D-dag vir Panayiotou

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Jayde Panayiotou en haar man Christopher. Foto: Facebook

Christopher Panayiotou, wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou Jayde se moord gereël en beplan het, sal Vrydag sy lot hoor in sy aansoek om borgtog.

Landdros Abigail Beaton het Donderdag in die hof in Port Elizabeth gesê sy sal haar uitspraak hersien in die aansoek. Sy het aan die staat en verdediging gesê sy sal alle antwoorde in ag moet neem wat Donderdag aan haar voorgehou is. Sy sal om 10:00 haar uitspraak lewer.

Sy het gesê sy sal binne die volgende week die redes vir haar uitspraak gee.

Die staat en verdediging het vroeër stry gekry in die hof oor die motief vir Jayde se moord. Staatsadvokaat Marius Stander hou vol die staat het ʼn duidelike motief vir die 29-jarige se moord.

Panayiotou (28) word daarvan beskuldig dat hy die moord op die onderwyseres in April gereël het.

Volgens Terry Price, vir Panayiotou, “suig die staat die motief uit hul duim”.

Stander het vroeër aangevoer Panayiotou was onder finansiële druk om sy vrou en minnares gelukkig te hou. Volgens hom was egskeiding nie ʼn opsie nie, aangesien Panayiotou se familie hom in só geval sou onterf.

Hy is ʼn paar dae ná Luthando Siyoli, ʼn uitsmyter by Panayiotou se nagklub se inhegtenisneming, aangekeer. ʼn Derde verdagte, Sizwezakhe Vumazonke, is ook later in hegtenis geneem. Al drie mans staan tereg op aanklag van moord, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en sameswering om moord te pleeg.

Volg die Jayde Panayiotou-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Charlotte ·

Hoop regtig die landros uitspraak laat hom nog sit in die trunk,daar is so baie opsies wat hy kon volg alle sterkte vir Jayde se families met jul groot verlies.

Charlotte ·

Hoop die landros se uitspraak laat hom bly sit in die trunk,daar is so baie opsies wat hy kon volg het,sterkte aan Jayde se geliefdes met jul groot verlies.

Theresa ·

Ek hoop regtig nie hy kry borg nie. Jayde het nie verdien om so dood te sterf nie. Dink net hoe bang moes sy gewees het. Dis om van gek te word. Nou draai almal skielik staatsgetuies. Hy moet sit en bitter, bitter lank sonder kans vir parool. Hy verdien nie om met sy lewe aan te gaan asof niks fout is nie. Jayde se pragtige jong lewe is net so kort geknip. Hoop nie die stelsel faal haar soos in die Oscar geval nie. Iewers moet iets begin gebeur in hierdie wettelose land van ons.

scalla ·

Na dit wat hy gedoen het, hy gaan vlug as hy borg kry, hoor my lied

Annemarie ·

Kan iemand net uitklaar hoekom die staat ‘n motief moet voorhou? Mens kan mos nie in alle gevalle weet wat die motief is vir misdade nie? Ek was onder die indruk dat daar net na konkrete bewyse gekyk word met sake…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.