D-dag vir Henri van Breda

Henri van Breda in die hof 12 Februarie) Foto: ANA

Die 23-jarige Henri van Breda sal vandag hoor of hy skuldig bevind word aan die moord op sy ouers, Martin en Theresa, en sy ouer broer, Rudi, asook poging tot moord op sy suster, Marli.

Die opspraakwekkende verhoor in die saak wat in die media bekend geword het as die Stellenbosch-bylmoorde het reeds in April 2017 begin en talle Suid-Afrikaners het die hofverrigtinge met ʼn valkoog dopgehou.

Die Van Breda-gesin is in Januarie 2015 by hul huis op die De Zalze-landgoed in Stellenbosch met ʼn byl aangeval. Martin, Theresa en Rudi het op die toneel gesterf, terwyl Marli met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem is. Marli het wonderbaarlik die voorval oorleef, maar ly sedertdien aan geheueverlies en kan glad nie die gebeure van dié tragiese aand onthou nie.

Henri het slegs geringe beserings opgedoen, wat die staat tydens die hofverrigtinge aangevoer het self toegedien is. Van Breda beweer ʼn inbreker, gewapen met ʼn byl en ʼn mes, het die gesin aangeval en hy kon daarin slaag om die aanvaller te ontwapen voordat laasgenoemde op die vlug geslaan het. Van Breda voer verder aan dat hy sy bewussyn verloor het oomblikke ná die aanval op die gesin en  eers ure later wakker geword het en hulp kon ontbied.

Van Breda staan tereg op drie aanklagte van moord, ʼn aanklag van poging tot moord en ʼn aanklag van dwarsboming van die gereg. Hy ontken skuld op al die aanklagte teen hom.

Regter Siraj Desai sal na verwagting vandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof uitspraak lewer. Die hofverrigtinge begin om 10:00.

Lees alle vorige berigte oor Henri van Breda op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet ·

Daar is n paar fans wat sy fabels sal glo maar die regters het dit alles al gehoor. Vra maar vir die Griekwastad moordenaar: ek weet nie is nie n goeie antwoord nie.

Genieve ·

Ek hoop die saak maak klaar vandag regtig so dat regtigheid kan geskied.

Anelle Minnaar ·

Ek vra ook daardie vraag, waar is Marli, ek verstaan nou nog nie hoe sy die aanval oorleef het met ‘n slagaar in haar nek wat oopgekloof was nie. Alle beterskap vir haar toegewens

Hannelie ·

Jul hoef nie te wonder hoe Marli oorleef het nie…..God het Sy tyd. Haar tyd was nog nie daar. Sterkte Marli en mag geregtigheid vandag seëvier.

wielie ·

Mr. van Breda , pla jou gewete jou nie??? Dis nou al 3 jaar en jy gaan voort asof niks gebeur het nie?

kas ·

As sy terug is skool toe onthou sy dat sy in die skool was en in watter skool.Hy het die aanvaller ontwapen voor die aanvaller op die vlug geslaan het.En toe hy wakker word toe is sy koffie koud,Hy was volgens my die aanvaller en het alles goed beplan maar ek mag nie oordeel nie en wag maar vir die regter se uitspraak.

christa ·

Carol ek stem saam. Niks minder as 25 jaar vir elk en nie saamlopend nie.

Genieve ·

Is hy dan nou nog nie gestraf nie vat die hof dan heeldag om uitspraak te lewer.

CAROL ·

Volgens news24 – has been found guilty on 3 charges of murder!!!! Jipee justice shall be served. Thank you Judge Desai!!! Need more of you in our court system.

Elsabe ·

Ai hy het n goeie lewe met goeie ouers en familie gehad. Was dit dwelms ? Was dit verkeerde vriende ? Of was dit bet bloot gierigheid ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.