Cyril se superstad en droom van 2 miljoen werkgeleenthede

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede (20 Junie 2019) (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het ‘n droom dat 2 miljoen werkgeleenthede binne die volgende tien jaar en ‘n hele nuwe superstad in Suid-Afrika gaan verrys – en hy wil hê Suid-Afrikaners moet saam met hom daaraan bou.

In ‘n wydlopende staatsrede wat op ‘n groeiende ekonomie gefokus en weggestuur het van ras- en grondkwessies, het Ramaphosa se drome teen die einde van die tagtig minute lange toespraak Donderdagaand in die Nasionale Vergadering in Kaapstad miskien ‘n bietjie dik vir ‘n daalder geraak en hom oopgestel vir kritiek en spot.

Daar was ook taai nuus: Eskom sal oor die volgende tien jaar R230 miljard benodig om uit die moeilikheid te probeer bly – die geld wat byvoorbeeld vanjaar vir die sukkelende elektrisiteitsvoorsiener begroot is, is net genoeg vir sewe maande. Daardie R230 miljard gaan groot eise aan die ekonomie stel, want dis geld wat nie elders bestee sal kan word nie; wat van ander prioriteite weggeneem sal moet word.

Ramaphosa het tussendeur egter ‘n paar belangrike beleidsriglyne gegee.

Eerstens het hy die mandaat van die Reserwebank herbevestig, en dus populiste in sy eie party, soos die sekretaris-generaal, Ace Magashule, asook in die EFF, behoorlik voor stok gekry.

Tweedens het hy oor grond op hierdie, die 106de herdenking van die dag waarop die Naturellegrond-wet van 1913 van krag geword het, weggebly van opruiende opmerkings oor grondwetlike veranderings of die onteiening van grond sonder vergoeding. Hy het hom eerder bepaal daarby dat die kabinet die verslae van die taakgroep oor grond behoorlik sal bestudeer en dat die aanvanklike prioriteit die toedeling van staatsgrond wat braak lê of in onbruik is, aan private eienaarskap van armes sal wees.

Die hoeveelheid polisiepersoneel in opleiding sal met 40% van 5 000 tot 7 000 per siklus vermeerder word.

Ramaphosa het uitgewys dat die land in 25 jaar van demokrasie baie vordering gemaak het, hoewel daar steeds baie groot probleme is, Die staatshoof het gesê die land se mense is moeg vir allerlei planne – dis nou tyd vir implementering.

Dit beteken moeilike keuses oor prioriteite moet gemaak word; keuses waarmee almal nie altyd sal saamstem nie. Dis veral die geval omdat die land ekonomies swaar trek en die staat nie surplusgeld het nie. Daar is sewe fokusterreine en vyf hoofdoelwitte waarop die staat dus sal fokus.

Die sewe fokusterreine is:
* Ekonomiese transformasie en werkskepping;
* Onderwys, vaardighede en gesondheidsorg;
* Basiese diensverskaffing;
* Geografiese integrering van verskillende woonbuurte;
* Maatskaplike samehorigheid;
* ‘n Etiese en vaardige staat; en
* ‘n Beter Afrika.

Die vyf hoofdoelwitte vir die volgende tien jaar is:
* Om armoede te verminder sodat niemand honger gaan slaap nie;
* ‘n Ekonomie wat vinniger groei as die bevolking;
* Twee miljoen nuwe werkgeleenthede in die volgende dekade;
* Beter onderwysuitslae; en
* Die halvering van geweldsmisdaad.

Wat gesondheid betref sal die beplande nasionale gesondheidsversekering hersien word en mans sal aangemoedig word om hulle in groter getalle vir MIV/vigs te laat toets.

Wat Eskom betref het Ramaphosa gesê hoewel die elektrisiteitsvoorsiener sy dienslewering heelwat verbeter het deur beter instandhouding, minder vermorsing en behoorlike steenkoolaankope, bly onsekerheid oor elektrisiteit die grootste probleem in die pad van ekonomiese groei – daarom die hulpplan van R230 miljard.

Ten einde werkgeleenthede te skep, word die volgende bedrywe geprioritiseer:
* Motorvervaardiging;
* Klere en tekstiel;
* Gas, plastiek en chemiese middels;
* Hernieubare produkte;
* Staal- en metaalverwerking;
* Landbou en landbouprosessering;
* Mynbou;
* Kleinsake-ontwikkeling; en
* Toerisme, met die klem op die groei van markte uit China, Indië en Afrika.

Die afbring van datakostes en ‘n veldtog om mense Suid-Afrikaans te laat koop sal prioriteit geniet. Ramaphosa het uitgewys dat sy hele pak klere byvoorbeeld by House of Monatic in Soutrivier, Kaapstad, gemaak is.

Verdere werkskeppers wat die president uitgelig het, is sake-prosesseringsdienste, tegniese installasies, herstel en instandhouding, en poste in die digitale ekonomie.

Ramaphosa het belowe dat die nasionale vervolgingsgesag en staatsbeheerde maatskappye beter sal funksioneer, maar nie veel daaroor uitgebrei nie.

Hy wil ook ʼn nuwe superstad bou want die plek in Johannesburg, Pretoria, Durban en Kaapstad raak op, maar hy het nie gesê waar die nuwe stad moet vorm aanneem nie, wat sy staatsrede op ‘n taamlike gespot uit opposisiebanke laat eindig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Tante ·

WoW n nuwe superstad vir SA kaners? of vir buitelanders Sjinese Zimbabweërs Nigeriers Pakistanieërs en die Guptas wat n nagmerrie

Se maar net ·

Grapjas Didi aan die woord, more sal hulle alles begin verander en verder verwoes

Andreas ·

Jan-jan, ek het seker ‘n jaar gelede ‘n storie geskryf oor die nuwe land met ‘n stad genaamd Thuli, ek het die ANC en Cyril daarin gevra waarom hulle nie hul mense met ‘n stad of stede vereer nie, infrastruktuur, myne wat tot stand kom. Woonbuurte daarom, in plaas van om dit wat die geskiedenis daar gaplaas het af te breek.

Ek soek vanaand met trane in my oë waar daai stuk is, ek weet ek was bevreesd om dit toe te plaas daar ek gevoel het ek sou snaaks opgeneem word. Ek sien ek dit verwyder en daardie woorde soos ek dit toe uitgedruk het sal ek verewig in my kop bly soek …

Swartwolf ·

Drome sal dit bly. Die hele ANC het nie die politieke wilskrag, visie of kognitiewe vermoe om enige verskil aan die huidige stand van sakke te bring nie. Weereens ‘n spul skelms in beheer van sleutel committee’s. ANC is ‘n sirkus.

lewies ·

Stille diplomasie was nog altyd ‘n wenresep. Speel jou kaarte naby aan jou bors en op die regte stadium maak jy jou kaarte aan die spelers bekend. Dis wat die President gedoen het. Se net wat vir die oomblik nodig is, sodat jy nie die spel verloor nie.

Sarie ·

“It is my dream that …..” sê CR. Indien al die mense dit vooraf geweet het, kon hulle net sowel in hulle slaapklere opgedaag het. Dan kon almal saam gedroom het. Môre sal almal in elk geval wakker skrik en besef die staatsrede was eintlik ‘n nagmerrie.

JV ·

Is dit die srorie so n jaar terug dag die Chinese n kragsentrale bo in Limpopo gaan bou en n dorp/stad vir hulle. Hul wou mos ook 2 wildsplase onteien wat toe deur die hof gestop is. Gaan dit waar die superstad wees

Jan Salie ·

….en ignoreer al die olifante in die vertrek. Môre val die Rand oor die rant.

Gert van Wierdapark ·

Hy begin al hoe meer klink na wyle “Piet Promises” Koornhof – sy seun is hoeka baie na aan CR soos op die foto gesien kan word! Die nuwe Superstad is natuurlik die EEN waar die Soustrein se finale be- stemming sal wees. As al daai kaders hul geldjies bymekaar sit, kan 3 miljoen joppies dalk in plek val!!! ‘n Opsie wat dalk oorweeg word, is om Nkandla uit te brei/bou tot die Superstad! Die grondslag is mos al gele deur JZ en sy manne. Sal dit nie heuglik wees as die 2 fak-sies hul kragte kan saamspan om die droom te verwesenlik nie. Iemand sal natuurlik moet voorstap met ‘n tower-fluit-fluit my storie is uit!!!

Gert Midstream ·

So terloops “Klein Koornhof” was saam met my op skool. Daar was niks in die SONA wat nie reeds onder bespreking was en finansieel ontleed was nie. Getalle, opvoedkundige vlakke en Bestuurskundigheid is glad nie op standaard. Betaal RSA vir buitelandse oorname? Sal die verskillende kultuurgroepe kan saamstaan? Werksetiek? Oom Cyrel word nou sterk ondersteun deur Oom Ace.

Optimis met ervaring ·

Ai CR dis nou spreekwoordelik “if your dreams don’t scare you, they aren’t big enough” ne? Maar eish daai superstad hy’s banja werk hoor? En ons probeer hom nog klaarmaak daai môilike Medupi en Kusile…

Droomverlore ·

n Nuwe stad wat geplunder kan word. n Wonder wereld van Disney

Arak ·

Die narre kan nie eers die bestaande stede aan die gang hou nie, nou wil hulle ‘n “nuwe” een bou. Het Cyril maar liewer stil gebly sou ons dalk nog kon hoop…

JP ·

Die probleem wat ek met die soort ding het is, gaan hy geboorte beperkings instel, indien nie, hoe wis ou werkloosheid oor so uitgerekte tydperk uit

Danie ·

Toe ek jonk was in die ou Suid Afrika het my Pa my geleer dat hierdie nuwe maghebbers nie die land sal kan bestuur nie. As ek so kyk na wat hulle nou al als in die afgelope 25 jaar van sterk instellings tot rommel instellings verlaag het is dit `n bewys dat hulle niks kan bestuur nie. Nou bestuur hulle die groep van die bevolking wat die land en instelling eens waardig bestuur het. cr en sy narre kan maklik vir hul eie mense om die bos lei, maar ai as die realiteite verduidelik moet word raak dit moelik en grens dit aan belaglikheid.

Kallie ·

My raad aan jou is om jou tassies te pak en die land te verlaat.

FC ·

Misdaad halveer,,,sjo.
Bring terug doodstraf – misdaad dadelik met 75% verminder!

John ·

… Die eenoog-afarm-skoolhoof voor die afgebrande verbeteringskool se onkruidbegroeide vierkant tydens sy openingsrede van die nuwe skooljaar, ‘n maand laat… Die massa leerders brom en mor en die reuk van ‘n vroeè zol kielie sy neus: Vriende en leerders, ‘n nuwe era het aangebreek. Dinge gaan van nou af anders gedoen word… ‘n Skoot klink vanaf die sykant op… en almal spaander… Nog ‘n nuwe skooljaar het begin…

·

Kan julle asb vir my verduideluk wat Se vordering gemaak is die afgelope 25 jaar?
Hy sien vordering wat daar nie is nie!
Agteruitgang
Beslis ja! Sê eerder ons het goed uitmekaar geval die afgelope 25 jaar!
Dan glo almal jou????????

Mathys du Preez ·

Shjina het dieselfde superstede in Kambodja, veral Sihanoukville en Phnom Penh, Papua new guinea, verskeie lande in Asie en Afrika en al daardie plekke het twee dinge in gemeen: Eerstens ‘n geweldige polarisasie veldtog deur Facebook en die plaaslik sirkulerende media wat siviele moorde tot gevolg gehad het en dan tweedens hierdie aanbod van hierdie baken van hoop, wat biede die politikusse kwytskeld van enige verandwoordelikheid vir die growwe nalatigheid waarmee hulle toegekyk het hoedat mense mishandel word (en in beina alle gevalle aktief bygedra het daartoe) en dan persoonlikke rykdom in ruil vir die finansiele vermoens van elkeen van die bogenoemde lande, plus Zambia, Zimbabwe ens. In effek koop die Shjinese die belastingbasis van lande wat hulle verswak het met valse nuus en propaganda, die Afrikaners moet hande vat met alle afrikaanssprekendes oor die land en die sivieleregte organisasie in 5de rat kry om die howe te oorrompel met hofgedinge! Alreeds ‘n merkwaardige poging aangewend oor die jare, ene wat absoluut onontbeurlik is en was, maar dis tyd almal kom aan boord, maak maats ouens, die eindtye is naby

marco polo ·

Ek was al in Kambodja en het geen superstad gesien nie, trouens Pnom Penh is so groot soos Kimberley en Sihanoukville is ‘n vissersdorpie. Ek het ook twee jaar in Papua New Guinea gebly en daar is nie eens paaie wat die dorpe verbind nie, laat staan nog superstede. Jy moet dalk mer navorsing doen en ons laat weet.

Barry ·

Corrupcr en sy volgelinge het al verskeie stede gebou
Kyk al die plakkerskampe wat opgerig is en dis die standaard wat hulle sal bou.
Die vent kan niks doen behalwe praat en lieg oor die 2 miljoen wat sy seun ontvang het
Oor n jaar is die land nog verder agteruit,Kyk maar of ek reg is met soveel korrupte amptenare wat nou begin oorspoel na die DA Seker maar die gesegde
“If you cannot beat them join them”is seker waar.

Ekke ·

Daar is n hele paar songs oor dreams as as let wel as hy wakker word gaan sy koffie yskoud wees
Wake up little suzy try to wake up

Gemaskerde Sopbeen ·

Van die VYF hoof doelwitte sou ek voorstel dat hy EEN verandering aanbring: In plaas van “‘n Ekonomie wat vinniger groei as die bevolking”, behoort dit te wees….”‘n Bevolking wat stadiger groei as die ekonomie”!!!

Bart ·

Zumpie het dit reggekry om n dorpie te bou. Cyril wil n stad he.

Dirk ·

Die glyskaal vir die ekonomie sal afwaarts bly, ten spyte van investering omrede al die elemente wat die ekonomie knou steeds aanwesig gaan wees soos werkersunies wie botallige kaders/kapers beskerm, welsynstoelaes, wanbetalende gemeenskappe, werkloosheid en misdaad. Die gans wie die goue eiers le gaan steeds verhoed word om die eiers in SA te le en die eiers wat wel in SA gele word, gaan geplunder word deur staatskaping fase 2! Meer polisielede beteken meer kripvreters, asook n toename in gewapende rooftogte en voertuigkapings. Daar is nie n manier wat jy n groeiende tendens van wetteloosheid onder die skoolgaande jeug, wetstoepassers en georganiseerde misdaad in die staatsdiens kan omdraai nie, nie in Afrika nie! Die gevolge is verreikend vir diegene wat nie saam met die stroom van wetteloosheid swem nie! Na 25 jaar van demokrasie is SA reeds te ver gevorder as n derde wereld land wat vasgevang is in derde wereld gevolglike ideologiee waarvan daar nie uit ontsnap kan word nie! Die sektor waar ideale gekoester word en drome van gedroom word, gaan vir elke tree vorentoe, vir alle ander sektore n tree in trurat beteken!

Jimmy ·

Moodys sal SA weldra afgadeer. Miljarde dollers gaan die land verlaat. Die rand is dan nutteloos.

Droom drome en Sien gesigte ·

Los die stad Cyril, bou genoeg skole, universiteite en tronke.
Illusies en visies om groot dinge te doen maar die agterplaas is ‘n puinhoop.
Afrika – hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

fred ·

ja daar is één aspekt waarin hulle beter is …..PRAAT..BELOFTES….PRAAT…BELOFTES…PRAAAT…BELOFTES…en wie gaan die realisere?????ons….?

Teleurgesteld ·

In 1992 was daar 20 plakkerskampe, vandag is daar 280. Oorbevolking is die probleem maar niemand praat daaroor nie. Wat gaan aan die bevolkingsgroei gedoen word?

Bevolkingsontploffing ·

Dit is die eintlike klip in die skoen! As daar na die grafiek van bevolkingsgroei en -samestelling gekyk word vir die afgelope 100 jaar, het die 3 minderheidsgroepe se aanwaskurwe horisontaal gebly, terwyl die ander groep se aanwas feitlik loodreg vertikaal beweeg het. Dit is nie volhoubaar gemeet aan die hulpbronne van die land nie. Daar is voorspel deur akademici (kan nie onthou wie) dat die uitgawe aan maatskaplike toelaes teen die jaar 2026 die staatsinkomste gaan oorskry. Mens wil nie eens die gevolge hiervan oorweeg nie!

Babertondaisy ·

100% reg. Niemand praat oor dit nie. Geen morele stuur oor moet nie voortplant as jy nie vir die kinders kan sorg nie. Nee want soveel kleintjies as moontlik by soveel as moontlik vrouens is my cultcha. Belastingbetaler en grants sal sorg.

emily ·

AG ASSEBLIEF, JZ hetnet soveel beloftes gemaak en ons is eger af as toe.
Ek lag myself sommer simple. Klomp narre.

nagmerrie ·

Hy nooi dan nou hele Afrika ook uit?

Gaan hulle almal in die superstad woon wonder ek?

Ja hulle het alles afgebreek en die superstad gaan afgebreek word baksteen vir baksteen want dit is al wat hulle ken.
Niks is staande wat hulle probeer bou het nie. Ons is al deur alles- ken dit…….

Sakkie ·

Hy het gedroom. Hy kry vakmanne om die lug kastele te bou en agente om dit te verkoop en siedaar werkskepping het plaas gevind.

fred ·

Sakkie….waar gaan die vakmanne vandaan kom?….Sjinese of BEE’ers?????

A ·

Whatever CR …
Dalk net eers aandag skenk aan al die huidige dorpe & stede wat uitmekaar val, asook staatshospitale, plaasmoorde (& ander moorde), korrupsie en en en …

Julie Jansen van Rensburg ·

Soos die ou Engelse ()of Amerikaanse) spreekwoord lui: “TALK IS CHEAP AND MONEY BUYS THE WHISKY”.

Ruby ·

Die regering kan nie eers die klein kliniek op die hoek instand hou nie, maar wil ‘n superstad bou wwoooowww!!

Kindertoelae moet tot 3 beperk word, as jy meer wil hê sorg self vir hulle of gaan kry GRATIS goedjies by die kliniek.

Sommige swartes WIL nie in die suburbs bly nie maar eerder by sy eie mense en gemeenskap en daar is absoluut niks fout daarmee nie, maar as ‘n witte nie wil nie is dit rassisties.

Almal behoort en glo aan sy eie kultuur, sekerlik soek ek nie ‘n tavern in my blok waar ek bly of wil blootgestel word aan ‘n slagting van ‘n dier!

GL ·

Toerisme groei veral uit CHINA, INDIE EN AFRICA, die man dink ons is dom.
Plus dan n super stad = misdaad verdubbel nie halfeer nie.

Johan ·

Hierdie utopiese stad sal nooit werklik kan realiseer nie. Al die wonderlike dinge kan nie in die huidige Suid-Afrika ‘n werklikheid word nie. Daarvoor sal korrupsie, betogings, swak beplanning, politieke aanstelling en gebrek aan geld sorg.

Johan ·

Is dit die Stad wat beplan word in Limpopo. Verlede jaar was daar sprake dat die Chinese n Kragsentrale bo in Limpopo gaan bou asook n dorp of stad vir hulle. Wou hulle nie 2 wildsplase onteien maar die die hof gestop is nie. Dalk bou die Chinese sy droom.

GL ·

Johan , ek het die selfde “gehoor” as ek kan onthou was dit naby Louis Trichardt. Hulle praat van Mynbou , hospitale, kragstasie ens , soos ek se ek kan dit nie bevestig nie , miskien weet iemand anders meer daaroor. Ons kan nie die geel gevaar vertrou nie , die regering gaan in hulle strik gevang word, die ANC speel met vuur.

Anoniem ·

Ons land is so op gemors in die 25 jaar wat anc aa bewind is dink bietjie laat om wakker te skrik dit. Dream on.

Stads en Streeksbeplanner ·

‘n Nuwe stad kan nie net so geskep word nie, al hoe dit kan gebeur is agglomerasie effekte wanneer privaatsektor besighede ‘n sakevriendelike klimaat kry, tesane met belastingvoordele om in ‘n sekere gebied wat reeds groot groeipotensiaal het. Met ander woorde om n bestaande hoepotensiaal groeipunt te troetel. Nelspruit, Pietermaritzburg het die meeste potensiaal. Rustenburg en Oos Londen kan ook belowend wees, Bethlehem het ook baie groeipotensiaal. Die Wes Kaap het eenvoudig nie meer water vir groei nie.

witogie ·

Die ANC kon nie eers ‘n plaas bou vir koeie in die Vrystaat nie. Wat nog van ‘n stad? Ek lees “lekker tenders vir korrupte minsters om niks te bou nie”.

Andreas ·

En almal in die Superstad praat Afrikaans, Afrikaanse skole, Afrikaanse kerke ….. Afrikaanse woongebeiede ….

Freud ·

Sê bietjie, wie het jou pak klere se materiaal geweef? Nie in SA nie
Ons het tekstiel fabrieke gehad. Toe word dit gesluit en duisende mense het hulle werk verloor. Nou skielik is dit weer hoog op die lys.

Peet ·

Sou ‘n reuse tronk om al die Staatskapers te huisves nie meer dienlik wees nie. En ‘n supervinnige regsproses om die ding vol te maak.

Andreas ·

Cyril se superstad kan seker herrys daar waar die plaas Akkerland in Limpopo is en waar die plan vir ‘n kolossale steenkoolmyn, ‘n kragstasie en staalaanlegte dalk nog nie laat vaar is nie.

Maar nou ja as Cyril groot kan droom, wat van as die Afrikaner hom voorspring met so ‘n stad waar Afrikaans die spreektaal is, Afrikaanse skole, Afrikaanse kerke, Afrikaanse woongebiede ‘n Afrikaanse universiteit?

Andersins kan almal wat nie Afrikaans is nie, uit Pretoria na die nuwe stad toe trek en al die Afrikaners trek Pretoria toe, daar waar die Unie Geboue is. Dit kan nogal werk want Solidariteit en Afriforum sit reeds daar in Centurion.

hercu ·

my naam is Cyril Ramapromise – ek het die grootste sirkus in die wêreld met die
hoogs betaalde narre in die arena waar absoluut niks gebeur nie!!

Johann cb ·

Dit beteken 548 werksgeleenthede moet per dag geskep word vir die volgende 10 jaar…kan ons agbare President daarby uitkom?

Heleen ·

Dis reg…. Bou jul stede asb….. Net nie met ons tax geld nie… Leen maar by china

Mog-het-troffe ·

Daar is ‘n voeltjie wat fluit dat die nuwe stad by Orania gebou gaan word!

Jimmy ·

Bou die superstad bo-op ‘n mega kernkrag aanleg, dan is daar sommer krag ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.