Curro sê jammer oor omstrede kunswerke

‘n Skermskoot uit die video waarin Andrew Anderson, pastoor en ouer, sy skok oor die kunswerke uitspreek.

Curro het in ʼn omsendbrief aan ouers om verskoning gevra vir die omstrede kunswerke van ʼn matriekleerder aan die Grantleigh private skool in Richardsbaai in KwaZulu-Natal. Dié kunswerke het vandeesweek ʼn herrie op sosiale media ontketen en ouers in rep en roer gelaat. Grantleigh is deel van die Curro-groep.

“Curro bied ʼn onvoorwaardelike verskoning aan al die lede van die gemeenskap wat deur die betrokke kunswerke geraak en beledig is,” sê Andries Greyling, uitvoerende hoof van Curro, in die brief wat Woensdagmiddag uitgestuur is.

Greyling sê in die brief Curro het ná afloop van ʼn interne ondersoek vasgestel dat die leiding aan die leerder gedurende die skep van die kunswerke nié altyd aandag gegee het aan die onderliggende kwessies en potensiële implikasies wat die skep van só ʼn omstrede visuele kunswerk gaan ontlok nie.

Volgens Greyling moet daar wel besef word dat kuns subjektief en oop vir interpretasie is en dat kuns mense aanmoedig om hul opinie, vír of téén die kunswerk, te lug.

“Dit is dus belangrik om kennis te neem dat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) bevestig het dat ʼn onafhanklike eksaminator reeds die uitstalling ondersoek het en bevind het dat dit in alle opsigte aan die eksamenopdrag en die akademiese standaarde van die IEB voldoen. [Die eksaminator] het dit nie as problematies by die IEB aangemeld nie.”

Greyling sê verder in die brief dat Curro en Grantleigh van die geleentheid gebruik wil maak om te bevestig dat die skool hom met die Grondwet belyn. Dit sluit in dat die skool individue se vryheid van geloof, ras en geslagsoriëntasie respekteer.

Maroela Media het vroeër berig ʼn ontstoke ouer, past. Andrew Anderson, het die kunswerke wat tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling uitgestal is vroeër vandeesweek op video vasgevang en op sosiale media gedeel.

Anderson het intussen die video van sosiale media verwyder en ʼn tweede video Woensdagmiddag geplaas waarin hy bevestig dat die kwessie tussen alle partye opgelos en afgehandel is. Dié video is egter intussen ook van sosiale media verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

163 Kommentare

jongste oudste gewildste
koos

Moenie die ouers verskoning vra nie, vra eerder God vir Sy se vergifnes.

Waarheid

Skade is klaar gedoen en julle nalatenskap daarmee heen.
Onherstelbare skade.

Opinie

Dit is een ding om jou vryheid van geloof uit te oefen, maar dit is iets heel anders om jou vryheid te gebruik om ‘n ander een se geloof af te kraak en ‘n bespotting van te maak.

Vryheid van geloof betken om JOU geloof vrylik te beoefen, maar om Jesus te bespot, is NIE ‘n geloof nie. Dis pure disrespekvol teenoor ander se geloof…

Jaco

Dit is mos altyd die maklike antwoord. Die grondwet laat dit toe, maar almal weet die grondwet beskerm lankal nie meer die Christen nie.

A

Ek wonder net oor die leerder. Die kind wat sulke tekening gemaak het. Hoe pas dit in by ‘n “Christelike” skool? Wat gaan in daardie kind se kop aan dat hy/sy voel hy/sy is geregtig om die spot te dryf met die Almagtige God? Hoe lyk dit by daardie kind se huis? Vir my voel dit net nie lekker nie. Daar is geen respek vir niemand oor in hierdie land nie. Maar ek dink hierdie het die lyn oortree. Ek hoop regtig hierdie kind kan bekeer word.