Curro-rasseherrie: ‘Kinders is kleurblind’

Argieffoto

Argieffoto

Ouers wie se kinders glo volgens ras in klasse ingedeel is by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria, het Maandag gesê hul kinders is nie rasbewus nie.

“My kind ken nie kleur nie,” het Ntombi Khumalo gesê. “Ek wil hê dit moet so bly. Hy moet kinders net as kinders sien.” Volgens Khumalo het haar seun, wat in gr. 1 is, nie vir haar gesê daar is net swart leerlinge in sy klas nie. Sy het van ander ouers uitgevind kinders word glo volgens ras in klasse ingedeel.

“Dit was nie altyd so nie,” het Khumalo gesê. Sy het twee kinders in die skool. “Toe my kind verlede jaar in gr. R was, was die kinders geïntegreer.”

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Maandag die skool besoek. “Privaatskole is nie immuun teen die wette van die land nie. Van môre af sal daar teen geen kind gediskrimineer word op grond van hul velkleur nie.”

Lesufi het namens die skool om verskoning gevra. “Die skool aanvaar ten volle dat hulle ʼn fout gemaak het en hulle sal dit regstel.”

Lesufi het intussen aangekondig dat daar talle veranderings by die skool gedoen sal word, waaronder die instel van Afrikatale as ʼn vak. Die skool, wat tans glo net wit onderwysers het, sal ook swart onderwysers kry.

Die Curro-privaatskoolgroep het vroeër bewerings van rassesegregasie ontken en gesê hul leerlinge woon geïntegreerde klaskamers by. Dr. Chris van der Merwe, Curro se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê Curro het nagenoeg 36 000 leerlinge in hul 42 skole en dat 63% van die leerlinge swart is.

André Pollard, streeksbestuurder van Curro Holdings, het ook ontken dat die skool leerlinge skei op grond van hul ras. “Dit is nie omdat ons die wittes wil skei nie, dit gaan oor vriendskappe. Kinders kan vriende maak met kinders van hul kultuur,” het hy aan EWN gesê. Pollard het gesê die aantal wit leerlinge by die skool is baie min en daarom probeer die skool om hulle saam te plaas.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Esther Coetzee ·

‘Much ado about nothing’ Daar is baie groter probleme in die land waarmee die owerhede hulle kan besig hou

jakoos ·

Dis waar dat kinders “kleurblind” is – tot op ‘n ouderdom waar hulle begin leer wie wat en hoe mense is. Nou nie almal nie – daarom die enkele gemengde huwelike wat selde hou – maar gelukkig nog die meeste. As dit nie daarvoor was nie, was almal in die land lankal swart. Maar nou sal dit nog so ‘n 100 jaar of wat vat voordat dit gebeur.

Hennie Botha ·

Hier van sestien jarige ouderdom kom die kinders agter dat hul nie dieselfde kultuur deel nie. Ek ondervind dat hul in alle skoolaktiwiteite deel, maar in privaatheid word segregasie deur hul verkies.

CHRISTA CONTINO ·

Gaan die kinders wat saam met Afrikaanssprekende kinders ingedeel word ook in Afrikaans onderrig word of gaan die Afrikaanssprekende kinders die reg ontse word om in hul moedertaal onderrig te word?

david ras ·

Iemand het onlangs geskryf dat as ‘n Europeer in Afrika kom, kla hy nie oor Rassediskriminasie nie, maar as ;n Swart mens in Europa kom. is rassisme die eerste ding waaroor hy kla.
Kyk maar wie was die klaers in hierdie skool !

Anoniem ·

As die regering maar so heftig reageer as boeke nie afgelewer word nie, onderwysers slaplê, kleuters in put-toilette dood gaan en in doods-taxis moet reis om by die skole te kom, sou ek hierdie meer ernstig kon opneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.