D-dag vir Hlaudi

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng moet Dinsdag aan die arbeidshof verduidelik hoekom hy nie in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8-joernaliste nie.

Dit volg nadat die arbeidshof op 11 Mei 2017 die vakbond Solidariteit se aansoek toegestaan het om Motsoeneng as respondent toe te voeg in die vakbond se kostebevelsaak teen die SAUK. Solidariteit het sy visier op Motsoeneng geplaas met die vakbond wat aanvoer dat hy as destydse bedryfshoof die uiteindelike besluit geneem het om die joernaliste af te dank.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het die tyd aangebreek vir Motsoeneng om verantwoording te doen vir sy ondeurdagte besluite. “Môre oorbrug ons die laaste hekkie om hom aanspreeklik te hou vir die koste wat ons moes aangaan vir sy onwettige instruksies en aksies,” het Van der Bijl bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lba ·

My toonnaels val uit van lekkerkry. Sterkte aan solidariteit met hulle poging

popeye ·

Red eyes ( bright eyes) burning like fire, bright eyes how can you close and fail? How can the light that burned so brightly suddenly burn so pale, bright (red) eyes. Explain bright eyes….ons wag terwyl onse prez ook verklaar daar was baie aanslae op sy lewe…

Boetman ·

Wat van strafbaremanslag. Indirek verantwoordelik vir Suna

Chevy ·

Laat hy al die kostes wat al gemaak is en wat nog gemaak gaan word self betaal en daarna ontslaan hom uit sy pos en neem dan die 8 journaliste terug in diens.

Johanna Botha ·

Dom , onderduims, oneerlik en n verleentheid geen wonder die sabc is so diep in die moelikheid …hulle verdien dit 110 % …kry vir julle !

Jacques Venter ·

Probleem Johanna
Ons gaan biljoene betaal. Nie net vir SABC nie maar ook vir SAA

John ·

Wat sou sy verhouding met pres Zuma wees? Laasgenoemde moes hom al ontmoet het. Hlaudi is vol bravado…

Ellisras ·

Almal wat so in Gerrie Nel glo. Dit is nou die perfekte tyd om vir Grace Mugabe op te skroef. Die met die kontakte, reël asb iets.

De Villiers ·

Wanneer gaan Motsoeneng aangekla word vir sy bedrog met sy CV wat aanvanklik veroorsaak het dat hy by die SAUK aangestel kon word? Pleeg Jan Publiek bedrog, gaan hy onmiddellik tronk toe die oomblik as hy skuldig bevind word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.