Curriebeker bly in Pretoria!

Harold Vorster het die Bulle se eerste drie gedruk. Foto: GB Jordaan.

Bel maar solank ’n nutsman om die Curriebeker permanent op Loftus Versfeld staan te maak; dit lyk nie of hy binnekort iewers anders heen gaan nie.

Die Bulle het vandag die Haaie met 44-10 verrinneweer (hierdie week mag ’n mens beslis daardie woord gebruik) om vir die tweede agtereenvolgende keer met die silwerware weg te stap.

Butch James het vanuit die kommentatorshokkie gesê dat dit die Pretorianers se beste vertoning hierdie seisoen was, en hulle het inderdaad nie vir die stomme Durbaniete toegelaat om êrens ’n vastrapplek op Loftus se groen gras te kry nie.

Die Haaie het die meeste balbesit in die eerste 25 minute se spel geniet, maar hulle kon hoegenaamd nie die telbord aan die gang kry nie. Daarteenoor het Harold Vorster en Lionel Mapoe se drieë gesorg dat die momentum aan die tuisspan se kant was, terwyl Chris Smith se skopvoet die Haaie gestraf het.

So van Smith gepraat, baie het gewonder of hy Johan Goosen se skoene sal kan volstaan. Nou ja, hy het weliswaar skeef met sy eerste stelskop van die wedstryd gekorrel, maar daarna het hy ’n amper foutlose vertoning gelewer.

Is hy op die regte pad om sy naam in ere ná die tragedie van Treviso te herstel? Ongetwyfeld.

Lionel Mapoe op pad na die doellyn. Foto: GB Jordaan.

Danksy volgehoue druk deur Janko Swanepoel en kie het die Haaie se lynstane later in ’n nagmerrie ontaard, terwyl Elrigh Louw oudergewoonte ’n barshou gespeel het.

Die 21-jarige losvoorspeler speel met vuur en passie en hy is sy gewig in goud werd. Saam met Marcell Coetzee en Arno Botha vorm hulle ’n gedugte lostrio wat vir niemand terugstaan nie – selfs ook in Europa.

Die gewilde Cornal Hendricks het welverdiend die Bulle se laaste drie gedruk – ses drieë in ’n Curriebeker-eindstryd (eintlik in enige eindstryd) is glad nie te versmaai nie.

Wie is tans die beste span in Suid-Afrika? Hou maar vir eers by die Blou.

  • Puntemakers:

Blou Bulle: Drieë Harold Vorster, Lionel Mapoe, Marcell Coetzee, Janko Swanepoel, Zak Burger en Cornal Hendricks. Doelskoppe: Chris Smith (4). Strafskoppe: Smith (2).

Haaie: Drie: Thomas du Toit. Doelskop: Curwin Bosch. Strafskop: Bosch.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

SjN ·

Maak die Bulle almal Bokke, piesang boere se ore het gebrand, knap gedaan Jake en span.

LekkerOuJan ·

Ag nee die bulle het droog gemaak… Hoekom het die Sharks 10 punte gekry? :-)

MakersMark ·

Amper was die sharks “ge murrayfield”…..en hul was gelukkig om 10 te kry.

N ·

Dis waar. Die ander spanne bly stil, want hulle maak n positiewe bydrae tot die springbok span later vandag.

MakersMark ·

Alweer suur druiwe…….vat tog die pak in ‘n sportiewe gees.

N ·

MakersMark. Ek vat nederig die pak, my span was wel nie eers in die finaal nie. Maar soos jy sê, vat dit in n sportiewe gees. Geniet julle wen gisteraand. Maar dink maar net aan die Bulle se bydrae as die bokke speel. 1 gewese WP speler (Duane) in begin span, en van Staden op die bank, wat inelkgeval onder Marcell Coetzee sou speel gisteraand.

MakersMark ·

Die bulle se 2 de curriebeker wen in ‘n ry het niks uit te waai met die bokke nie. Ek ondersteun die bokke maak nie saak watter provinsie speler in die groen en goud speel nie. Om te insinueer die ander provinsie maak “groter bydraes” as die bulle tot die bokspan is die ou kolonie ondersteuner storie dat hul nie die finale maak nie want al hul spelers is by die bokke. Die bulle sou gisteraand enige ander unie geklop het met of sonder hul bokke.

MakersMark ·

Sluit maar die af. Die telbord sê als. Kolonie se ondersteuners die swakste verloorders in wêreld rugby. Al het hul in die semi’ s verloor is hul nog steeds jaloers op die wenspan in die finaal.

Darts girl ·

Mooi so bulle, ek weet dat my swaer van daarbo af gekyk het en gecelebrate het toe jul gewen het. Ons is trots op julle, goeie game gewees

Snowball ·

Is ‘n Leeu -ondersteuner in hart en niere, maar moet die Bulle gelukwens – knap gedaan. Harold Vorster, herinner mens so ‘n bietjie aan Henry Honiball of Jaque Fourie – ek hoop hy kry daai groen trui, SA rugby moet hom nie miskyk nie.

MakersMark ·

Hoe lekker was dit nie ! En met ‘n rekord punteverskil vir Currie beker finale. Laas week eers die WP verinneweer en gister die Sharks verpletter. Dis die 22 ste Bulle oorwinning sonder ‘n verloor op Loftus. Bulle se verdediging was dodelik, en hoe later hoe kwater in die vaste fases. En die agterlyn het baljaar. Die span laat my dink aan Bakkies, Victor, Pierre, Wynand en Bryan van jare terug. Domineer voor en hardloop die opposisie stukkend agter. En nog een vir die reeds oorvol trofeekas op Fort Loftus. Nou die blou!!

N ·

MakersMark het jou al ooit rugby kommentaar gelewer sonder die woord WP in? Lyk my ons het n ‘secret admirer’

MakersMark ·

Die bulle het hul verinneweer in die semi finaal ? Is die herhinnering te pynlik om te erken ?

MakersMark ·

Self die artikel verwys na verinneweer. Laat my dink aan die semi finaal op Loftus laas week.

N ·

Jy’s 100% reg. Bulle het Wp verneder, verinneweer en wat ookal jy dit wil noem. Moelik as grootste gedeelte van hulle span vir die bokke speel

N ·

Briljante rugby deur die Bulle. Baie geluk. Beslis n paar springbok gehalte spelers in die groep. Bulle stel n goeie voorbeeld, wens hulle ondersteuns kon dit ook sê.

007 ·

Wonder net hoeveel van die spelers gister op die veld is van ander provinsies af. Geld praat en die res moet stilbly.

MakersMark ·

En reg so. Bulle kan koop agv goeie borge uitstekende bestuur en afrigting en spelers wil daar speel hul het ‘n wen kultuur. Maar jy vergeet die Sharks word geborg deur RocNation, so geen tekort aan geld om te koop nie. Aanvaar rugby is ‘n professionele sport. Unies sal spelers koop nes oorsese spanne in Europa en Japan. Maar geld en vermoë om te koop is nie die enigste wen faktor nie soos ons gister gesien het.

N ·

Antwoord,uit die 10 agterspelers in die span (7 begin en 3 op bank) is net 2 van die bulle af. (15. Kriel en 21.Johannes)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.