Curro-skool: ‘Daar was rassesegregasie’

Curro Roodeplaat. Foto: Curro.co.za

Curro Roodeplaat. Foto: Curro.co.za

Die Gautengse departement van onderwys het gesê ʼn ondersoek het bevind daar was rassesegregasie by die Curro Roodeplaat Privaatskool in Pretoria.

“Die ondersoek het die bewerings van rassesegregasie bevestig. Dit is bevestig deur Curro se bestuur en hulle erken dit was die resultaat van druk deur sekere wit ouers,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

Lesufi het gesê die ondersoek is gedoen nadat ouers van sekere gr. R-leerders ’n petisie saamgestel het. Lesufi het gesê die praktyk deur Curro is onaanvaarbaar en onwettig. “Dit is diskriminerend en strydend met die bepalings van artikel 9 van die Grondwet. Die skool het opgetree in ’n wyse wat diskriminerend was deur segregasie toe te pas en het sodoende artikel 7 van die Wet op Gelykheid oortree.”

Volgens Lesufi het die skool erken dat dit verkeerd was om segregasie toe te pas en wel vinnig opgetree om leerders van minderheidsrasgroepe by die drie Engelse gr. R-klasse in te deel. Die departement het voorgestel dat die skool se bestuur en onderwysers jaarliks opleiding in diversiteit ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eugene ·

Ek verstaan dit glad nie – hoekom kan die minderheid nie groepeer volgens hulle kultuur waarvoor hulle lief is en wat vir niemand ‘n bedreiging is nie?

scalla ·

rassesegregasie, wat se mooi word is dit, kan jul asb verduidelik aangesien ek n meer gepaste woord vir dit het?

chris ·

scalla.
Hoekom verduidelik as jy ‘n meer gepaste woord het, behoort jy mos die betekenis te ken?Wat is jou meer gepaste woord?
Dalk verstaan ek jou verkeerd.

scalla ·

Chris, gaan google die woord en jy sal lees dit bestaan sedert 1658 in sendingonderwys met die koloniste kinders.
my gepaste woord kan ek nie hier se nie aangesien dit baie f,p en k letters bevat

pop ·

Verduidelik dit mooi vir tannie pop. As ek n privaatskool oopmaak, dan kan ek nog steeds nie besluit wie ek daar gaan toelaat of wie nie???Is dit reg??? Ek verstaan ook nie hoe werk sekere nasies se koppe nie. Sal n wit ouer nou sy kind gaan inskryf in n skool waar net swart kinders is. NEE. Nou hoekom wil hulle dit met hulle kinders doen. Dis nie goed vir die kind nie, onder andere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.