D-dag vir Oscar; regskenners waag voorspellings

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool/Sapa

Oscar Pistorius word Woensdag gevonnis vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Regskenners het dit egter eens dat hy nie die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf vir moord opgelê sal word nie.

Dr. Llewellyn Curlewis, ’n strafregspesialis, het gesê daar is wesenlike en dwingende omstandighede wat ʼn ligter vonnis regverdig. “Hy het reeds ʼn jaar tronkstraf uitgedien. Regter Thokozile Masipa kan ook moontlik verder van mening wees dat hy berou het oor wat hy gedoen het en dat hy nog ʼn bydrae tot die samelewing kan maak.”

Curlewis het gesê indien Masipa die omstandighede in ag neem, sal Pistorius ʼn vonnis van tussen 12 en 14 jaar tronkstraf opgelê word. “Indien hy ʼn ligter vonnis kry, kan hy homself baie gelukkig ag, terwyl enige vonnis van meer as 15 jaar tronkstraf te swaar sal wees.”

Curlewis meen indien Masipa die voormalige Paralimpiese atleet te lig vonnis, sal die staat appelleer. Die verdediging sal weer op hul beurt appelleer indien die straf te swaar is. “Ek dink nie die regter het veel diskresie in die geval nie. Daar word ʼn minimum vonnis vir moord voorgeskryf en ʼn groot afwyking sal nie deur die regstelsel geduld word nie. Sy kan ook nie in haar professionele hoedanigheid regtig bekostig dat ʼn hoër hof weer uitwys dat sy fouteer het nie.”

William Booth, ʼn strafregprokureur, is ook van mening dat Pistorius nie tot 15 jaar tronkstraf gevonnis sal word nie. “Volgens my is daar wesenlike en dwingende omstandighede om daarvan af te wyk. Die hof moet al sy persoonlike omstandighede in ag neem sowel as sy gestremdheid en die feit dat hy reeds ʼn jaar tronkstraf uitgedien het.”

Volgens Booth sal die hof drie faktore moet balanseer, naamlik die belange van die gemeenskap, die erns van die misdaad, en die persoonlike omstandighede van die beskuldigde.

“Vonnisoplegging is die moeilikste deel van enige strafregtelike verhoor. Niemand sal heeltemal tevrede wees nie. Indien hy ʼn ligter vonnis kry, sal mense ongelukkig wees. Indien hy ʼn swaarder vonnis kry, sal sy familie ongelukkig wees. Dit is moeilik vir enige regter, ongeag wat die vonnis is, maar die hof moet objektief wees en kan nie beïnvloed word deur emosionele uitbarstings nie,” het Booth gesê.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Wern ·

Ek is al so moeg om van hierdie moordenaar te hoor. Tjank voor die kameras, wat n pateet. Vat jou straf soos n man, jy wou mos n vrou doodskiet.

Gerd Lourens ·

Sluit nou vir eens en altyd die veroordeelde moordenaar van ‘n weerlose vrou vir lank toe!!!

Annie ·

Stem saam met Wern – hy het goed geweet wat hy doen – mense moet ophou om hom jammer te kry – laat hom sit. So moeg om van hom te lees en te hoor, hy is pateties.

Se maar net ·

Ek is so gatvol vir die saak. Hy het moord gepleeg, en sy weergawe is regtig belaglik.
Maar hy wil huil en jammer wees. Jammer vir homsel sou ek se.
Moord is moord, kry asb klaar met die saak. Hy moet sy 15 jaar gaan sit en net dalk van al sy
woede ontslae raak. Hy is nie so pateties as wat hy almal wil laat dink nie.

Arrogant ·

Hy hoort eintlik die doodstraf te kry soos enige ander moordenaar.

Se maar net ·

Nee regtig, dit is nou al lankal nie meer snaaks nie. Hy weet presies wat hy gedoen het, en sy weergawe is volgens my net “TE”.!!!
Vonnis hom en kry klaar. Hy is nie so pateties soos hy wil voordoen nie. Die
trane gaan meer oor sy Eie Jammerte vir homself. Mag dit asb nou die einde
van die Hoofstuk wees.

Arrogant ·

Dan het hy nog die arrogansie om te se dat steenkamp se wil sou wees dat hy nie sy lewe in die “tronk mors nie”. Wat n arrogante misdadiger!

Elsie ·

Ek hoop regtig nie die bene issue speel ‘n rol in sy vonnisoplegging….sy bene het niks met dit te doen hys siek in sy kop……punt hyt gemoor so straf hom

Santie ·

Hy is nie die eerste ou wat iemand vir wie hy lief is en omgee dood geskiet het nie. Ek dink aan die pa wat sy seun ook deur die hoofslaapkamer se deur doodgeskiet het omdat hy gedink het dis n inbreker en die pa wat sy dogter buite langs die kar doodgeskiet het toe sy vroeg die oggend haar kêrel met ontbyt wou verras het en haar pa haar ook as n inbreker aangesien het….nou wonder ek of hierdie pa’s ook 15 jaar tronkstraf uitdien. Nee, want dit was n ongeluk.

Poplap ·

Ja maar vra jouself af het hierdie 2 mense na wie jy verwys ook voor die tyd gedink hulle is die lone ranger en skote afgevuur in restaurante en uit karre se dakke? NEE hulle het nie. Hulle insidente was regte ongelukke nie die dade van ‘n hot headed groot kop wat brutaal nalatig was. GROOT VERKSIL HUGE!

Marie ·

Ek kan nie glo daar is nog mense wat “glo dat dit ń ongeluk” was nie. Wat van die bure wat gehoor het hulle het n argument?? As mens nie die waarheid praat nie verskil jou stories. Daarom het Oscar vele weergawes gehad van wat gebeur het!!!!

Maria ·

Na eerste skoot sou sy sekerlik geskree het stop ek is agter deur. Het tydens verhoor verstaan eerste skoot getref maar nie haar direkte dood veroorsaak en al die skote in verskillende rigtings afgevuur as hy angstig was sou almal feitlik op een plek gewees het. Hy presies geweet wat hy doen maar sy humeur ….. As hy in soveel angs sy lewe lei sou hy ook nie sonder prostese slaap … vir ingeval hy bedreig voel en het hy nie honde ook gehad wat sou blaf as voortydige waarskuwing …. Iets nie reg. Jammer vir haar familie JAAAAAAA.

Elize Schutte ·

So paar jaar terug lees ons in tydskrifte en hoor op tv onderhoude wat ‘n sterk mens Oscar is wat nie agter sy gebrek prober wegkruip het nie maar iets van sy lewe gemaak het en vir ander mense met gebrekke wys hoe jy verby jou gebrek kan uitsteig tot iemand besonders wat ander mense na kan op kyk…

Die ironie is dat die Oscar wat ons die afgelope twee en half jaar sien swak is. Hy is beslis nie iemand wat vir ander ‘n voorbeeld is nie. Hy skets nou self die prentjie van iemand wat nie verby sy gebrek kan kom nie… Hy moet betaal vir wat hy gedoen het. ‘n Man wat hom so gedra moet deur niemand op gehemel word nie.

Jamerte ·

Die straf wat die hof hom wil en gaan ople glo ek nie is so erg soos wat die publiek hom straf nie. Sy lewe het in n oogwink onherroeplik in duine gestort. Gee die man n breek, Laat God die Judge wees, ons bly tog almal in huise van glas. Ek keur nie die daad goed nie maar trauma kan enige iemand verander om heeltemal die teenoorgestelde te wees as wat jy was voor die trauma. Hy weet wat daar gebeur het en hy moet met dit saam lewe. Dis n straf….

Jannie jammer g ·

Jammerte, sal jy jammer wees as iemand jou geliefde verloor?

Poplap ·

Ons bly almal in glasshouse ja maar ons skiet nie deur toilet deure in daai gkashuise nie

Stem saam ·

Ek stem saam Jamerte, die publiek is gevaarlike regters en hul woorde sny soos messe. Jannie Jammer, ek het al ‘n geliefde verloor en dit is nie maklik, maar om haatdraend te wees maak my meer skuldig as Oscar.

Elzabé ·

Die enigste berou wat Oscar het …is dat hy “uitgevang” geword het…..Oscar be a man…you did the crime now do the time!!!!! Time to pay the piper…..

Marietjie ·

Sou Oscar ‘n baie ligte vonnis kry of selfs vry uitstap vermoed ek ons gaan daarna ‘n verlaging in ons egskeiding syfer en ‘n verhoging in ons Wewenaar gemeenskap sien. Elke man wat moeg is vir sy vrou kan haar nou net 2 uur in die oggend wakker maak, vra dat sy vir hom gaan water haal en sodra sy in die gang in afgestap kom skiet hy haar en huil in die hof dat hy gedink het dis ‘n dief – baie goedkoper as egskeiding en meneer behou sy volle pensioen.

Santjie Stoof ·

Amen!!!!
Siek en sat vir die pateet!!!
Vonnis en kry klaar sodat ons ten minste v.d. volgende 15/25 jaar oor iets anders kan kommentaar lewer.

Karma ·

@Santjie Stoof … Nee wat, so gelukkig gaan ons nie wees nie. Al kry hy tronkstraf – hoe lank of hoe kort dit ookal mag wees en wie ookal daarmee tevrede of ontevrede sal wees – ons gaan steeds van hom hoor. Ek sien al Huisgenoot se opskrifte: “Tronk toe, vir 10 jaar” en “OScar se lewe in die tronk” en “Oscar verlang na sy gesin” en “Vry! Oscar stap vry na 5 jaar!” en dan ook “Tien jaar na tronkstraf – Oscar se lewe nou” en “Oscar vind weer geluk en liefde” en …. ens …. en …. en ………………

Tubby ·

Maksimum straf asb hy het die wereld atletiek raad hof toe gesleep om as n nie gestremde te kan deelneem nou is sy gebrek n gerieflike verskoning vir n bedorwe brokkie met te veel geld wat ge tantrum het geen respek meer vir hom nie

Harrie ·

Ag liewe vader kan die spul nie nou einde kry nie…regtig waar…

Kalmte ·

Kalmeer tog net almal. Ja, ons is almal siek vir die storie, maar laat die reg tog nou sy beloop neem en kry iets om te doen. Julle aanganery en mondspoelery gaan niks verander. Elkeen het sy opinie so gaan maar aan met jul lewens en leef dit reg sodat vingers nie jul kant toe kan wys nie. Hy moet met sy gewete saamleeef en soms is dit die egrste straf wat enigeen kan hê.

Cherokee ·

Dit is soort van soos 7de Laan. Niks regtig nuut nie maar volg met episode op episode.

M'Lady ·

Almal hierbo is moeg vir die saak maar lees darem die berig, en lewer kommentaar, dat die spoeg so spat. Al wat ek vir Oscar wil se is sterkte. Jy sal hierdeur kom.

Joann ·

Wat is Oscar beter as ander moordenaars??? Indien hy skuldig is,wat ek glo so is,moet hy tronk toe en ASB!!! Net die selfde behandeling kry as die ander gevangenis,niks baantjies vir boeties nie.

Willie ·

M’Lady- ek wil eindelik ook se, baie sterkte vir die Steenkamp familie ook…

Estelle ·

Sterkte aan Reeva se pa. Haar ma kan dit goed hanteer. Sy het in nie een hof of erens emosies getoon. Yskoud. Oscar God is met jou.

Tc ·

Verstaan my asb mooi,ek keur glad nie goed wat hy gedoen het nie,moord is moord maar ai tog mense wie is ons om klippe te gooi?Ons almal maak foute ,Oscar het n groot fout gemaak en ons almal verwag dat ons moet vergewe word vir ons foute,so ook Oscar,so kom ons hou op met die klip gooiery teenoor hom.Ek kry hom bitter jammer(asook Reeva se ouers) vir wat gebeur het en glo dat God hom klaar vergewe het vir wat hy gedoen het en dat die mense ophou om die arme man te verneder.

marika ·

mense se hy het klaar sy straf gehad maar dit is nie
so nie in die bybel staan n oog vir n oog en tand vir
n tand, sy humeur het hom in die moeilikheid laat
beland,en hy kan se wat hy wil sy moes geskree
het,sal jy op my skiet gaan ek my longe los skree.
hy se ook waarom het sy nie gese sy gaan toilet toe nie,hy het geweet sy was daar,anders hoe moet sy vir n slapende persoon se sy gaan toilet toe.

Tc ·

Marika,jy seker Dis n Bybel en nie n Koran nie,of mis jou Bybel die nuwe testament?
Tronkstraf moet hy kry vir wat hy gedoen het ja,maar wie is ons om klippe te gooi??Is jy die eerste ene?Wie is ons om te oordeel,dat God se Engel nie eers gewaag het om Satan te oordeel(Ja ook ou testament)toe hulle oor Moses se liggaam geveg het?Ons mense is vinnig om te oordeel en klippe te gooi wat teen die Bybel is.Sê maar net.

Pieter ·

Oscar is onskuldig en klaar, jy kan sy berou sien..Sterkte vir More!!!!

Poplap ·

In jou drome is hy dalk onskuldig ja maar ind REGTRE wereld is hy verhoor skuldig bevind en oppad tjoekie toe.

Cherokee ·

Pieter, jy sê hy is onskuldig maar toon berou. Verduidelik dit asseblief.

Poplap ·

Al quote julle ‘n miljoen keer die Bybel gaan dit nie verskil maak nie. Die hof het gespreek en Oscar is skuldig bevind aan moord. ‘n Bloedige hand dit is wat die hof se nie die mense nie die person nie Die Hof. As jy in die hof getuig sweer jy onder eed ‘so help me God”. Is die howe dan nie maar ‘n verlenging van God se wil nie?
Niemand gooi klippe nie daai funksie is reeds deur die hof vervul.

Estelle ·

Oscar staan sterk seun. Ek bid vir jou. En elk een wat hier kommentaar lewer. Moet nooit se dat niks met julle sal gebeur. Nooit meneer sal jy weet wat jou kind eendag sal doen. Dalk vekrag hy een van die dames se dogtes. MOET NOOIT SE NOOIT. Ons lewe in n siek wereld. Bly op julle kniee want jou kinders gaan jou nodig he om hulle by te staan. Nooit so veel haat gesien. Wat sou julle oor Oscar gese het as DIT WEL IEMAND WAS EN HY NIE VIR REEVA BESKERM HET. Dan was hy nou n slapgat.

Stem saam ·

Estelle, stem 100% saam met jou, die ou spreekwoord van ” Groen koring op die land” ek sien hoe party hoog en laag sweer hulle sal nie in so iets betrokke raak by keuse nie. Solank jy daai groen koring het kan jy niks waarborg, indien jou koring volwassenes is, gaan hulw eer groen koring kry en die familie. Ons familie is midde ‘n skandaal, hy is wel aangetroud, maar hy het sy vrou betrek, haar so deurmekaar gemaak en onder die kam van liefde en afpersing en ja sy is nou net so skuldig , so wie is ek om klippe te gooi, ek is deel van ‘n vooraanstaande familie en hierdie skandaal is in ons familie, nie een van ons wil dit hê, het dit sien kom nie. Van ons familie sien ook altyd neer op ander en ek het altyd gesê, hoogmoed kom tot ‘n val en nou is dit vir hulle so, maar hul is my familie, ek sal nie orodeel, probeer daar wees! Dit gebeur so maklik!

Poplap ·

Hoekom wil dit voorkom asof die Pistorians in absolute glee sit en wag en handjies vryf in die antisipasie dat anti-Oscar mense of hul kinders oor die tou moet trap sodat julle Oscar se optrede kan regverdig. Dis nou nie baie mooi of Christelik vn julle mensies nie

SC ·

Sal die wat so gal braak en so vol haat is en dink hulle mag. oordeel asb opstaan! Groot geraas …. Ek kan ni glo wat ek hier lees ni mag di dag kom wanneer julle voor God staan en vergifnis vra vir julle sondes dit dalk ni stil word om julle ni. Ek voel jammer vir julle want julle is bitter mense!

Bella ·

Die feit is: hy het ‘n weerlose persoon agter ‘n geslote deur in ‘n beperkte ruimte afgemaai – vier keer. Die “aanvaller” was agter ‘n toe deur!Oscar het geskiet om dood te skiet. Maak nie saak wie die persoon agter die deur was nie.

Tinktinkie ·

En daar trap jy in jou eie strik SC. Jou laaste sin….is niks anders as oordeel nie!!!

Arizona ·

@Santie, die verskil tussen daai ouers wat hulle kinders geskiet het, hulle her dit erken in die Hof, hulle het nie almal rondom hulle lieg en bedrieg nie. Oscar gee n flenter om vir enige iemand. Sy TV onderhoud het dit weereens gewys. Al waaroor hy bekommerd is, is ek, ek, ek. Jy kon my met n veer om slaan toe hy sê Reeva sou nou wou gehad het dat hy sy lewe moet mors in die tronk nie. Hoe weet hy wat sy sou wou gehad het, hy het haar vermoor. Reeva sou ook nie daai aand wou sterf nie, het sy n keuse gehad, nee. Watter straf hy ook al kry hy verdien elke minuut daarvan. Ek hoop net Regter Masipa pas die regte straf toe.

Johan ·

Dit is net te wonderlik hoe om te sien die uiteenlopende kommentaar ten gunste van Oscar en die teen Oscar- Die feite kan egter nie weg geredeneer word nie. Oscar is as n MOORDENAAR skuldig gevind en hy sal gestraf word soos n MOORDENAAR

Louise ·

JA SEUN staan sterk, miskien word jy vrygelaat DAN GEBEUR IETS WEER net perongeluk.
Hoe in die lewe kan mens nie oordeel nie. God het ons n gesonde VERSTAND gegee,
Staan ook in die bybel meng jou met die semels.
Dit verander WEL wanneer iemand wil bekeer JA. maar die daad is gedoen.
Daardie armer vrou is koelbloedig geskiet. 4 SKOTE, iemand wat reg langs jou slap.
Wat as dit jou dogter was, jou suster wat dan.
Wat het geword van die krieket kolf, het die feetjies daarmee geslaan.
Gaan julle n moordenaar of skelm toelaat in julle huise. OF N OORDEEL SKEP om jou geliefdes te beskerm. Onthou God is daar en ons lewens besluite rus steeds in ons eie gedagtes en hande.

Johleine ·

Wel as ek kyk hoe “jammer” ons vir Oscartjie moet wees en moet “onthou” dat hy “reeds gestraf” is, reken ek moet ons seker maar so oor elke plaasaanvaller, en ander moordenaars ook begin redeneer? Wat maak hulle dan nou so anders as Oscar? As hy die “victim”is dan is die res ook mos “victims”? Of werk dit net vir Oscar so? Jis ek is gatvol vir die man se sanik!

Plaasaanval ·

Ja Johleine, Oscar is soos enige plaasaanvalle, moordenaar van vroue, jy is reg.

Louise ·

O JA, net so vir die os op die jas.
Haat is n sterk word, almal in hierdie land IS MAAR NET GATVOL vir misdaad.
Was dit in n ander land, was daar dalk strenger opgtree of miskien die doodsvonnis.
Mens vat jou verandwoordelikheid, iemand is dood. Almal wat hom en ander moordenaar so jammer kry. Wat van die arme mense wie se lewens geneem is, hulle is weg en het nooit ooit weer n kans op die lewe nie. Wat gee die moordenaar n regverdige kans.
Ons land moet bykom, want onsluldige mense verloor hulle lewens oor simple wetgewing.
WAAR in die lewe n minimum van 15 jaar. JY het iemand dood gemaak.
Nee man,

Marietjie ·

As jy 1ste klip kan gooi hoop ek dat jy of jou gesin nooit in so hartseer saak beland nie….. ons leef in n siek wereld. Hoop jul lewe is reg want God vergewe. Ek kan net bid vir Oscar en Reeva se familie. Dit bly bitter hartseer en so onnodig……

Net So ·

Net so Marietjie, ons weet nie een wat vir ons vooruit bestem is nie. Ek glo aan berou, verfignis en vergewe. Ek kies om nie neer te sien op ander en haatspraak uit te oefen nie, dit maak my siel donker. So Oscar ek bid vir ‘n vonnis wat jou laat verstaan dit was nie reg, maar ook ‘n vonnis dat jy ‘n nuwe lewe kan herbou. Ek weet jy is nie ‘n Moordenaar nie, maar ‘n jong man wat ‘n hartseer tragedie oorgekom het. Bly glo en hou vas aan Sy Genade, jy sal okay wees.

Karma ·

Vyftien jaar, minus een jaar krediet toegestaan vir tyd reeds in die tronk spandeer, waarvan 5 jaar opgeskort is vir tien jaar = 9 jaar effektiewe gevangenisstraf, op goeie gedrag vrygelaat na 1½ jaar, as my beperkte wiskunde my nou nie in die steek laat nie (en ek dink dit doen dalk …).

Sjoe, lewe is maar goedkoop in SA! Veral as jy ‘n vrou is, lyk dit my en jou moordenaar ‘m bekende – berugte ? – gestremde sportster is wat agter sy snot en trane en ‘n goeie regsspan skuil.

Liewe heksie ·

Oe e e galbrakers ek wil maar gaan nie regtig iets sê nie al die anti Oscars julle is darm vreeslik wereldwys jul maak my maar die vir Oscar ek staan OK 100% agter Oscar en maak nie saak wat ookal nie ek sal voor hom ook staan

Lh ·

Gaan sit vir een oomblik sonder die bykomende emosies en gaan DINK bietjie daaraan dat al is daar net n 1 persent kans dat hy wel die waarheid praat, wat is besig om hier te gebeur.

Lizaan ·

Marietjie ek stem saam….

Hou julle lewe eerder reg my man is voor my dood geskiet dis iets wat mens nooit vergeet nie Oscar het fout gemaak Reeva sal nooit weer trug kom nie. Maar dit help nie ons gooi hoë woorde en klippe rond nie indien hy nie hier op aarde sy dag kry nie sal dit daar bo wees ek bid vir elke een van julle.

Lh ·

Van dag 1 af was hierdie verhoor n klug a.g.v. die mediadekking wat dit beinvloed het, hoop net sy familie kry die saak in die internasionale hof, daar sal nie toneelgespeel kan word soos die staatsaanklaer nie.

Pippie ·

Nou wat laat jou dink die internationale hof sal -n ander beslissing maak as ons appel hof en ons konstitusionele hof?

Bella ·

Feit is: Hy het ‘n weerlose persoon agter ‘n geslote deur in ‘n beperkte ruimte afgemaai. Maak nie saak wie agter die deur was nie. Die ‘aanvaller was toegesluit! Oscar het vier keer geskiet om dood seker te maak dat hy dood skiet.

Sterk wees ·

Oscar & familie, sterk wees more, dink aan julle. Oscar wat ookal gebeur,ons jou ware ondersteuners en vriende en familie sal ALTYD daar wees vir jou seun, hou vas daaraan en aan jou Geloof.

Liefde en drukkies ·

Liewe Osci, hier is so ontsettend baie drukkies en liefde van jou vriende groep in Namibia, jong man bly net jouself, bou ‘n nuwe lewe ons dink aan jou en is daar. Ons sal altyd bly bid, besoek en van ons laat hoor!!!!!!!!!

Wern ·

Julle weet nie wat julle an praat nie. Julle moordsyfer is nie naby so hoog soos hier nie.

Poplap ·

Nee asseblief jong man moenie bly net soos wat jy is nie. Leer uit jou fout. Bly asb weg van badkamers en swaar amunisie vuurwapens. And while your at it bly ook sommer weg van skiet in restaurante en uit karre. As jy dit doen kan jy dalk weer drukkies en soentjies by mense kry
Xoxoxo

Tjankbalie ·

Huilende, snikkend, maar hoeveel huis het Oscar vir Reeva se familie veroorsaak, hoeveel huil het moordenaars soos Oscar al in hierdie land veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.