Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Donderdag besluit of oudpres. Jacob Zuma die R15,3 miljoen moet terugbetaal wat die staat tot dusver bestee het aan sy regskoste om hom te verdedig teen aantygings van onbehoorlike gedrag wat oor die jare teen hom gemaak is.
Die koste strek terug tot 2006 tydens Zuma se kriminele verhoor in die sogenaamde spioenbande-saak.
Die DA het die hofaansoek gebring om te eis dat Zuma die geld terugbetaal. Die EFF het hom later daarby aangesluit. Albei partye verlang ook ʼn ooreenkoms tussen pres. Cyril Ramaphosa en sy voorganger, Zuma, om die staat se betaling van sy regskoste onregmatig te laat verklaar.
Die DA voer aan die kriminele vervolging teen Zuma was in sy persoonlike hoedanigheid en sê die staat behoort nie sy regskoste te betaal nie.
Voorts meen die amptelike opposisie dat die kriminele aanklagte teen Zuma nie voldoen aan die vereistes om regsbystand van die staat in sy hofstryd te kry nie.
Die presidensie het egter gesê ter nakoming van ʼn vorige ooreenkoms sal die staat Zuma se regkoste betaal tot die hof anders beslis.
Wonder wie “pocket” in hierdie sage….
Elke hond kry sy dag!Ek hoop sy dag in die hof kos hom R15,3 miljoen!Waarom moet hy met belasting geld gedra word?Hy het die land reeds te veel gekos.
Antw net een vraag, was sy optrede of handeling in belang van die staat of land- nee. Betaal jou skuld meneer.
Hy het so te se ons land bankrot laat hom asb betaal en laat die guptas hom maar weer help toe hy swaar gekry het soos hy beweer het.
Zuma moet maar betaal. Genoeg korrupsie gepleeg
as skelm moet hy gestraf word, hy moet sy eie regskoste betaal, hyt meer as genoeg skade aan sa gedoen en guptas het hom gehelp en ondersteun
Hy sal niks oorkom ni. As di hof beslis dat hy moet betaal dan sal iemand anders weer vi hom betaal(tien teen een weer ons op een of ander manier). Ons moet ophou om in n droomwereld te leef. Hys onantasbaar en sal ook ni n sekonde inni tronk sien ni, en so ni een van sy kaders ni. Dink realisties asb
Hof nou net uitspraak gelewer ……. Oom Zumpie moet pataal!!!!!!!