Hlaudi Motsoeneng moet Dinsdag aan die arbeidshof verduidelik hoekom hy nie in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8-joernaliste nie.
Dit volg nadat die arbeidshof op 11 Mei 2017 die vakbond Solidariteit se aansoek toegestaan het om Motsoeneng as respondent toe te voeg in die vakbond se kostebevelsaak teen die SAUK. Solidariteit het sy visier op Motsoeneng geplaas met die vakbond wat aanvoer dat hy as destydse bedryfshoof die uiteindelike besluit geneem het om die joernaliste af te dank.
Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die tyd aangebreek vir Motsoeneng om verantwoording te doen vir sy ondeurdagte besluite. “Môre oorbrug ons die laaste hekkie om hom aanspreeklik te hou vir die koste wat ons moes aangaan vir sy onwettige instruksies en aksies,” het Van der Bijl bygevoeg.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
My toonnaels val uit van lekkerkry. Sterkte aan solidariteit met hulle poging
Red eyes ( bright eyes) burning like fire, bright eyes how can you close and fail? How can the light that burned so brightly suddenly burn so pale, bright (red) eyes. Explain bright eyes….ons wag terwyl onse prez ook verklaar daar was baie aanslae op sy lewe…
Wat van strafbaremanslag. Indirek verantwoordelik vir Suna
Laat hy al die kostes wat al gemaak is en wat nog gemaak gaan word self betaal en daarna ontslaan hom uit sy pos en neem dan die 8 journaliste terug in diens.
Dom , onderduims, oneerlik en n verleentheid geen wonder die sabc is so diep in die moelikheid …hulle verdien dit 110 % …kry vir julle !