Cyril moet sê oor wit mense en ‘padda’-vergelyking

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n ope brief aan adjunkpres. Cyril Ramaphosa gerig waarin die organisasie hom versoek om ’n verduideliking te gee van die onderstaande uitlating wat wyle dr. Mario Oriani-Ambrosini in sy memoires aan Ramaphosa toeskryf:

In his brutal honesty, Ramaphosa told me of the ANC’s 25-year strategy to deal with the whites: it would be like boiling a frog alive, which is done by raising the temperature very slowly. Being cold-blooded, the frog does not notice the slow temperature increase, but if the temperature is raised suddenly, the frog will jump out of the water. He meant that the black majority would pass laws transferring wealth, land, and economic power from white to black slowly and incrementally, until the whites lost all they had gained in South Africa, but without taking too much from them at any given time to cause them to rebel or fight.

“Ek weet die ANC was hewig gekant teen die beskerming van minderheidsregte tydens dié onderhandelinge waar Ramaphosa as hoofonderhandelaar vir die party opgetree het,” het Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, Donderdag in die brief gesê.

“Ek weet ook dat die ANC verbind is tot sogenaamde ‘radikale ekonomiese transformasie’, wat hoofsaaklik ʼn verdelingsbeleid is – baie ooreenkomstig die bogenoemde frase.”

Volgens Ernst beskou AfriForum dié opmerking as uiters kommerwekkend en het hy die adjunkpresident versoek om te bevestig of dié woorde sy posisie korrek weerspieël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

martin ·

Dit staaf maar net wat ons almal reeds weet, maar min van ons kan immigreer of onsself so plaas om beter af te wees. Die verarming het al lankal begin en gaan net voort.

Eish ·

Dit is presies wat die lewe in die helhool ondraaglik maak. Ons opsies is uiters beperk en verweer daagliks verder.

Johan Venter ·

Enige iemand wat hierdie toestand nog enige iets betwyfel leef in a droom wereld

Jakalas ·

Ons almal weet dat dit die speletjie is wat die ANC speel. Terwyl mens nog die finansies het, moet mens voor berei. Dis maar dieselfde met die plaas moorde. Dis ‘n stadige dood vir ons Afrikaners wat nie deur die VN op getel word nie. Hulle kan hierdie politieke speletjie baie goed speel.

Rupert Ashford ·

Die VN tel die goed nie op nie omdat hulle kies om anderpad te kyk wanneer hulle maatjies hierdie tipe dinge doen. Die VN is die grootste klug op aarde en enigiets wat deur hulle gedryf word moet met ‘n sak sout geneem word eerder as net ‘n knippie.

Jakalas ·

Stem 100% saam met jou Hendrik. Die probleem is, hulle het hulle hande in baie besighede. Mens kan self nie eers meer ‘n besigheid begin sonder om hulle te “ondersteun” nie.

MM ·

/ag ou ANC – net soos julle dink julle vat ons vir n ride ‘ doen ons presies dielelfde met julle?? maar weet jy ou rampsie – hou aan steel en dan gaan daar vir julle ook niks oorbly nie- kyk maar waar was SA 20 jaar terug en kyk waar is dit nou – julle beteken julle eie ondergang – nou wonder ek wie gaan niks oor het op die einde nie – nie ons nie!!!!

PJ ·

Kom Roelfie praat bietjie met jou vriend jy was mos baie in jou skik met hierdie vriend van jou jy mos selfs saam met hom gaan hengel tydens die “onderhandelinge”

PJ ·

Kom Roelfie praat bietjie met jou vriend jy was mos baie in jou skik met hierdie vriend van jou jy mos selfs saam met hom gaan hengel tydens die “onderhandelinge”

Yster ·

En toe kom daar Guptas op die toneel. En hulle vat vir hulle self. So die ANC. gaan niks oorhê om te vat nie. Ha ha ha

anton ·

Hulle gaan ook in hulle doel slaag, het eintelik reeds 90% en niemand gaan iets daaraan doen of hulle keer nie!!!
Blankes kan mos nie saamstaan nie!!!
Ons ”kook” al laaaaankal.

Sann ·

Anton, gaan lees ‘n slag hoe help boere mekaar met voer. Hoe help besigheidsmanne om die voer na rampgebiede te vervoer. Gaan kyk hoe gee gewone mense geld om vreemdes te help met mediese koste…. Sluk daai leuen en hou op om nog die kookwater te roer ook.

anton ·

Sann, ek dink jy is nou ver van die pad af hoor!!!
Dit waarna jy verwys het niks met die artikel te doen nie.
Ek praat van Polities saamstaan teen bv. die ANC wat die blankes verdruk ens.

Peet J ·

Ons moet net wag dat de Klerk se wigte en teenwigte inskop dan sal alles weer regkom hy het net nie gesê wanneer dit sal gebeur nie .

[email protected] ·

Ons weet wat die onderliggende houdinge (haat, afsku, ons is boelies, vergelding, ons is diewe ens.) teenoor ons as Afrikaners is maar ons hou daarvan om in ‘n droomwereld van hoop te leef. Gebed is ook nie meer die antwoord nie want ek is van mening dat God vir ons ons eie wil en talente gegee het om aktief vir ons voortbestaan te werk. Waarom moet daar gewag word totdat ‘n bloedbad uitbreek voordat ons vir ons regte opstaan en onderhandel. Ek weet almal beweeg in ‘n gemaksone om hul eie finansiele posisie te handhaaf of te beveilig maar dis skyn voorspoed. Ek verwag van die oorlewende leiers soos Roelf Meyer, Pik Botha, Leon Wessels ens. wat die “vreedsame oorgang” met die “wigte en teenwigte” bewerkstellig het asook ons huidige nuwe garde leiers (Flip Buys, Kallie Kriel, die Mulders, Pieter Groenewald ens.) om onverwyld met onderhandelinge te begin vir ons oorgang na selfbeskikking en ‘n federale geografiese gebied waar ons kan vry wees. Hoekom wag totdat ‘n bloedige opstand of afbrekende chaos eers plaasvind? Ons weet wat reg is en ons weet wat ons wil he, ons hoef nie oorlog te maak daaroor nie, die oorlog is in 1994 reeds volledig afgehandel. Ons het het nou lank genoeg onder ‘n leuen gelewe. Of ons doen nou iets, of ons onderwerp ons aan die meerderheid en bly slaansakke en minderwaardiges tot ons verdwyn. Ons skuld dit aan ons kinders en onsself.

Wagter ·

Hierdie is dalk n taktiek om hom sleg te maak vir die verkiesing in Desember, dit speel mooi in die hande van Dlamini-Zuma

DP ·

Ek dink ni dit is om Cyril verdag te maak ni. Ek het self in 1994 na een van Cyril se toesprake geluister waar hy gese het dat hy nie sal rus voor alle blankes in plakkerkampe is nie. Die water word al hoe warmer en ons tyd loop uit. Daar sal moet onderhandel word vir n eie grondgebied vir die Afrikaner. Self Solidariteit en Afriforum behoort nou te kan sien waarheen ons oppad is. Hulle kan begin om nie meer polities korrek te wees nie en hulle volle gewig agter Orania in te gooi. Universiteit daar te vestig en openlik te erken dat dit die enigste uitweg vir die Afrikaner is.

Reinhardt ·

Preek dit al vir jare. Dit begin met regstellende aksie, dan SEB, dan verwyder hulle Afrikaans by n paar universiteite, dan die skole, daarna nasionaliseer hulle die myne, dan die plase, intussen verwyder ons n paar standbeelde en monumente, en voor jy jou oë uitvee besef jy dat jy n toerus in SA is. Dit is op daardie punt waar jy besef jy kan netsowel in n eerstewêreld land woon en n ander taal praat, want hier word jy elkgeval forseer om n ander taal te praat. Ten minste in die ander lande is daar nie geweld, moord, roof nie.

Goeie post Reinhardt ·

Excellent opsomming. Ek stem saam . ek dink ons almal wag en kyk hoe ver hulle gaan gaan om ons te verdryf, dan sal ons uit eie wil uit padgee. Almal klou maar so lank as moontlik nog hier vas, maar as plase en besighede beset en gevat word, het ons geen doel meer in die suidpunt van Afrika nie. Dan kan hulle ondergaan soos Zimbabwe. Net steeds vreemd hoe moeilik dit vir ‘n Suid Afrikaner is om te emigreer terwyl ander sonder paspoorte net met ‘n tas klere op ‘n boot in ander lande opeindig en ‘n lewe daar gaan maak. Ons moet geld en werk en allerhande ander skills hê om na meeste lande te emigreer, die ander arriveer net, kan nie eers die taal praat nie. Maar ja, ons kyk dinge ook nog uit, sal volgende jaar vertrek.

Petro ·

Paddas is ook slim. hulle spring uit, as die water te warm word. Ons dien ‘n God wat Almagtig is. Mag elkeen wat teen kinders van die Here Jesus Christus opstaan se oe oopgaan en mag hulle sien hoe groot is die Here se weermag teen hulle. Kinders van die Here staan vas, Ons Hemelse Vader het belowe as ons by Hom bly Sal Hy ons bewaar.

A2 JESUS ·

Petro ek stem ten volle saam met jou. God sal ons beskerm ,Hy het belowe. AMENNNNNN

Jerry ·

Danksy talle Suid-Afrikaners is die Ramaphosa/ANC padda strategie besig om te ontspoor.

HPV ·

Ag asseblief! Die ANC regime is selfs nog dommer as wat ons gedink het. Onthou hulle het egter geploeg met FW en Roelf.

Pieter ·

Baie interessant, ek merk op in ‘n onderhoud met Lord Bell, ja, van Bell Pottinger dat die Gupta-sage nie die eerste keer is wat die “PR” Firma werk vir “politiek gemotiveerde” Suid Afrikaners doen nie. Uit sy eie mond “most Apartheid elections for FW de Klerk…..”.

Hulle kan duidelik ‘n verskil in menings maak as mens net kyk wat het onlangs met die Gupta-sage gebeur, hoeveel van die 68.93% JA stemme in 1992 kan aan hul PR werk gekoppel word? FW, Roelf vertel vir ons die waarheid asb.

Die onderhoud is op –

YouTube “Bell Pottinger co-founder Lord Bell on scandal in South Africa – BBC Newsnight “
Tydgleuf 5:20/6:41

Vermeende ·

Die nodigheid vir die opebrief is gewis maar kom ons wees eerlik, wat is die reaksie wat verwag word, word n erkening verwag van die plan of n slingkse leun om homself uit te wikkel.

Alles wat by so n plan saamwerk om n gepaste resultaat te kry het onder die mees liberale grondwet gebeur en konstetusie. Dit is dan met n gesond afleiding dat ons kan se ons staan alleen sonder n regs-swaard van die hof om ons te verdedig.
Kyk, neem kennis en leer, plaas jouself in n gunstage posisie.

GES ·

Ons weet reeds lankal wat aan die gang is. AfriForum wil maar net hê dat Cyril, sy bose plan moet uitsplel sodat die “ongelowige” mense se oë kan oopgaan. Wat Cyril en sy mense kennis van moet neem is dat die blankes ook regte het en hier is om te bly.

Piet Pille ·

Ek sien daar word verwys na Roelf Randakker en die geleerde Leon Wessels. Ja die twee hoord in dieselfde kamp want hulle was met die “onderhandelinge” na ‘n vreedsame oorgang alreeds Anc’s gewees. Snaaks dat Roelfie en FW nie ook saam vis vang nie, het nou mos genoeg “vryheid” en geld om dit te geniet.

Helene ·

Stop maar al hierdie praatjies onder ons sogenaamde Afrikaners. Ons beskuldig nou mekaar plaas daarvan dat ons hierdie slinkse mens Cyrill Ramaphosa aanvat. Hy is nie verhewe nie. Hy moet oppas dat hy nie bedroe daarvan afkom nie. Ek skrik nie vir een van hulle nie. Plaas dat ons ons bekommerd oor ons siele wat verlore gaan met al hierdie dinge. Ek bid vandag dat ons kalm en bedaard hierdie goed sal hanteer met die hulp van ons Hemelse Vader. Hierdie is n werklikheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.