van veeartse bly het gewoonlik ‘n voorraad medisyne wat hulle vir hul diere kan gee as hulle nie dadelik ‘n veearts kan kry nie. ‘n Veearts se fooi kan nie meer kos as wat die skaap werd is nie. Hy het hierdie dier behandel soos wat hy almal om hom behandel, met verwaandheid en beterweterigheid. Ek hoop nie dit is die gewoonte van boere om tampons in wonde van hulle plaasdiere te druk nie.

Nico ·

‘n Veearts se fooi is baie keer meer as wat die skaap werd is. Dus sit jy tussen ‘n boere raat en kyk wat gebeur of slag en verlies ly.

Marie ·

Wat is die DBV se probleem?? Dit raak belaglik. Hulle mors belastingbetalers se donasies met hierdie kleinlikhede. Hy het probeer help! Wat meer???

Marius Ellis ·

Die ooi sou beslis sonder antibiotika gevrek het, daar kan geen twyfel daaroor bestaan nie. Croucamp sou ook nie twee dae later ‘n inskrywing op Facebook gemaak het dat sy behandeling gefaal het en dat die ooi gevrek het nie. Die regte manier sou wees om die ooi onmiddelik van kant te maak aangesien sy nooit weer ‘n lam kan grootmaak nie, en ook onnodige lyding te spaar. Dis ‘n blatante liegstorie van hom om vir die DBV te vertel dat die raad van ander boere kom. Hy probeer nou net sy bas red. Ek hoop die DBV kla hom aan.

GPC ·

Het geen ooghare vir Piet nie, maar ek kan nie sien wat hy verkeerd gedoen het nie. As hy wreed was, hoop ek DBV bly weg van plase wat vir voorheen benadeeldes gegee is, daar is mishandeling in ergste vorm. Massas diere word nie eers voorsien van kos nie. Die ou probeer ten minste iets om skaap lewendig te hou.

Charly Nel ·

Die bloedhonde het skaap geruik, sien ek. Ongeag wat julle van Piet Croucamp dink, dierewreedheid is nie in ‘n verantwoordelike boer se aard nie. Sy diere is mos sy belegging? In al die jare wat ek met Croucamp te doen het, is daar juis een ding wat uitstaan: sy liefde vir die plaas, sy diere en die natuur. Gaan google eerder die SPCA-skandale van die afgelope paar jaar. Geldgierig, maak erg maklik diere dood (soos nou weer in Houtbaai), en hopeloos te veel swak opgeleide personeel, om nie te praat van skatryk seniorbestuurders en werkers op minimumloon nie. Magspeletjies, dié.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.