Cullinan-kleuter brand erg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tweejarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag erg met kookwater in haar ouerhuis gebrand het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval omstreeks 15:00 plaasgevind.

“Die water het in ʼn kastrol op die stoof gekook toe dit op haar geval het,” het Mathe gesê.

Die meisie is na ʼn plaaslike kliniek in die omgewing geneem waarna paramedici van Netcare 911 daarheen ontbied is.

“Met paramedici se aankoms by die toneel is die meisie in ʼn ernstige toestand aangetref. Sy is gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in Pretoria geneem vir verdere behandeling.”

Sy het tweedegraad-brandwonde oor haar liggaam opgedoen.

Netcare 911 het ʼn beroep op ouers en oppassers gedoen om te alle tye ʼn wakende oog oor kinders te hou wanneer hulle naby water is, hetsy dit badwater, water in ʼn kastrol op ʼn stoof, of swembadwater is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

magda ·

Dit is ‘n bittere seer hierdie vir die dogtertjie, mense KAN NIE klein kinders alleen laat by warm water, ens nie. Hierdie is vir ewig sleg vir die klein dogtertjie, vertrou dat dit tog sal beter gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.