Cullinan-plaasaanval: Een dood, een vas ná kind (6) met geweer gedreig word

André en Linda de Koning. Foto: Verskaf

André en Linda de Koning. Foto: Verskaf

“Ons kan net dankbaar wees dat ons leef. Dinge kon so skeefgeloop het. Toe daardie skote afgaan, het ek net gebid dat die Here my nou moet help.”

Só het André de Koning (66) Donderdag aan Maroela Media vertel nadat hy, sy vrou, Linda (64), en hul drie kleinkinders Woensdagmiddag op hul plaas buite Cullinan deur twee gewapende aanvallers oorval is.

André het gesê hy was omstreeks 15:00 op die plaas besig toe hy ʼn oproep van die huishulp kry wat hy nie betyds kon beantwoord nie. “Dit was eienaardig, want sy bel my nooit. Ek het my vrou gebel en toe sy nie antwoord nie, het ek geweet daar is fout.”

Hy is saam met twee van sy kleinkinders wat by hom was na die huis toe en het sy derde kleinkind, ʼn sesjarige seuntjie, by die hek sien staan. “Hy het my net met sulke groot oë aangekyk en gesê, ‘Oupa, daar is mans met gewere in die huis’,” het André gesê.

Hy het sy kleinkinders opdrag gegee om agter ʼn muur by die swembad weg te kruip en is met sy pistool, wat hy altyd by hom dra, in die huis in. Die oomblik toe hy instap, het een van die aanvallers ʼn skoot in sy rigting afgevuur. André én die aanvallers het agter voorwerpe geskuil en ʼn oor-en-weer-skietery het uitgebreek.

“’n Skoot het een van die aanvallers in die kop getref en die ander een het by die trappe opgehardloop. Ek het hom agternagesit, maar daar was geen patrone oor in my pistool nie. Ek het my haelgeweer op die boonste verdieping gegryp,” het André gesê. Die aanvaller is egter weer met die trappe af en het op die vlug geslaan.

André het vinnig die plaaslike veiligheidsgroep via ʼn WhatsApp-boodskap geaktiveer en daarna die polisie gebel. ʼn Kort rukkie daarna is die aanvaller vasgetrek en in hegtenis geneem. Die ander aanvaller is op die toneel dood verklaar.

Linda moes steke aan haar kop kry nadat die aanvallers haar met hul vuurwapens deur haar gesig geslaan het. Sy het ook erge kneusplekke opgedoen. Sy het later vertel dat sy en hul kleinkind in die huis was toe die aanvallers hulle oorval het. Hulle het die vuurwapen teen die seuntjie se kop gedruk en gedreig om hom te skiet as Linda nie vir hulle die kluis sou oopsluit nie. Sy het onderneem om die kluis se sleutels te oorhandig indien hulle haar kleinseun uit die huis laat gaan en hulle het ingestem. Kort daarna het André by die huis opgedaag.

“Mense moet maar weet, jy moet jouself beskerm. Niemand anders gaan dit doen nie,” het André gesê. “Dit is hoekom ek nooit sonder my vuurwapen is nie. Jy hoor altyd hierdie goed, maar jy dink nooit dat dit met jou kan gebeur nie.”

Hy het gesê hy, Linda en die kinders sal almal vir berading gaan. “Ek kan net vir die Here dankie sê dat ons gespaar is. Dit was ʼn baie traumatiese ervaring, maar op ʼn manier is dit ook goed, omdat dit ons herinner dat ons moet vasklou aan ons geloof. Al gaan dinge sleg, moet ons volhard in ons stryd en op die Here vertrou dat Hy ons sal beskerm.”

Kapt. Sarah Mcira, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê ʼn saak van huisroof en moord word ondersoek. Die verdagte sal Vrydag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Winston ·

Julle was baie braaf en ek bid julle sterkte toe. Goeie skoot gewees op die krimineel. Jammer, wyle krimineel.

Herman de Jager ·

Alle dank aan die Vader dat almal ongedeerd is. Dankie Andre vir die voorbeeld gestel. Ek hoop hy is betyds vir sy ontmoetting met die Satan wat jy vir hom gereel het.

Johnnie ·

Ek is bly daar is nog mense wat deur alles die Here al die eer gee n mens hoor baie min daarvan. Ek dank die Here vir sulke mense, julle is braaf bo alles, sterkte vir julle.

Peet Schabort ·

Jy is volkome reg Johnnie dat God al die eer kry maar met sy vuurwapen by hom (en nie in die kluis) het André ook sy kant gebring. Dit is wat God dan ook van ons verwag. Dan word ‘met my God spring ek oor ‘n muur’ ‘n werklikheid.
Dit was nog maar altyd so dat ons geskiedenis in hierdie land, die Bybel en die vuurwapen (ongelukkig) moet saamloop.

Knersus D ·

Net so Peet. The saying is: “God helps those that help themselves”.

HENNA ·

!! ANC ….. ANC !! voel en doen niks ?? Baie sterkte aan die gesin
wat deur die dinge moes gaan.

Hanli ·

‘n Saak van moord? Teen wie? Teen die boer wat homself en sy gesin teen die boosdoeners beskerm het? Ek kan verstaan dat daar ‘n saak van huisroof en “poging tot moord” teen die verdagte wat gevang is oopgemaak is. Maar ek glo nie die boer kan aanspreeklik gehou word vir die dood van die ander aanvaller nie…?

Paul ·

Dit is roetine om ‘n saak oop te maak.

Dit beteken nie die boer sal skuldig bevind word nie. Dit was duidelik selfverdediging. Die wette en regspraak oor selfverdediging in Suid-Afrika is baie meer aan die goeie ou se kant as aan die booswig se kant.

Jakkie ·

Hanli, wanneer ‘n persoon onnatuurlik sterf moet die saak ondersoek word. In hierdie geval is iemand dood geskiet en outomaties is dit ‘n moord ondersoek. Hoe anders wou jy hê moet die saak afgehandel word.

Trienie Oosthuysen ·

maar ongelukkig weet ons hoe die mense wat met die saak gaan werk se koppe nie werk nie. vir hulle gaan dit weer ‘n rassistiese boer wees wat ‘n onskuldige agtergeblewene wat net kom vra het of die boer hom kan wys hoe die skietding werk sommer sonder rede geskiet het. Op regverdigheid kan jy nie in hierdie verdoemde land staatmaak nie, nie as jou
vel wit is nie.

Annamarie Trollip ·

Ek het ook gedink ek lees verkeerd ?? Die “verdagte” sal in die hof verskyn vir moord. SERIOUSLY ?????

Hennie ·

Dankie tog André dat jy betyds in die huis aangekom het anders het dit dalk ernstige gevolge vir jou familie ingehou. Maar onthou om altyd die skote wat jy afvuur te tel. Dit klink onsinnig maar leer maar om dit te doen sodat jy op die verkeerde voet gevang word nie. Dit gaan om oorlewing.

Genis ·

Ek sien met die tussenverkiesings val die raadslede ook soos vlieë. Caledon wyk oorgeneem deur ANC na DA raadslid se dood. Eshowe oorgeneem deur ANC na IVP raadslid se dood. In Valsbaai en Marble Hall het IVP oorgeneem na ANC raadslede se dood. Die Utrecht, Mt Fletcher, Matatiele en Mbizana wyke het ook hul raadslede aan die dood afgestaan, maar word deur die ANC behou. In Ulundi is die IVP raadslid dood maar die party behou die wyk. Dit smaak my die politiek word nou ‘n gevaarliker beroepskeuse as boerdery of polisiediens.

Betzie van Rensburg ·

Die huishulp wat gebel het , het ook kop gehou .

mariska ·

Ek dink daar kort nog een aanklag nl. POGING TOT MOORD op 3 slagoffers. Hulle het n vuurwapen op die dapper seuntjie gerig. Tannie Linda is aangerant, is dit nie poging tot moord of dan ten minste aanranding met die opsetlike doel om ernstig te beseer nie? Hier kort n paar aanklagtes as ek die saak so kyk. KAN ONS HIERDIE VRAE DALK OPVOLG? Hierdie krimineel gaan te lig afkom en ons gaan dit net weer aanvaar….NIKS hier is aanvaarbaar nie!!

Vickus ·

Sterkte julle, dit moes erg gewees het. Andre jou yster !!!! Linda koop vir Andre n verlengde magasyn vir sy pistool vir kersfees.

CHRISTA ·

PRYS DIE HERE, HULLE IS VEILIG!! André moet ook vir Linda ‘n vuurwapen kry en haar leer hoe om dit te hanteer. Sy moet dit dan ook ALTYD by haar hou, soos hy gedoen het!!

Strydom-:Stryslim eerder ·

Jy ou maat is n held, jy het als goed hanteer….van die kinders tot die kopskoot! Fantasties, n Bells vir jou!

Wilna Boshoff-Strauss ·

Wonderlik. So dankbaar vr en saam met d mense. Mag hulle goed herstel na d skok.
Almal v ons wil so n man, so n oupa he.

Naomi Darby ·

Ons Hemelse Vader gaan deurbreek vir ons omdat daar groot getalle begin saam bid vir ons volk en ons bid dat hofsaak ons Vader se werkende hand van regverdigheid gesien sal word. Ek dink boere moet ook begin geld eis van staat veral waar daar mense omkom as ander wat geweld met klippe brandende bande en wapens se familue 3M kan kry dan moet boere wat werk en ons land van voedsel voorsien geen optogte wreed om lewe gebring dit ook eis. Miskien sal daar meer dinge in plek val om ons mense te beskerm.

pieter ·

Ek bly ook op n plaas jammer jy het nie 2 kopskoote ingekry nie want volgende maand roof die een wat gevang is weer.dit is hoe goed ons wette in die land is.maar mooi gedoen en sterkte vir julle,onthou net ons sal weer opstaan as n folk soos altyd die geskidenis bewys dit ,so lank ons net noit vergeet waar ons krag van daan kom nie.VAN BO VAN ONSE HEMELSE VADER.

Jan Stapskoen ·

Baie bly julle is veilig! En dat jy goed kan skiet, dit het julle lewens gered. Oorweeg ‘n spaar pistool magasyn op die ander sy.

Guillaume Jordaar ·

Ek is bly die hand van die Here was oor julle. Hier in Boksburg probeer ons ook deur groeps beveiliging ons self te beskerm maar ons kry teestand van ons Boksburg SAPs tak. ,n Ene. Mnr Herman van die SAPs BB noord tak staan ons tee. Hy kom ook nie vergaderings na wat hy self reel sodat die die saak bespreek kan word. Bly om te hoor dinge werk mooi en daar is samewerking by julle. Sterkte ons bid vir al die boere.

Charlene Botha ·

Ek stem saam met julle almal, help jouself en God sal by jou staan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.