Cyril swyg oor sy seun en Bosasa

Pres. Cyril Ramaphosa kom by die parlement aan om ANC-lede van die ANC-koukus toe te spreek. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag tydens sy antwoordsessie in die parlement geweier om uitgelok te word om meer inligting bekend te maak oor sy seun se vroeëre saketransaksies met African Global Operations, voorheen Bosasa.

Ramaphosa moes vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord oor dié maatskappy wat sentraal staan in skokkende bewerings van korrupsie waarby lede van sy kabinet geïmpliseer word.

Mmusi Maimane, leier van die DA, wou by Ramaphosa weet presies hoeveel sy seun verdien het uit sy transaksies met Bosasa. “Dit is ʼn maklike antwoord. Dit is ʼn redelike reguit antwoord. Die openbare beskermer is besig met die hele saak en al die inligting is aan die openbare beskermer voorsien deur my, ʼn hele aantal ander mense en my seun. So die kontrak wat hy gehad het om werk vir hulle buite die land te doen is ʼn kwessie wat nou by die openbare beskermer lê en dit sal op dié manier hanteer word,” het Ramaphosa geantwoord.

“As jy graag wil weet, is daar regtig niks om weg te steek nie.”

LP’s in die opposisiebanke het hewig protes aangeteken en daarop aangedring dat Ramaphosa ʼn presiese bedrag gee van sy seun se inkomste deur Bosasa. Die president wou egter nie toegee nie.

Ramaphosa het verlede jaar tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement gesê sy seun, Andile, het ongeveer R500 000 uit ʼn kontrak met Bosasa gemaak. Destyds het hy gesê indien enige onreëlmatighede of oortredings begaan is, sal hy self sy seun na die naaste polisiestasie toe vat.

Ramaphosa het later dié antwoord teruggetrek en gesê hy het onbedoeld die verkeerde inligting gegee en dat die halfmiljoen rand eintlik ʼn donasie was aan sy veldtog om ANC-president te word.

Hoewel Ramaphosa die geld terugbetaal het, is adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer, nou besig om die saak te ondersoek. Sy het reeds ʼn onderhoud met die president gevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

waarheid ·

Gaan so toegesmeer word – wat anders?
Almal voels van eenderse vere.

Snowball ·

Maklik om 8 jariges se briefies te antwoord en soos ‘n hero te lyk ter wille van publisiteit; egter ‘n heeltemal ander saak wanneer die vrae in Parlement so aan ‘n oop senuwee pluk pluk, né?
Al gaan die leuen hoe snel….

Afrikaner ·

En ek dag die geld word in ‘n trust deur ‘n prokureur gehou? So dis nog nie terug aan Bosasa betaal nie.

ne ·

Lekker om Bosasa vriende te hê! Maar jy ontken net skuld dan is jy onskuldig soos jz

Maljan ·

Die hebsug van Afrika! Sies! Hy het dit beslis nie nodig gehad nie!

Gert van Wierdapark ·

“Vergeet om te Vergeet, Onthou om te Onthou”, die Pres pronk soos ‘n Pou, maar ons sal hom nie vertrou! As hy’ n moeilike vraag (Boos-a-sa) kry, beweeg hy bloot aan, sonder om te blik of te bloos – DIT maak ons BOOS! Noah vir president!

Mariana ·

Herinner aan Zuma. Hy het ook altyd ongemaklike vrae gekry en dan gegiggel as antwoord. Die een is nes die ander. Die spul maak mens naar. Wat ‘n klug is die regering nie, geen intergriteit nie. Net leuens en bedrog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.