‘Curro-skool bewys van nog politieke boewery’

Panyaza Lesufi (middel). Foto: Twitter

Panyaza Lesufi (middel). Foto: Twitter

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se minagting van die Grondwet en sy boelie-agtige intimidasie van Afrikaanse skole kan nie langer geduld word nie, het die Vryheidsfront Plus gesê.

“Dit het tyd geraak dat hy uit sy pos verwyder word,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, gesê. “Net soos die ANC-regering die land se Grondwet minag, so steur Lesufi, hom ook nie aan die Grondwet, amptelike prosedures of administratiewe geregtigheid nie en is hy besig om Afrikaanse skole in die provinsie op ʼn onwettige en onaanvaarbare wyse te intimideer.”

Volgens adv. Alberts is dit skreiend dat Lesufi die Curro Roodeplaat Privaatskool nou dreig met ʼn ‘laaste kans’ voor sluiting oor ʼn voorval wat volgens swart ouers self niks met rassisme te make gehad het nie.

“Lesufi behoort te weet dat hy self ook onderhewig is aan die reg en prosedures en dat hy die skool ʼn geleentheid moes gee om sy saak te stel voordat hy ʼn besluit kon neem. Dit is eerder Lesufi self wat moet besef dat sy kanse min raak. Dié intimidasie en boelie-taktiek is tekenend van die ANC, wat net lippediens aan die Grondwet bewys, maar hulself nie daaraan gebonde ag nie.”

Alberts het gesê Lesufi se “gewaande ontevredenheid” omdat die skool net wit onderwysers het, is ook misplaas. “Daar is baie skole wat net swart onderwysers het, terwyl daar in baie gevalle jong wit onderwysers is wat nie werk kry nie en bereid sal wees om in swart skole te werk. Curro se provinsiale hoof en die Roodeplaat-skoolhoof gaan nou vervang word. Hul loopbane gaan ingrypend geraak word sonder enige werklike rede.”

Alberts het gesê dit is optrede soos hierdie wat doelbewus en onnodiglik rassewrywing skep waar dit nie bestaan nie. “Suid-Afrika het genoeg probleme soos dit is. Daar is nie nog plek vir politieke boewery nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

David ras ·

Dit is hoog tyd dat die term rassisme in die hof beslis word. Wat is Rassisme en wat is nie?
Daag Lesufi voor die hof met ‘n eis om skadevergoeding vir laster omdat dit nou voorkom of elke jan-rap-en -sy -maat se definisie as korrek beskou word.
As die hof teen Lesufi sou beslis, kan mens dan ook die koerante wat per voorblad so weggehol het met die nuus ook dwing om verskoning te vra.
Die etiket vab RASSISME word net gans te maklik uit ANC geledere geskree.

Leendert van Oostrum ·

Eintlik gaan dit nie oor “rassisme” nie.

Wat wel waar is, is dat die verwikkelinge in die Curro-stal duidelik demonstreer dat die eienaars van Curro oor hul voete val om die owerheid gedienstig te wees. En hulle sal hul personeel daarvoor opoffer. Sal hulle die belange van kinders enigsins beter beskerm?

Die Curro-storie demonstreer afdoen die gevolge van die kommodifikasie van die onderwys. En die eerste van die gevolge is ‘n siniese beginselloosheid by die eienaars van die gekommodifiseerde onderwysinstellings.

Hoe op aarde kan ouers die opvoeding van hul kinders (en die ontwikkeling van hul waardestelsel) oorlaat aan instellings waarvan die waardestelsel begin en eindig by profyt?

Jaco Grobler ·

Baie goeie punt, as ek die besluitnemer was het ek die streep getrek, om die voorbestaan van ‘n instansie te verseker deur lamsakkig terug te staan is ‘n resep vir ‘n gemors. Groei ‘n ruggraat CURRO! Julle ouers is agter julle!

Lee ·

Die probleem met hom is dat hy als wat goed werk wil verander in ‘n totale gemors! Plaas hy sy aandag hou by skole wat geen basiese geriewe het nie. Hierdie damn rasse-kaart is nou al hol-rug gery en snaaks dat dit altyd die wittes is wat kamstig ‘n probleem het. Gaan praat met die ouers in skole vir ‘n verandering en moenie jou eie kop volg nie want duidelik het jy nie ‘n idee wat jy doen nie. Meneer LUR, het jy ooit matriek en na-skoolse kwalifikasies. Wonder maar net want ek glo nie! Los die skole wat werk! Ons meng nie in by jou ander skole nie.

Se Maar Net ·

Praat van rassisme!!
Die man neem reg in eie hande, want hy wil dit doen.
Hy dink hy is “Larger than Life”.

KarooKlong ·

Adv. Alberts moet nou net besluit om iets aan die saak te doen.

Leonard van der Dussen ·

‘n Aanhaling van dr Verwoerd: “Skep u eie toekoms!”

Ons kan hof toe gaan met baie dinge, maar dis uiteindelik die hof wat saamgestel word deur dieselfde regering teen wie daar soveel beswaar is. Baie van ons het dit verwag, en vroeg al begin werk aan alternatiewe, maar daar is nog te veel vertroue op ‘n disfunksionele staat se instrumente, waarvan die howe tog deel is, om dinge vir die toekoms reg te hou.

Bou self skole, letterlik (geboue, fasiliteite) en figuuurlik (stel die skool saam). Bou self weer onderwysstelsels op. Bou onderwys wat die spronge in tegniek, kennis en tegnologie aanwend en in ooreenstemming met die kinders se leefwêreld en voorbereiding vir die toekoms voortdurend na beter streef.

Winston ·

Nou pra jy! So wragtag in my kraal. Dan het die buiteland weer rede om sanksies toe te pas want dis apartheid. Ons moet aandring op ons eie tuisland en soos Israel vasbyt teen die wêreld. Dis ons reg.

CHRISTA ·

Hoekom het die persoon wat die video geneem het NET gewys waar die kinders van die busse afklim en nie verder nie? Waarheen is hulle geneem? Hoe het hulle die dag deurgebring? Is dit gedoen net om kwaad te stook? WYS ons wat hulle die res van die dag gedoen het!!!

George ·

Die tyd is meer as ryp om die kapokhaantjie in die hof asn te vat. Dit sal ook ‘n toets wees vir ons howe.

Markus ·

Ek vertrou Afriforum gan die menere wat nou op die altaar geplaas moet word geregtelik steun?

Frik Lotz ·

Hierdie intimidasie teen Afrikaans en Afrikaanse skole moet nou end kry. Waarom word daar niks gesê as daar net swart kinders in n skool is of net swart onderwysers is nie? Dis net altyd witmense wat uitgekryt word as rassiste. Die ANC moet voor sy eie deur vee en eerder sy rassistiese houdings teenoor minderhede staak. Dis tyd dat ons as Afrikaners begin saamstaan teen die ANC en sy rassistiese wette. Genoeg is genoeg!

david ras ·

Ek lees in ‘n brief uit the Citizen , geskryf deur wyle Mnr Jaap Marais in reaksie op een of ander wilde bewering wat iemand gemaak het die volgende aanhalings–
In 1948 was daar 8000 swart onderwysers, en 336 437 leerlinge in 3310 skole.
Teen 1967 was 32000 swart onderwysers, 2 miljoen leerlinge in 8500 skole.

Om onderwys te voorsien verg belastings—
Die per capita belasting vir 1970 was : Blankes R126, Asiers R10, Kleurlinge R3 en swartes R0,85 m.aw swartes het 1/130 ste van wit belastings betaal, maar het baie meer as dit in die onderwys begroting gekry.
In 1980/81 begroting betaal Blnkes 91.2% van die begroting , en 1982/83 92,2 % van die begroting

Tussen 1973 en 1983 styg die uitgawe aan swart onderwys van 27 milj. per jaar tot R475 milj. per jaar en tot R 950 milj. per jaar vir teen 1985/86.

Een verdere aanhaling–
Mnr Marais skryf dat ‘n RAU lector geskryf het dat in 1971 het swart onderwys ongeveer 16% uit die onderwysbegroting gekry, maar teen 1991 was dit reeds 58% van die onderwys begroting
Aldus Mnr Marais.
Die historikus Prof Herman Gilliomee het onlangs geskryf dat die swart bevolking tussen 1948 en 1994 viervoudig toegeneem het.
Dit is teen hierdie oorwig van getalle waarteen swart onderwys gesien moet word.
Dit is ook teen die agtergrond waar ek die vraag vra:

Aan wie behoort die huidige blanke skole –die geboue, infrastruktuur ens nou eintlik ?
Waarom moet ons nou weer letterlik VOOR begin met alles ?

marguerite Theron ·

Ek stem saam Lesufi is uit sy plek, n groot boelie, ons is al soo siek van rasisme ons kan skree. Liewe aarde kan wit kinders nie meer kies met wie hulle wil sit en speel nie? Soort sal altyd soort soek,you op sukkel,julle vererger sake!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.