D-dag vir Zuma oor regskoste

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. Foto: Leon Lestrade/ANA

Die hooggeregshof in Pretoria sal na verwagting Donderdag besluit of oudpres. Jacob Zuma die R15,3 miljoen moet terugbetaal wat die staat tot dusver bestee het aan sy regskoste om hom te verdedig teen aantygings van onbehoorlike gedrag wat oor die jare teen hom gemaak is.

Die koste strek terug tot 2006 tydens Zuma se kriminele verhoor in die sogenaamde spioenbande-saak.

Die DA het die hofaansoek gebring om te eis dat Zuma die geld terugbetaal. Die EFF het hom later daarby aangesluit. Albei partye verlang ook ʼn ooreenkoms tussen pres. Cyril Ramaphosa en sy voorganger, Zuma, om die staat se betaling van sy regskoste onregmatig te laat verklaar.

Die DA voer aan die kriminele vervolging teen Zuma was in sy persoonlike hoedanigheid en sê die staat behoort nie sy regskoste te betaal nie.

Voorts meen die amptelike opposisie dat die kriminele aanklagte teen Zuma nie voldoen aan die vereistes om regsbystand van die staat in sy hofstryd te kry nie.

Die presidensie het egter gesê ter nakoming van ʼn vorige ooreenkoms sal die staat Zuma se regkoste betaal tot die hof anders beslis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chrisjan ·

Elke hond kry sy dag!Ek hoop sy dag in die hof kos hom R15,3 miljoen!Waarom moet hy met belasting geld gedra word?Hy het die land reeds te veel gekos.

Reg ·

Antw net een vraag, was sy optrede of handeling in belang van die staat of land- nee. Betaal jou skuld meneer.

Genieve ·

Hy het so te se ons land bankrot laat hom asb betaal en laat die guptas hom maar weer help toe hy swaar gekry het soos hy beweer het.

leser ·

as skelm moet hy gestraf word, hy moet sy eie regskoste betaal, hyt meer as genoeg skade aan sa gedoen en guptas het hom gehelp en ondersteun

hb ·

Hy sal niks oorkom ni. As di hof beslis dat hy moet betaal dan sal iemand anders weer vi hom betaal(tien teen een weer ons op een of ander manier). Ons moet ophou om in n droomwereld te leef. Hys onantasbaar en sal ook ni n sekonde inni tronk sien ni, en so ni een van sy kaders ni. Dink realisties asb

Giggels ·

Hof nou net uitspraak gelewer ……. Oom Zumpie moet pataal!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.