Cullinan-landdros in oprit doodgeskiet

Argieffoto

Die staatsdiensvakbond PSA het Vrydag die oënskynlike huurmoord op ʼn landdros van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, ten sterkste veroordeel.

Landdros Victor Mabunda, wat werksaam was by die Cullinan-landdroshof, is Woensdagaand vier keer in die oprit na sy huis in Bronkhorstspruit geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar. Niks is tydens die voorval gesteel nie.

“Die PSA is ontsteld dat die lewe van ʼn persoon wat verantwoordelik is vir die handhawing van die reg op so ʼn sinnelose manier tot ʼn einde moes kom,” het Ivan Fredericks, PSA se algemene bestuurder, in ʼn verklaring gesê.

“Die vakbond doen ʼn beroep op die polisie om die saak deeglik te ondersoek en die oortreders spoedig aan te keer.”

Die polisie het gesê ʼn ooggetuie het glo gesien hoe ʼn groen Toyota Rav4 van die toneel af wegry. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die moontlikheid of die oënskynlike huurmoord op Mabunda te doen het met een van die sake waarby hy betrokke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

RH ·

Daars net een manier wat die dinge kan verminder of verhoed. Sake word hoeveel keer uitgestel oor simpel dinge of onnodige dinge/redes. Sluit hulle toe TOT die sake deeglik ondersoek is. Ek is seker daarvan na n paar onderhoude sal n mens weet wie wel vir borg kan aansoek doen en wie nie!!! En om landrosse te wissel sodat niemand kan be-invloed word op n spesifieke saak nie. daar moet vergaderinge gehou word en nes n “jury duty” kan die landdrosse die selfde manier dinge doen. n groep is beter as een mens. Gaan die skelms al die landrosse uithaal?? Moontlik maar nie maklik nie. Die wet gee misdadigers TEVEEL regte!! Dit hoort nie so nie!! As jy erge misdade pleeg moet al jou mens regte ontneem word!! Aangesien jy nie soon n mens in die buitelewe kan leef en wees nie, hoort jy geen mens regte te he nie!! Die land is DIEP in oor hul eie simpel reels! Baie sad dat iemand sy lewe moes verloor en dit oor skelms wat hom nie kon “oortuig”(bribe) om watookal te doen vir hulle. Alle simpatie aan die familie.

Lolla ·

Jy is reg, vreeslikke aakligge goed hou aan gebeur, maar geen verbetering of voorsorgmaatreels word in plek gestel nie. Dis asof die vermoeë om iets uit enigge iets te leer, net nie bestaan nie. Kyk net noord en voetter voort.

PJC ·

Ek stem saam RH. Indien landdroste deur ń jurie wat uit lede van die publiek aangewys word, bygestaan word sal dit veiliger vir die betrooke landdros wees. Solank bevoegde lede van die publiek hiervoor aangewys word kan dit werk.

ken van benoni ·

Ek stem saam met RH, misdadigers kry te maklik borg en parool. Misdadigers het geen vrees of respek vir die wette van die land want hulle(misdadigers) het meer regte dan wetsgehoorsame burgers.
Simpatie aan die familie, kollegas en vriende van die oorledene.

Hannes ·

Die landdros in die geval was n distrikshof landdros wat minder ernstige aangeleenthede bereg en borgaansoeke aanhoor. Distrikshof kan n persoon vir hoogstens 3 jaar vonnis. 90 persent is egter boetes of opgeskorte vonnisse. Maak meer sin as dit om persoonlike redes was of deur iemand gereel wat nie borg gekry het nie.

Cherokee ·

Sinvolle en ingeligte kommentaar, Hannes. Dankie daarvoor.

Jacobus ·

Landdroste en Regters en hulle families moet Polisie beskerming kry.

Dit is al manier wat sal voorkom dat misdadigers die oorhand kry.

Ek spekuleer maar die moord kan ook gepleeg geword het om as afskrikmiddel te dien vir ander Landdroste/Regters.

Ons sal nie die rede weet tot hulle die moordenaars gevang het nie, laat ons op hoogte bly van die saak, as ons Landdroste/Regters eers geteiken en geïntimideer word, dan is die begin van die einde van die wetgewende staat naby.

Anoniem ·

Groot Jammerte. Hy was ‘n baie goeie en regverdige landdros gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.