D-dag kom vir man ná hoofseun se dood

Jake Wootton Foto: Facebook

Jake Wootton Foto: Facebook

Schalk Lubbe (25) van Hermanus in die Wes-Kaap word Vrydag gevonnis in verband met ʼn noodlottige ongeluk waartydens die voormalige hoofseun van Milnerton High School in Kaapstad gesterf het.

Lubbe het Dinsdag in die Strand-streekshof voor landdros Fransie Mouton verskyn.

Die aanklag van strafbare manslag hou verband met ʼn voorval op 4 April 2012 toe Lubbe in Jake Wootton (18) en sy vriende vasgery het terwyl hulle langs die pad in Hermanus gestap het. Wootton het die volgende dag beswyk aan die kopbeserings wat hy opgedoen het.

Lubbe is aangekla van strafbare manslag en dronkbestuur, maar hy is slegs skuldig bevind op die aanklag van strafbare manslag, nie van dronkbestuur nie.

Staatsaanklaer Thia Swart en die verdedigingspan, adv. Helmut Scholzel en prokureur Danie Steyn, het Dinsdag ingestem dat ʼn nie-toesighoudende vonnis behoorlik sal wees in die omstandighede van hierdie saak. Scholzel het gesê Lubbe sal vir die res van sy lewe skuldgevoelens hê oor Wootton se afsterwe, en dit alleen is al ʼn groot genoeg straf. Hy het gesê opgeskorte tronkstraf sal al die doelwitte van die vonnis aanspreek.

Die staatsaanklaer versoek korrektiewe toesig wat huisarres en gemeenskapsdiens insluit, maar nie tronkstraf nie. Sy het ook versoek dat Lubbe se rybewys opgeskort moet word.

Sy het gesê Lubbe is nog jonk en op sy ouderdom sal hy nog wil uitgaan en homself wil geniet, en ʼn opgeskorte rybewys sal dit beperk en hom laat voel dat hy gestraf word.

Die landdros het gesê sy sal die saak oorweeg en Vrydag haar vonnis bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

S Coetzee ·

Sue: Dit is omdat hy hom reeds te veel geniet het dat hy ‘n onskuldige kind wat langs die pad geloop het dood gery het. Sou die kind nie ook sy lewe wou geniet nie. My innige simpatie aan Jake se ouers. As jy 25 jaar oud is moet jy mos al ‘n bietjie meer dissipline en verantwoordelikheid aangeleer het.

Dee ·

Hy was nie 25 nie maar 4 aar jonger; nie dat dit enige verskil maak aan wat gebeur het, nie.
My vraag is of dit in die res van die wêreld ook gebeur dat sulke sake soveel jare later verhoor en afgehandel word.

Ek ·

Hy was Dronk en ry n kind dood maar sy regsteenwoordigers se huisarres is genoeg?? Ek wonder of hul dieselfde deuntjie sou sing as dit een van hul kinders was??

Charlotte ·

My opinie….hy HOORT IN DIE TRONK….deur dronk te bestuur het hy MOORD gepleeg. In SA kom mense TE maklik weg met alles!!! Dis die rede ook hoekom die land se regstelsel inmekaar tuimel.

Mervyn ·

Lekker bloeddorstig vandag ou Charlotte, ongelukke gebeur…maar waarom nou weer die arme outjie ook met vrot tamaties gooi…? Ken jy sy motief?

Eileen ·

Mervyn het jy al iemand aan die dood afgestaan deur n dronk bestuurder? Duidelik nie. Ongeluk se Moses as jy dronk bestuur moet jy die gevolge daarvan dra. Maar dis waar dronkbestuurders kom niks oor nie. Maar eintlik ly hulle familie ook netso die familie wat die verlies het. Ek stem 100% saam met jou Charlotte.

Langtand ·

Dis die ergste ding wat jou kan oorkom as jou kind sterf!
Wat praat hierdie mense van lewe geniet? Die pragtige seun is doodgery en sy ouers se drome daarmee heen! Dink aan hulle pyn!
Nee, dis die aakligste argumente uit regsmonde wat ek nog gehoor het!
My hart pyn saam met die seun se ouers!
Mag geregtigheid geskied!

SNEL ·

Ek stem, Langtand, my hart skeur in stukke vir Jake Wootton se ouers, om te hoor hulle sê dat Lubbe nog jonk is en op sy ouderdom nog sal wil uitgaan en die LEWE GENIET, nadat hy juus dit van hulle seun gesteel het. Hy het daai hele huishouding deurmekaar kom krap en sy gesuip en roekelose bestuur. Hy verdien om gestraf te word en die gevolge vir sy dade te dra.

Mariaan ·

Wat ń pragtige jong seun. Ek het self ń seun op 20 jarige ouderdom verloor. Sy toekoms en lewe is weggevat deur ń roekelose en nalatige bestuurder. Besef mense dat sy ouers deur pyn gaan wat nooit sal weggaan nie. Hulle gaan hom elke dag mis en na hom verlang en dink aan wat kon wees. Hy sal nooit weer op ń familiefoto wees, geen nageslag, niks. En dan wil die skuldige met sy lewe aangaan. So asof dit sy mensereg is. Hy behoort nie te pleir vir genade. Het hy ooit na die ouers gegaan en gesê hy is jammer?

Henri ·

Miskien verskil die artikel wat ek lees van julle s’n. Myne se hy is onskuldig aan dronkbestuur. Kom ons los die uitspraak vir die mense wat in daardie rigting geleer het.

Piet Snot ·

Henri
Die feit dat die Staat nie met die dronkbestuurklag voortgegaan het nie, het meer te doen met die praktiese werklikheid van ‘n oorvol hofrol, as wat dit met die feite te doen het. Mens noem dit “plea bargaining”.
Die feit dat die klag laat vaar is, beteken nie dat hy feitelik onskuldig is aan dronkbestuur nie.
Ek meen ook dat die dood van ‘n kind darem baie ligtelik beskou word.

Schalk ·

Henri. Die mense wat in daardie rigtig studeer het, se hoofdoel is om jou los te kry, al is jy hoe skuldig. Dit is n groter probleem as daai dronk bestuurder.

Deon ·

Piet Snot – Ek het in ‘n ander artikel, oor dieselfde hofverskyning, gelees dat die polisie nagelaat het om sy bloed te laat trek vir ‘n alkohol toets. Dus kan hy nie daarvoor vervolg word nie. Weereens ons vriende by SAPS wat nie hulle werk reg doen nie

Hennie Coetzer ·

Dit is jammer maar die ou kom met moord weg hoekom word die belaglike verskoning gemaak namens hom, hy is ‘n moordenaar en waar is sy straf….nee wat die reg “fail”die ouers. Huis arres en hy le dronk in sy huis, wat ‘n joke. Wonder maar net altyd hoe die regs verteenwoordigers slaap.

Sus ·

Ek dink huisarres, net werktoe en kerktoe en daarna nóóit weer gesuip raak in die openbaar. Die gemeenskap sal hom op sy tone hou. Die tronk sal van hom ‘n krimineel maak.

valdy ·

Ek stem saam met jou werk toe ,kerk toe ,huistoe,vir 5 jaar lank ,so huis ares is nie lekker nie, Het n familie lid wat daai paadjie geloop het vir 5 jaar lank elke aand 7 het hy vir sy oproep gewag om te se hy is tuis ,partytjies hou drink en rond ry was uit gewees

Schalk ·

Ek persoonlik voel dat dronk bestuurders te lig daarvan afkom. Jy suip jou in n koma, klim in jou kar en veroorsaak iemand se dood. Die straf behoort niks minder as moord met die opset te wees nie. Voor jy aan die suip gaan moet jy mos kan voorsien dat jy later in n benewelde toestand n ongeluk en iemand se dood kan veroorsaak? Nee wat, sluit hom toe, hy moes gedink het aan die gevolge voordat hy in daai kar geklim het. Ek het geen simpatie met die knaap nie.

Tess ·

Ek stem saam met jou Schalk! Moord met opset. Niemand ken die pyn om ‘n kind te verloor as hul nie self daardeur is. Jake se ouers moet vir die res van hul lewe dit probeer verwerk en probeer aanvaar terwyl Lubbe nogsteeds kan gaan ‘kuier en sy lewe geniet! En die staatsaanklaer lyk nie of sy regtig omgee as sy en die verdediging se span klaar ooreengekom het!? Eks kwaad want so iets se uitwerking op gesinne wat ‘n kind, broer of suster só verloor, loop partykeer uit op egskeidings, dwelmverslawing en tot selfmoord want die pyn is net te veel om die dood van ‘n geliefde te verwerk.

Marie ·

Daarom sterf so baie mense in ons land op ons paaie want daar is geen geregtiheid nie!!!

Trolle ·

Net een vout in jou lewe en jou toekoms is daar mee heen.Dis sad vir hom en die hoofseun en hulle vamielies.

Emile ·

Gaan kyk bietjie na daardie kort stukkie pad voor Hermanus Laerskool waar Jake Wootton doodgery is. Die pad bevat ‘n verkeersirkel en is boonop so kort dat dit feitlik onmoontlik is om vinnig te kan ry. Die botsing is doelbewus gemaak en Lubbe is vir meer as ‘n jaar beskerm voordat hy arresteer is. Volgens Jake se vriende is hulle vroeer voor die botsing in die kroeg geteister.

Stuur Lubbe asb tronk toe vir moord.

SNEL ·

Hoop iemand lees Emile se stelling en kyk bietjie dieper, dan was daar mos n motief. Hy wou dan ingery het op hulle en in sy dronkenskap kon hy nie vinnig genoeg rem en uitswaai nie. Dit verander mos alles, dan is dit moord.

Litha ·

Lol! Nogals snaaks dat die barman in die hof getuig het dat Lubbe net 2 enkel whiskeys gedrink het, maar die kinders almal getuig het van die hoeveelheid shots, ciders en fish bowls wat hulle gedrink het. Hul het ook in die hof gesê dat hul nie vir Lubbe in die kuierplek opgerk het nie. Daar is altyd twee kante! Die wat oordeel sal veroordeel word.

Martin ·

Hi Lynette, ja ek kan nie glo nie maar ons mense het net geen grenade nie!

Schalk ·

Lynette . Judgemental se jy?!? Is jy ook een van daai mense wat te bang is om asem te haal en alles ge-sugercoat wil he?!?! Die feit is die man is skuldig aan moord, Wat stel jy voor se die mense op die forum? Dat ons almal jammer voel vir hom? Laat my dink aan n ander moordenaar wat ook alles probeer om los te kom.

Naamloos ·

My man se broer is op die ouderdom van 21 dood agv van n dronk bestuurder wat daai tyd nog nie eers n rybewys gehad het nie maar net n leaners.
Die saak het vir 6 jaar aan gegaan omdat hy die heeltyd sy regs span verander het en die saak van vooraf moes begin.
Na 6 Jaar is hy ongeskuldig bevind, Rede : leak of evidence
2 Mense dood, 1 verlam, en 1 Lewe ; Die dronkbestuurder

Michelle ·

As n vriendskaplike kennis moet nie n lafhard wees nie, Sit jou naam by en jys dood reg die wiel draai altwee kante toe!

Joe ·

Ek persoonlik dink dat hierdie mannetjie wat ‘n ander se dood veroorsaak het , ordentelik gevonnis word !!! Tronkstraf is beslis gepas vir hom & nie huis arres nie .. die regstelsel stel deesdae baie teleur & is skokkend …. daar moet beslis baie strenger op getree word teenoor die dronk bestuurders …. op geskorte vonnisse & huis arres gaan nie werk nie ….. ek hoop die landdros gee hom ordentlike vonnis want hy verdien dit …..

REGVERDIG ·

Waaattt?????????????? Dit is belaglik verby. Waaaar wil sy wees??
Die seun is oorlede omdat hy onwettig dronk bestuur het. Verskoon my, maar dit is die onbillikste onregverdigste verkoning wat ek nog ooit in my lewe gehoor het. Dit is MOORD !!!!!!! en mense word trunk toe gestuur daarvoor. What’s good for the goose is good for the gander !

Elinette ·

Regverdig, lees jy nie dalk die artikel bietjie verkeerd nie? Schalk Lubbe was die dronk bestuurder en die seun wat oorlede is, was Jake Wooton. Schalk Lubbe het in Jake en sy groep vriende, wat langs die pad gestap het, geploeg en Jake is die volgende dag oorlede a.g.v. sy beserings.

Litha ·

Langs die pad? Meer soos in die pad. As kinders in n pad speel oppad van n kuierplek af en hy hardloop skielik voor die kar in, hoe moes Lubbe dit vermy? Talle berigte het gestaaf dat Wootton in die middel van die pad getref is. So hoe het hy van die kant af in die middel beland. Obviously oor die pad gehardloop. Niemand weet wie daai aand werklik die was wat onder die invloed was nie.

Petro ·

Tronk toe en klaar n kind se lewe is daarmee heen en ouers se lewens is verwoes deur iemand wat dronk bestuur het…….MOORD IS MOORD dit sal hom leer eendag as hy uit die tronk uitkom sal hy weet om nooit weer in sy lewe te ry as hy dronk is nie.

stoney ·

Toemaar, hy mag dalk nou vrygespreek word, maar ek glo aan die blinde sambok van die lewe, daar sal hy nie verby kom nie. Vertrou die ouers en familie vind berusting. Sy dag sal kom!

Lammie ·

My dogter is ook oorlede in n motor ongeluk, sy was een van die passasiers en die bestuurder was onder die invloed. Op die toeneel was n polisie kolonel, die bestuurder se bloed is nie getrek nie! Al die getuies was vir ons dat hy nie wou stop en hulle nie verder wou saam ry nie. Hy het net eenvoudig aanhou jaag! Die bestuurder, skuldig aan manslag met n boete, korrektiewe toesig en huisares as vonnis en ons eenigste dogter is vir altyd weg!!
Swak werk deur die polisie op die toneel en swak ondersoek werk! Ons regstelsel ook nie op standaard!

charlene ·

Soveel haat! Mense julle het dubble standarde! Hoeveel van julle kry vir Oscar jammer maar nie vir Lubbe nie? Al 2 het moord gepleeg. Verskil is een was dood nigter (net baie kwaad) en ander een dronk. Maar al 2 was perongeluk …….
Moordenaars verdien dronk straf almal van hulle.
Strekte aan die ouers van die jong man wat se lewe se tragies geëindig het.

Schalk ·

Charlene. Dink bietjie mooi oor die woord per ongeluk. Hoekom is dit n ongeluk? Die woord ongeluk beteken vir my jy was ongelukkig. Kom ons noem dit wat dit is, dit was n botsing met n voertuig en voetgangers. Daai drywer het geweet wat hy doen, dus was dit dan nie n “ongeluk” nie. Maar wel n misdaad. Moord is moord. Daar is nie n ding soos per ongeluk nie.

jaco ·

Ligte vonnis want n wit man het n ander wit man doorgery. Dis nie so n erg misdaad vir ons regstelsel nie. Maar as dit nou n wit man was wat n swart man doorery het, was Dit die zwaarste straf soos 10 jaar tronkstraf. Was dit n swart man Wat n swart man doodgery het, was daar confusion soos na die Marikana skietery: 2 jaar lange kommissie van ondersoek…

Baasjan ·

As jy dronk agter die stuur van n motor inklim is jy n moordenaar want iemand gaan “per ongeluk” dodgery of beseer word………jy het dan geen reg op n regverdige verhoor nie…….my opinie……en ja prokureurs werk vir n salaris tjek hulle gee nie om of jy skuldig is nie

Ag nee ·

Jammer dat hierdie pragtige jongman nie meer daar is nie. Ek dink egter die staatsaanklaer hanteer die saak goed. Voor jy oordeel, onthou net jy was ook 21 en jy het dalk koring wat 21 se kant toe staan, oordeel kom ons nie toe nie, hierdie jong man moet vir die res van sy lewe met sy gewete saamleef. Ek hoop die regter gee vir jou gemeenskapswerk, in my oë nie om te straf, jy sou dit nooit oorgekom het as jy geweet het dit gaan gebeur nie, maar om jou te leer, jou dade het gevolge en mag dit ook ‘n voorbeeld vir ander jong mense wees. Jy voel dalk jy is volwasse, maar daar is baie dinge wat net tyd bring en regtig jy wil nie van jou 21ste tot 25ste verjaarsdag verhoorafwagtend wees terwyl jy elke dag moet saamleef met die wete ‘n jong man het net gelewe tot 18!!!!!!

Suzi ·

As jy nog nie ‘n kind verloor het nie bly asb stil. Hoe weet julle sy gewete ry hom? My seun is 18 maande gelede in ‘n motorongeluk op Beyers Naude oorlede. Hy was in die linkerkanste baan, net weggetrek by ‘n robot toe hy deur ‘n 22 jarige meisie van voor getref is. Sy het heeltemal aan die verkeerde kant van die pad gery, 11 uur in die oggend.( Beyers Naude het 2 bane in albei rigtings wat met ‘n dubbel soliede lyn geskei word.) Ongelukkig het ek haar naam in die polisie verslag gesien en ongelukkig is sy op facebook. Sy is nog nie aangekla nie en spog met haar nuwe kar en lewe op facebook- so deur te sê die wete dat jy iemand se dood veroorsaak het is genoeg straf is b***sh**. Dade het gevolge en of jy 20 of 80 is, jy moet die gevolge dra. Dis omdat mense wegkom met moord dat dit aanhou gebeur. Niks bring jou kind terug nie, en die dood van so ‘n jong persoon deur die onverantwoordelikheid van ‘n ander, kring wyd uit. Ouers, sibbe, grootouers en vriende se lewe word onheroeplik verander, die pyn is onbeskryflik. Dis maklik om kommentaar te lewer as so iets nie met jou kind gebeur het nie, jy KAN jouself dit nie indink nie.

Schalk ·

Suzi. Jammer om te hoor van jou seun, ek kan my glad nie indink hoe dit moet wees nie. Al wat ek weet is, indien dit my kind was en ek het geweet wie daai persoon is, sou ek al lankal voor n regter gestaan het. En die klagte teen my sou beslis nie aanranding gewees het nie. En ek sou ook nie n prokureur of advokaat gekry het om my los te lieg nie, ek sou dit erken en my pak vat.

Cheryl ·

Wil net noem dat die kind wat doodgery is, ook saam met vriende by Cocos Kroeg gedrink het en daarna by Burneys Restaurant verder gaan drink het. n Vriendin wat saam met hulle in die straat geloop het, het so getuig in die hof en dit was al laat 23:30 – Ou berig op Netwerk 24. Vat niemand se part nie, maar kon dit dalk gebeur het dat hy dalk verder van die randsteen gestap het as wat hy dalk vermoed het, mense gesels as hulle in groepe loop en besef nie hoe ver jy al in die middel van die pad is voordat iemand dalk sy toeter vir jou blaas nie

Anoniem ·

Goeie dag. Ek is bevriend met n vriend van Schalk en ken hom vir die afgelope 10 jaar. Al is hy n vriendskaplike kennis, kan ek nie sy optrede regverdig nie. My innige simpatie gaan uit aan die Wootten gesin. Die ongeluk is ongelukkig nie die eerste nie. In die tyd wat ek hom ken is ek bewus van 2 motors wat hy afgeskryf het. Ongelukkig het hy in die verlede die probleem met dronk bestuur gehad, en dit was nou een ongeluk teveel. Die afstand voor Hermanus Laerskool tot by die sirkel is baie kort, dit maak dit onmoontlik om te jaag. Dit maak dit duidelik dat hy onder die invloed was. Ek glo en vertrou dat die Here in beheer is van die saak. Hy sal regverdigheid toepas. Ek se dit met n knop in die keel, ek glo die enigste manier om te leer nadat jy jou foute herhaal het – is om tronk toe te gaan. My gebede en gedagtes is by Jake se familie. Die wiel draai stadig, maar verseker.

sannie ·

Dankie Cheryl omdat Jake nou dood is le almal se simpatie by hom. Ongelukkig was hy net so skuldig. Ook nie nugter gewees nie.

Jane ·

Hmm, dis soos die gesin wat uitgewis is op Stellenbosch onlangs……die persoon wat dit gedoen het lyk my word ook beskerm???? Die wette moet toepaslik wees aan almal en die vonnisse moet vonnisse wees – nie net woorde op papier nie!!!

Repel ·

Gemeenskapsdiens met huisarres kan ‘n gepaste vonnis wees, maar die ‘diens’ moet verrig word by ‘n staatshospitaal se ongevalle afdeling verkieslik oor naweke… sodat hy kan sien wat alkohol aan mense kan doen…..
Geen alkoholmisbruiker sal daarna dieselfde wees nie…

Lukas ·

Ek ken lobbe baie goed en kan sê dat jy ‘n baie goeie seun was, altyd verantwoordelik en het reeds na ander mense meer as een keur gekyk, wat het die seuns in die dondedstrate gedoen dronk, dit was ‘n lelike ongeluk wat plaas gevind het daai aand maar om lobbe sleg te maak nadat jy nie die feite ken nie is verkeerd, lubbe was nie dronk nie en die seuns het dronk in die donker strate rond geloop, waar was hulle ouers? Ons wys vingers maar het geen idee wat daai aand gebeur het nie, al wat ek weet omdat ek lubbe ken is dat hy ‘n sagte persoon is met ‘n goeie hart, hy is opgebring in ‘n goeie huis en sou nie dronk bestuur het nie.

Nog n pad gebruiker ·

Lesers asb, voor julle kommentaar lewer let net asb op die artikel noem die man is nié skuldig bevind aan dronk bestuur nie, slegs strafbare manslag. Dalk het hy te vinnig om ‘n draai gery?
My innige simpatie aan die familie en vriende wat iemand wie hul lief het verloor het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.