D-dag in Parys-boere saak

Die ses beskuldigdes op 18 Mei 2017 in die hof. Foto: Maroela Media

Die uitspraak in die saak teen ses mans van Parys wat op twee aanklagte van moord teregstaan, sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in dié Vrystaatse dorp begin.

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie van der Westhuizen, Anton Loggenberg en sy seun Cor Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo en Miela Jansen van Vuuren staan tereg vir die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep boere wat op 6 Januarie 2016 vir Tjixa en Jubeba op die plaas Swartklip aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Regter Corné van Zyl sou reeds in Mei haar uitspraak gelewer het in dié opspraakwekkende verhoor wat al sedert Mei 2017 sloer, maar het die saak uitgestel omdat die uitspraak nog nie gereed was nie. Van Zyl het destyds gesê dat sy nie haar uitspraak kon voltooi nie weens die geweldige omvang van rekords wat deurgewerk moet word, en die aantal kwessies wat na vore gekom het in die meer as twee jaar lange verhoor.

Sy het gesê dat sy moet seker maak dat geregtigheid geskied, nie net in belang van die oorledenes nie, maar ook van die beskuldigdes en het daarom besluit om die saak eerder uit te stel.

Die saak is op die hofrol geplaas van vandag tot Vrydag vir uitspraak om gelewer te word.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Daar was intense woede ter sprake omdat boere en hulle werkers gereeld doodgemaak word. ‘n Opgeskorte vonnis sal myns insiens geskik wees

Abe ·

Johan,
Intense woede was nog nooit n verskoning vir misdaad nie.

Swart Piet ·

Kom ons hoop dat die regter darem deur die staat en rowers se planne kan sien en hierdie manne vry terug op hulle plase kan los.

Pieter ·

Dit is net baie snaaks hoekom word die mense wat plaas moorde pleeg nie gesoek en toe gesluit nie wonder maar net

lh ·

Ek wens hulle wil die moorde op onskuldige Boere so intens ondersoek!

Chris Ws ·

Laat ons nou sien HOE regverdig ons vrot regstelsel regtig is.Boere word geprovokeer(uitgelok in die ergste graad) deur swart mense wat hulle familie en vriende en mede boer-bure wreedaardig aanval en ernstig verniel.Dis mense wat hard werk elke dag om kos op die winkel rakke in die land te plaas.Nou as hulle in so ‘n anval situasie op ‘n mede boer en buurman selfbeheersing verloor (want verseker het die swates op hulle geskel en hulle moontlik gevloek) word HULLE die skuldiges in die verhaal.Ek wens die beskuldiges almal alle sterkte toe op ‘n regverdige uitkoms.Ek sou waarskynlik in dieselfde situasie nes hulle opgtree het.

Abe ·

Chris Ws,
As jy nes hulle sou opgetree het, sou jy net so skuldig as hulle gewees het.

gatiep ·

Hoe kan enige regdenkende mens vertoue he in ons regstelsel.
Kleur van jou vel tel baie in so hofsaak.

Bellaklava ·

Net soos al die plaasmoordenaars is hulle onskuldig tot bewys is hulle is skuldig!

Tobie ·

Ons land se regstelsel is vrot, enige beskuldigde het 10 keer meer regte as ‘n klaer in enige saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.