D-dag vir Malema

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, moet na verwagting Maandag weer in die Pretoriase hooggeregshof verskyn om sy finale sekwestrasie teen te staan as vergoeding vir onbetaalde belasting.

Malema, of enige ander belanghebbende, het Maandag tot 10:00 om die hof ʼn rede te bied waarom die sekwestrasie nie gefinaliseer moet word nie.

Tumi Mokwena, Malema se prokureur, het verlede week gesê Malema, wat onlangs as LP ingesweer is, sal die finalisering van ʼn bevel om beslag te lê op al sy bates, teenstaan.

ʼn Trust is in April op die been gebring om fondse in te samel om Malema se uitstaande belasting van R16 miljoen aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oor te betaal. Dit is nog nie duidelik of dié trust genoeg geld ingesamel het om hom te help nie.

Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen plus rente nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het hom in 2010 gekontak oor sy versuim om die opgawes in te dien en dit het hom 18 maande, plus talle pogings deur die SAID, geneem voordat hy die dokumente ingedien het.

Hy het ook versuim om sy Ratanang-familietrust vir belastingdoeleindes te registreer en die SAID moes dit uiteindelik namens hom doen.

Die SAID het reeds beslag gelê op van die eiendom wat hy besit het in ʼn poging om die uitstaande belasting te verhaal. Sy onvoltooide huis in Sandton, Johannesburg, is verlede jaar vir R5.9 miljoen op ʼn veiling verkoop. Dit het egter later aan die lig gekom dat die bieër nie die huis kon bekostig nie. Malema se plaas in Limpopo het in Junie 2013 R2.5 miljoen op ʼn veiling gehaal, en talle van sy huisware is ook op ʼn veiling verkoop. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jannie ·

Ek het so vuil gevoel hier gaan niks van kom nie. Tot dusver was die SAID die enigste entiteit wat opgestaan het teen die vuilgoed.

Cindy ·

Malema kom net weg met alles, daar gaan niks van die saak word nie…

Cindy ·

Julle sal sien daar gaan niks van hierdie saak word nie.. Dit gaan so stil stil weg raak, Malema het baie maaitjies en hulle help hom nog al die jare…

Cindy ·

Julle sal sien daar gaan niks van hierdie saak word nie.. Dit gaan so stil stil weg raak, Malema het baie maaitjies en hulle help hom nog al die jare…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.