Curro aan Lesufi: “Ons gaan nie betaal”

Panyaza Lesufi saam met een van die top-presteerders in Gauteng. (Foto: Verskaf)

Die private onderwysinstansie Curro het Woensdag ferm gereageer op ʼn stelling deur Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, dat leerders wat uit nood in dié skole geplaas word, nie Curro se skoolgeld hoef te betaal nie.

Lesufi het in ʼn radio-onderhoud met Talk Radio 702 Dinsdag gesê sy departement het ʼn ooreenkoms met Curro dat leerders wat nie plek gekry het in openbare skole in Gauteng nie, in sekere Curro-skole geplaas sal word.

“Die hoof van die Gautengse departement van onderwys is tans besig met ʼn oudit om te bepaal waar daar plek is in Curro se klasse om hierdie leerders in te neem. Maar hierdie leerders sal nie Curro se duur skoolgeld hoef te betaal nie. Hulle sal betaal presies wat hulle sou by die openbare skool waarvoor hulle aansoek gedoen het.”

Lesufi het veral verwys na leerders wat aanvanklik plek gekry het in ʼn skool, maar later die plek verbeur het omdat die betrokke skool meer druipelinge gehad het as wat hulle voorsien het, of omdat die betrokke skool nie bykomende spasie beskikbaar kon stel nie. Dit is onseker hoeveel leerders só hul plek verbeur het.

Toe die radio-omroeper Lesufi vra of sy departement dan nou die koste gaan dra vir dié leerders wat by Curro skoolgaan, het Lesufi geantwoord: “Nee, ons sê nie die departement gaan vir hulle betaal nie. Ons sê as hulle R5 000 aan skoolfonds sou betaal by die skool waar hulle aanvanklik aansoek gedoen het, sal hulle nou R5 000 by Curro betaal, al is Curro se skoolfonds duurder.”

Maar Curro het dié siening intussen in ʼn verklaring weerlê. “Ons kan bevestig dat ons deur die Gautengse departement van onderwys genader is om te help om enkele leerders te plaas wat nie plek in ʼn skool gekry het nie en het wel ingestem om die departement te help. Die besonderhede rakende hoe ons bystand sal bied, is egter nog nie gefinaliseer nie,” lui die verklaring.

“Ons kan wel bevestig dat skoolgeld steeds sal strook met ons sakemodel, en nie gelyk sal wees aan dié van ʼn openbare skool nie.” Luidens die verklaring sal net sekere skole leerders uit die openbare sektor aanvaar en die inname van leerders sal steeds onderhewig wees aan Curro se interne kriteria.

Curro het bygevoeg private instansies het ʼn belangrike rol om te speel om die nasionale onderwysstelsel te ondersteun.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Johan ·

Dear Mr Lesufi – what if there werent a ” Curro” ? No “baba” go back to the drawing board!

Rosa ·

Die ouers by Curro moet dan ook maar aandring om die verlaagte pryde te betaal dan word Curro n staatsskool.

Rudi ·

Hierdie is n fyn uit gewerkte plan wat georkestreer word deur Lesufi, om Curro ook te kaap. Indien Curro se direksie hiervoor val, gaan hulle lang trane stort vorentoe. Die ouers gaan defnitief nie daai hoê skoolfonds betaal nie. Selfs al stem die ouers aanvanklik in om dit te betaal, wat gaan gebeur indien die leerders net n maand of 2 skoolfonds betaal en dan versuim. Hoe gaan die skool van die kinders ontslae raak sonder om soos die skurk te lyk nie. Dit sal Lesufi in staat stel om hulle te dreig om hulle akreditasie te laat verloor en selfs hulle lisensie in gedrang bring.

LHS ·

Dink nie hy sal self iets kan regkry op die drawing bord nie, miskien kan skoonmaak maar niks verder nie.

Hansie slim ·

Wat sal die man nog kwytraak!!!

As die leerders nie die tarief betaal nie, dan hoef die res ook nie so duur te betaal nie…dan kan Curro maar toemaar!!

daniel ·

Lesufi dink tipies soos n kommunis, wat geen private inisiatief respekteer nie. Hy wil alle stole afdruk tot by die belaglike vlak van staats skole8.

Bert ·

Net so keelvol.
Het nou net al my curo aandele verkoop, hoe kry hulle dit in hul koppe om by so iets betrokke te raak?
Hulle sè basies ‘ hier is vir julle ‘n voet in die deur, kom kaap ons privaat instelling om dit ook op te foeter’

Se maar net ·

Curro…. julle wou net help… ons weet…… maar hierdie hulp gaan jul jog baie kopsere gee…… eish nee!!

Cherokee ·

Jou sê maar net het ‘n wanklank.
Curro is klaarblyklik gedwing om toe te gee.

Cornelis Rautenbach ·

In plaas van om voordeel uit die gebaar van hulp aan die Gauteng regering te trek, het Curro hier vir hulle ‘n groot lat gepluk. Lesufi het geen respek vir die privaatsektor nie, en verstaan ook nie hoe ‘n begroting werk nie. Curro is nou blootgestel aan sy giere, en ek sal nie verbaas wees as by binnekort Curro van rasisme beskuldig nie. Hou hierdie spasie dop.

John ·

AfriForum en al die dromers van ‘n nuwe nuwe SA kyk en leer.

Dolf ·

Net soos Piet Retief sal ons nooit leer nie. Ons bou en gee dan weg.

Yolandi ·

Ek Sal graag net aan die mnr lefusi Wil vra :
Waar is jou kinders in die skool? Indien hulle in n privaat skool is hoekom Dan so?
Selfde met medies al hierdie hoofkoppe ( mnr die president en sy trawante) moet tog asb van hulle discovery medies afklim en bietjie ook in rye gaan sit by stats hospitale

Marius ·

Nee wat Lesufi. Bou eerder die skole wat jy al ‘n paar jaar terug al moes gebou het, dan hoef ouers nie meer as R5000 te betaal nie. Om Curro te nader is om te erken jy het gefaal in jou werk.

Susan vl ·

Dan hoef niemand meer te betaal… hoe anders dan nou…een lot bt en ander lot nie.
Dus betaal niemand meer nie..

BJ ·

Kommunisme werk stadig. Alle skole moet staat beheer word. Tog moet Curro weet van “meng jou met die semels”?

Mel ·

Hehehehe sit hulle in die cvo dan kan hulle die ware geskiedenis leer.

Martin ·

Uiters vermetel!!
Tipies van die regering om nie vooruit te beplan nie. Dis eenvoudig net nie hoe hulle dink nie of dalk nie kán dink nie.
Ons bevolking groei buite beheer en teen ñ skrikwekkende tempo. Dit het nie oornag gebeur nie. Wasrom is daar steeds te min skole?
Mnr Lesufi, trek jou sokkies op en begin beplan.

Feite ·

“Meng jou met die semels”, “As hy eers sy voet in die deur het”, “Gee hom die pinkie en hy gryp jou arm”. Curro wou graag net help, maar nou gaan Curro moet taai raak en baie sterk staan, want hier kom n uitmergelende stryd. Lesufi gaan Curro soos n olifant eet, stukkie vir stukkie!

Thinus ·

Daar is geen einde aan die pateet se onnoselheid nie. For free, for free… Hoop Curro staan by hulle standpunt.

se maar net ·

Jmr wat hulle wel nie hier noem ie is dat Curro alklaar gedreig en af hepers was dit is hoekom hulle toe gegee het.
My seun betaal ten duurste vir my kleinkind in Curro nou mag n ander sommer verniet skool gaan by Curro? Maroela gaan bietjie meer in die storie asb

Magda ·

How this guy get in that position – o forget – ANC (ALL NATIONAL CRIMINALS)

skurweberg ·

Enige poging sal aangewend word om aan bewind te bly. Presies wat hulle al die jare met die Afrikaanse Onderwysvakbond gedoen het. Moet asb nie dat hy julle verder misbruik nie.

pan ·

Wat n doffels,hoe wil hy wat verleë is nog so arrogant wees om te wil dikteer hoeveel sy departement gaan betaal.

Jannie van Niekerk ·

Al is Curro ‘n skool, bly dit dit ‘n besigheid wat wins moet maak. Dis nie ‘n liefdadigheidsorganisasie vir ‘n onbekwame ANC witmenshater soos Lesufi nie.
Deur na Curro toe te hardloop erken hy maar net hoe onbekwaam hy is om die onderwys portefulje te hanteer. Hy wil seker nou ook aandele in Curro he….

Tienie ·

Ek sien gisteraand op tv….

Twee uit elke 100 Gr i’s kan n moontlike Graad verwerf.

Wat sal ek gee om te weet wat dit was VOOR 1994.

SIOUX ·

Sjoe, dit is baie lekker.
Jou kind gaan privaatskool toe vir n staats skool prys.

Jaco ·

Ek dink nie Curro is so onskuldig, hulle het gratis publisiteit gesien maar nou die praktiese implikasies besef, iemand moet betaal en die ouers gaan dit nie kan bekostig. Die goedkoopste curro by ons is R4000 n maand met 35 kinders in die klas

se net ·

Curro, jul maak die grootste fout wat jul kan maak.
Bedrog en skuld gaan nou jul voorland wees.
Moet nie die staat vertrou nie, want hul vat en betaal nooit.

Loeloe ·

Wat hier gebeur gaan nog met privaat hospitale en privaat dokters gebeur. Die staat kaap als.

wonder ·

Ek werk hard om alles te betaal, kon beslis nie bekostig om my kind na Curro te stuur nie. Sy is slim en moes maar tevrede wees waar ek kan bekostig. Ek voel hul kan help, maar dan moet die leerder n presteerder wees. Ek praat van n gemiddelde onderskeiding. Dan moet dit vir alle kleure van beatypienk tot pikgietswart tot melkwit en goudgeel mense geld.

jennefer ·

Cosas eis dat daar nie meer IEB skole moet wees nie. Privaat skole is oppad uit.

Ema ·

Dit is n slinkse plan. As die kinders eers in die skole is kan Curro hulle nie uitskop nie. Ek wag vir die sirkus. Dit gaan interessant wees. Squatters taking over Curro.

Belinda ·

Weet Lesufi nie wat beteken “privaat skool” nie? Dis nie joune of die regering sin nie, so moenie jou anc mentaliteit hier uithaal nie!

Sonja ·

More daag EFF daarop met n taxi vol kinders. Plaas hulle 20jaar terug begin het om meer skole te bou. Kyk wat gebeur deesdae – ontwikkelaars vat n stuk grond bou 200 eenhede daarop en gemiddeld 2 kinders – nou skielik is daar dalk so 300 meer kinders en daardie kinders moet in skole geplaas word, want dit is meeste gevalle jong ouers wat van hulle township nou stad toe kom en werk kry trou en kinders kry en daar is nie skole nie??? Hier is net geen beplanning nie.

Allan ·

Hierdie regering is nou baie vinnig besig om hierdie land in die grond in te bestuur.Ons voorheen alleen belastingpligtiges moet besef NIKS sal of gaan ooit weer wees soos dit waaraan ons gewoond was nie.Die tempo van agteruitgang gaan nou net eksponensieel toeneem.Watch this space next year and wheap!!!!Ons is gedoem in hierdie land!!

Willie ·

Lesufi- please stop high jacking and build some schools… do you have no pride, I think it step down, you are just promoting racism?

Kobus ·

Maar natuurlik gaan hy nie betaal nie. Wil mos alles verniet hê.

Stiks ·

En Rahmaposa laat hierdie man net toe om voort te gaan met sy onsinnighede!

Hoekom? ·

Nou hoekom sal Curro ja sê vir so aanbod! As die ouers hul skoolfonds kon betaal sou hul in die eerste plek hul kinders daar ingeskryf het. Dink Curro hul sal enige iets by die staat kry?

Vra maar net ·

Hoekom het Curro aanvanklik ingestem tot hierdie reëling.

Uli ·

Lesufi en sy kollektiewe vennote het nog absoluut niks bereik nie. Kyk net na die verskeie instansies in wat se benarde die verskeie semi staats en staats praktyke ens tans in verkeer.
Omdat ons “boere” sake in eie hande neem, Curo, Solidariteit, Afriforum, hospitale, ens,, nou wil HULLE oorneem en ook opvoetter?? Geen enkele instansie wat deur HULLE bestuur word loop vlaterloos nie. Alles draai om selfverreiking…… die gemiddelde werkersklas is steeds waar hulle was en sal ook nie verander nie….

Tans ·

Ons Curro ouers betaal juis sulke duur skoolfonds sodat ons kinders gehalte onderwys kan kry, klein klassies, ekstra aandag en baie dissipline. As Curro nou skielik die staat gaan help, gaan die klasse mos aansienlik voller raak en gaan ons as ouers ook “afslag” verwag en gaan die kwaliteit van die skool verseker verswak. As jy jou kind in ‘n privaat skool sit, moet jy die privaat tariewe betaal!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.