Pres. Cyril Ramaphosa word Saterdag in Pretoria verwag vir die spesiale amptelike begrafnis vir die ANC-vetaraan en voormalige minister, dr. Zola Skweyiya.
Talle strate in die ooste van Pretoria gaan tydens die verrigtinge geraak word en die Tshwane-metropolisie het ʼn beroep op motoriste gedoen om die gebied te vermy.
Dié ANC-veteraan het verlede Woensdag omstreeks 07:00 in die ouderdom van 75 ná ʼn kort siekte gesterf. Pres. Cyril Ramaphosa het kort daarna aangekondig dat Skweyiya ʼn spesiale amptelike begrafnis gaan kry.
Snr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het Vrydag gesê talle strate in Lynwood en Garsfontein sal tussen 07:00 en 14:00 deur verrigtinge geraak word.
Die diens sal by die Christian Revival Church (CRC) op die hoek van Solomon Mahlangu- en Lynnwoodweg gehou word. Verrigtinge begin om 08:30.
Ramaphosa gaan na verwagting om 10:00 ʼn huldeblyk daar lewer, waarna hy omstreeks 10:50 die familie in ʼn stoet sal vergesel van die CRC tot by die Garsfontein-begraafplaas waar verrigtinge gaan voortduur.
Die stoet sal van die CRC links in Solomon Mahlanguweg draai en reguit aanbeweeg, waarna dit links in Garsfonteinweg gaan draai tot by die begraafplaas. Al die kruisings op dié roete gaan vir ʼn tydperk gesluit wees terwyl die stoet beweeg.
Mahamba het ʼn beroep op motoriste gedoen om geduldig te wees gedurende die tye wat die kruisings gesluit is en, waar moontlik, van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Ek wil nie gevoelloos klink nie, maar die werklikheid is dat die sukkel veterane ( Struggle veterans) nou vinnig die einde van hul rakleeftyd bereik. Verder is die 10XL kabinet en staatdiens besaai met toekomstige staatsbegrafnisse. Wat beteken ons is vinnig oppad na n begrafnis elke Saterdag en n meerderheidsvlag wat permanent halfstok hang. Die helfte wat nie uitgebrand het nie.
Eish!!!
En ons het gedink die nuwe SA gaan nie pettig wees nie!
Iets wat my al n geruime tyd byval is dat die ANC n ou mens party geword het . Gaan kyk maar na die lede van die vroueliga. Dit is n generasie wat met die ANC grootgeword het en besig is om vinnig minder te word.
Wie was hy nou weer? Nie eers die huishulp weet nie. Alweer net ‘n vermorsing van tyd en geld met uitspattige begrafnis.