D-dag vir Openbare Beskermer 

Die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

LP’s in die Nasionale Vergadering moet Dinsdag besluit of hulle die verslag van ʼn onafhanklike paneel aanvaar dat daar wel prima facie-bewyse is dat die Openbare Beskermer (OB) onbevoeg vir die pos is.

Die paneel het voorts bevind daar is genoeg inligting wat dui op prima facie-bewyse van wangedrag deur adv. Busisiwe Mkhwebane.

Die paneel het aanbeveel dat sy bevindings na ʼn parlementêre komitee verwys word. Ingevolge parlementêre reëls moet die speaker die aanbevelings aan die parlement voorlê. Indien daar besluit word dat ʼn ondersoek moet voortgaan, moet dit na ʼn spesiale komitee vir ʼn formele ondersoek verwys word.

Die ANC-koukus het oor die naweek aangedui dat hy die parlementêre proses sal steun. Pemmy Majondina, ANC-hoofsweep, het gesê in dié stadium is daar net ʼn proses en gaan dit nog nie oor die meriete van die saak nie. Vrae oor die stemming kan dus nog nie gestel word nie.

“In dié stadium is die ANC-koukus baie duidelik, dit sal voortydig wees om te besluit of daar vir of teen die verwydering van die Openbare Beskermer gestem sal word.”

Daar blyk groot verdeeldheid binne die ANC te wees oor die kwessie. Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, meen partylede moet teen Mkhwebane se verwydering stem. Magashule het in die openbaar verklaar omdat die DA die proses geïnisieer het om Mkhwebane van haar amp te onthef, moet die ANC in elk geval daarteen stem, want hy meen die ANC moet nie die DA steun nie.

Nog ʼn groep in die ANC meen die kwessie moet bloot op meriete en die beskikbare getuienis hanteer word, terwyl ʼn derde groep meen Mkhwebane is ʼn onbekwame verleentheid wat uit haar pos verwyder moet word.

Die African Transformation Movement (ATM) het Thandi Modise, speaker, intussen versoek om Dinsdag se verrigtinge op te skort aangesien Mkhwebane se hofaansoek, waarin sy die reëls wat gebruik word om haar moontlik van haar amp te onthef bevraagteken, nog aan die gang is. Modise is met regstappe gedreig indien dit nie gebeur nie.

Die ATM het intussen ook ʼn klagte by die OB se kantoor teen Fikile Mbalula, minister van vervoer, ingedien. Daar word aangevoer dat Mbalula die etiekkode vir ministers oortree het toe hy na Mkhwebane as ʼn “hired gun” op Twitter verwys het. Mkhwebane het ook reeds strafregtelike klagte in dié verband ingedien.

Mkhwebane het op 15 Januarie met sabbatsverlof gegaan wat tot 31 Maart duur. Sy moet intussen ook weer binnekort in die hof verskyn op drie aanklagte van meineed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pierre ·

Vandag sal bepaal of die “House of Cards” gaan tuimel of nie, sy speel n belangrikke rol in ANC politiek soos wat reeds gesien kan word en sy word ondersteund maar ook veroordeel uit ANC geledere, baie interessante tyd om te sien hoe ernstig die regerende party is oor “huis skoonmaak”.

Persheks Adri ·

Al die bewyse is dan daar pffft. Hoekom verder voete sleep? Jaag haar weg dis al lankal tyd of “cover” julle steeds vir mekaar?

Gert K ·

Dit wys hoe Ace redeneer. Steur hom nie of die saak meriete het en of sy bevoeg is vir die pos nie, solank jy net teen die opposisie stem.

SwartBees ·

Mnr-President Jacob Gedleyihlekisa Zuma vir jou. Vir die res van ons Sluimerige vis Zumpie.

Hennie J ·

Dit is nou een persoon wat my laat dink aan n fiets…..as ek n foto van haar sien of haar naam hoor wil ek haar trap. Hoe meer spoedeisend van haar ontslae geraak word hoe beter. Sy is n sprekende voorbeeld van useless kaderontplooing en n skande vir die regstelsel van die land. Laat my so dink aan die stokou liedjie van Nina Simone: ‘no one can love and understand me, bye bye blackbird’

JM ·

Hanna-hanna … tipies ANC: kan nie tot die punt kom en ‘n saak finaliseer nie.

RS ·

Sy hoort nie in die pos nie, ook nog n manier belastingbetalers geld te mors op net nog meer ondersoeke….waarvoor? Dank haar af en stel die regte persoon aan.

Casper ·

Die ANC is daarteen dat Natasha Mazzone van die DA die proses on Mkhwebane te verwyder begin her.Dit word nou ‘n politieke aangeleentheid en feite is nie vir hulle belangrik nie.Sy is al in hoeveel howe onbevoeg bevind en uitgevang day sy lieg onder eed.Was sy blank nou ja dan weet ons wat sou gebeur het.

jzjz05 ·

Weer n bewys dat die ANC hul self bo die land sake stel ,wat ook die rede is dat ons land hom bevind waar hy nou is en steeds kan hulle dit nie insien nie.

SwartBees ·

Ek weet dit, jy weet dit maar our people verstaan nie lekker nie, Van hulle is alreeds by n stembus op sy t-hemp en kfc te ontvang.

Heinrich ·

Selfs ‘n blinde sal kan sien dat Mkhwebane nie in daardie pos hoort nie en dat sy daar deur die ANC geplaas is en daar is om hulle agenda te bevorder. Om daardie rede sal hulle haar daar hou. Daar is niemand so blind soos hy wat nie wil sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.