Curro-voorval: ‘Rasbehepte politici moet nie kinders misbruik’

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

AfriForum Jeug het die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi en ander politici en politieke partye daarvan beskuldig dat hulle onskuldige kinders misbruik om hul eie rasbehepte agenda te pas.

Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het die beskuldiging gemaak na aanleiding van politici wat ʼn skooluitstappie van die Curro-skool in Roodeplaat wat in klasverband plaasgevind het, as rassisme voorgehou het.

Maroela Media het Donderdag berig dat Lesufi die Curro Roodeplaat Privaatskool in Kameeldrift, noord van Pretoria, besoek het nadat nuwe aantygings van rassesegregasie by die skool aan die lig gekom het.

ʼn Video is op Facebook gelaai wat wys hoe groepe kinders, skynbaar volgens ras geskei, uit twee skoolbusse klim. John Bissett, uitvoerende hoof van Curro, het gesê die Engelssprekende en Afrikaanssprekende klasse is met verskillende busse vervoer. Hy het gesê Curro is ʼn dubbelmediumskool en dat dit leerders se keuse is om onderrig in Afrikaans of Engels te ontvang.

Volgens Maree is Lesufi daarvoor bekend dat hy valse aanklagte van rassisme stook in ʼn poging om Afrikaans as onderrigtaal te ondermyn. “Om ʼn Afrikaanse klas wat in klasverband vervoer word, valslik as rasseskeiding te probeer voorhou, is verregaande,” het Maree gesê.

Maree het gesê die bohaai oor die Curro-voorval is aanduidend van die dubbelle standaarde oor rassisme in die land. “Die rasbehepte politici swyg oor die staat se rasbeheptheid en rassisme teen wittes, terwyl ʼn onskuldige skooluitstappie in klasverband valslik tot ʼn nasionale rasse-voorval verhef word.”

Volgens Maree swyg Lesufi gerieflikheidsonthalwe oor die feit dat daar in die sogenaamde “swart bus” ook wit Engelssprekende leerders was.

Klik hier om die video te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anne ·

Dit is nie nodig om met ander ras groepe te meng as jy nie wil nie, wat is fout daarmee indien jy verkies om in jou eie mense se teenwoordigheid en geselskap te wees.

Louis van Niekerk ·

Die grondwet gee my die reg om te assosieer met wie ek wil

Peet Schabort ·

Ek is onbewus wie Lesufi is.
Ek weet wel wie Lucifer is, hy is mos die een wat jou bystaan met moeilikheid maak.

Theresa ·

Ek stem saam met Afriforum Jeug. Dit is presies wat hulle doen. Hulle sal alles swaai en manupileer om hul voet in die deur te kry asook hul sin. Hulle redeneer nou soos ‘n pazzer! Hulle hoor nie wat ander mense sê nie en steek vas soos donkies. En hulle sal aanhou en aanhou. Te min werk om hulle besig te hou deur die dag. Dis lekkerder om %$#&^ uit te dink en in die koerante en op TV te verskyn.

Anita du Raan ·

Stem saam, is dit regtig so erg dat die kinders in verskillende busse ry. Die kinders is nie gepla, hoekom hou die ouers aan hammer op rassisme?

Rooiman ·

Die regering se BEE, TERRegstellende aksie, allerhande Black Forums, noem maar op, is alles blatante rassisme wat “Segregasie” (verdeling) veroorsaak. Dit kom van die regering af, so hoekom tjank die libdiote nou as ander dit ook doen? Die cANCer-regering hou rassisme sterk en lewendig en hulle beleide en wette wys dit duidelik.

Tommie ·

Rooiman, ek stem saam. Die president en die anc kweek rassisme en veroorsaak doelbewuste divisie tussen die wit en swart ras. Rassisme is slegs geldig teen die wit ras. Die swart ras kan diskrimineer teen die wit ras dan is dit geregverdig. BEE en regstellende aksie beleid bevestig dit.

MARTIN ·

Was die mense nie op skool nie. Verkeer hulle nie sosiaal nie. Dit is dood normaal. Al wat ek sien is ‘n klompie gelukkige kinders wat uitsien na hulle skool uitstappie. Ek wonder of die persoon wat die video gemaak het later in die dag wanneer die uitstappie goed op dreef , en die kinders wel begin integreer, ook vir ons ‘n video gemaak het. Dit sal nooit anders wees nie.

ilse smith ·

Op uitstappies bly ‘n leerling in klasverband , vergesel deur die klasonderwyser wat sy/haar leerlinge ken, noodnommers byderhand het en toesien dat alles ordelik verloop en niemand afdwaal nie. Vanselfsprekend sal taalgroepe geskei wees, afhangende van in watter taal ‘n leerling onderrig word en in watter klas hy/sy is. Dit het niks met ras te doen nie.

Narike ·

Ek het die video gekyk en is dit nie dalk dalt die afrikaans sprekende kinders in een bus gery het nie en die engels sprekende kinders in ‘n ander bus gery het nie? Dit is ‘n dubbel medium skool, so die taal onderskei die klasse. Kyk goed na die video, dit lyk wel of daar ‘n wit kind uit die ander bus uit klim. As maroela net die “blurr” op die video uithaal, kan almal die regte stand van die probleem sien. Lesufi het nie dalk die persoon betaal om daar te gaan sit en ‘n video te neem nie?

m ·

Kyk op news 24, wat sê ons vriend Panyaza Lesufi
(Gauteng Education MEC)

Wilma ·

Dit is so hartseer dat daar absoluut fout gesoek word. Mens voel magteloos. Ek wat self in die onderwys staan het na die video gekyk, nog voor die ‘waarheid’ uitgekom het en vir my man gese ek weet presies wat daar gebeur het, dis Engelse klasse en Afrikaanse klasse soos in parallel of dubbelmedium skole en vanselfsprekend sal die blanke Afrikaanse en die Engelse kinders in verskillende klasse wees!!! Lesufi en die res van die klipgooiers het eintlik hul naam spreekwoordelik met ‘n plank geslaan met die boehaai…regtig mense???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.